Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het Woensdag tydens ‘n onderhoud op SAfm herhaal dat hy die hoogste hof sal nader om “Dubul’ ibhunu”, Skiet die Boer, in die openbaar te kan sing.
Malema het gesê vryheidsliedere is deel van die land se geskiedenis en wetgewing moet ongetwyfeld ingespan word om dié oproep om volksmoord te kan maak.
Hy sê die lied verwys nie Afrikaners of ‘n wit persoon nie omdat die Afrikaners in die ANC ook saamsing as dit opklink. ‘Ibhunu’ verwys volgens hom nie na ‘n individu nie, maar eerder na ‘n stelsel van onderdrukking.
Kenners van die Zoeloetaal meen egter dat die term ‘n duidelike verwysing na Afrikaners bevat.
‘n Gebrek aan “politieke opvoeding” lei klaarblyklik tot die teenstand wat voorstanders van die sing van die lied teekom, volgens die Jeugligaleier.
“Daardie lied verteenwoordig wie ek is. Dit verteenwoordig my erfenis, my politieke kulture. Die lied vertel die storie van die geskiedenis van die stryd in Suid-Afrika.
“Ek sal nie daarmee saamstem dat my regte geskend word om die geskiedenis van Suid-Afrika te vertel deur liedjies nie.
Suid-Afrika se ongelykhede in ekonomiese ontwikkeling word nog steeds deur rassisme veroorsaak, sê Malema.
Hy sê wittes het gebly en toegekyk hoe swartes vermoor word deur die apartheidsregering. Toe het hulle nie weggehardloop nie.
“Nou opper ons bloot ‘n demokratiese debat. Hoekom wil hulle nóú weghardloop?”
