ANC-lede bestorm kantoor

Ontstigte lede van die ANC het dié party se provinsiale kantore in die Wes-Kaap Dinsdag binnegeval nadat die verkiesingskandidate in 16 wyke aangewys is.

Volgens Songezo Mjongile, sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, was die “ongedissiplineerde” lede ontevrede oor die ANC se nuutste verkiesingskandidate wat in die Wes-Kaapse wyke aangewys is.

“Die ANC keur glad nie hierdie tipe gedrag goed nie,” het hy gesê.

“Hulle het daarop aangedring dat hulle kandidate aangestel word, sonder dat die nodige prosedures gevolg word.”

Die groep het ‘n deur afgeskop en die provinsiale leiers van die ANC gedreig.

Na bewering is die hulp van die polisie ingeroep en is die ontevrede lede uit die gebou verwyder.

игры для дитейлобановский александр харьков

Zuma veroordeel bombardement

President Jacob Zuma op Maandag gewaarsku teen buitelandse militêre ingryping in Libië en gesê lande kan nie die terme van Resolusie 1973 van 17 Maart oorskry om ‘n vliegspergebied af te dwing nie.

Zuma het by die Menseregtedag-vieringe in Athlone buite Kaapstad gesê die militêre optrede strek wyer as die resolusie wat deur die Veiligheidsraad aanvaar is.

“Suid-Afrika verbind homself tot die posisie van die Afrika-Unie se Vrede en Veiligheidsraadsbesluit van 10 Maart, wat Afrika se sterk verbintenis tot die nakoming van die eenheid en territoriale integriteit van Libië onderskryf, en beklemtoon Afrika se verwerping van enige vreemde militêre ingryping, ongeag die vorm.”

“Die VN-Veiligheidsraad se resolusie moet in werking gestel word in die letter en gees soos wat dit deur alle lede van die VN-Veiligheidsraad begryp word.”

“Suid-Afrika sê nee vir die doodmaak van burgerlikes, nee vir die doktrine om ‘n regime-verandering teweeg te bring en nee vir die buitelandse besetting van Libië of enige ander soewereine staat.”

Amr Moessa, sekretaris-generaal van die Arabiese Bond, het reeds die VSA en bondgenote verwyt dat hul lugaanvalle vir burgerlike ongevalle verantwoordelik is.

Britse minister van buitelandse sake William Hague het Maandag geweier om die moontlikheid van die implementering van spesiale magte uit te skakel en net gesê daar sal geen besetting van Libië wees nie.

Vladimir Putin, Russiese premier, S.M. Krishna, Indië se minister van buitelandse sake, en Boiko Borisof, Bulgaarse premier, het ook die VSA, Frankryk en Brittanje se ingryping veroordeel.

Zuma het ‘n beroep op die VSA, Brittanje, Frankryk en  hulle Arabiese bondgenote gedoen om militêre ingryping te beperk tot die bepalings van die VN-resolusie.

Hy het ‘n onmiddellike skietstilstand gevra.

Aanvalle deur die VSA en bondgenote op militêre teikens in Libië het Maandag voortgeduur.

купить игрушкулобановский политик

Zille sweep swart kiesers op

Mense moet hulle stemme gebruik om ‘n standpunt in te neem teen die regering se versuim om mense se basiese regte te erken, het die DA-leier Helen Zille Maandag gesê.

“As mense nie dink die regering gee hierdie regte nie, het hulle ‘n reg om hulle uit te stem,” het Zille Maandag in ‘n toespraak by die Gaphaahla-stadion in Siyabuswa, Mpumalanga, gesê.

“Dit help nie om dieselfde party weer in Mei te verkies en dan weer in Augustus aan ‘n protesoptog deel te neem nie… teen daardie tyd sal dit te laat wees.”

Zille het gesê burgers moet veg vir hulle reg tot toegang tot basiese dienste soos gesondheidsorg en onderrig, net soos Sharpeville-inwoners 51 jaar gelede gedoen het. Nege-en-sestig mense is op 21 Maart 1960 dood toe die polisie op betogers geskiet het.

“Ons bring ere aan hierdie mans, vroue en kinders. Hulle het die hoogste prys betaal in hulle stryd vir vryheid, gelykheid en waardigheid,” het Zille gesê.

play crownОлександр Васильович Фільчаков

Toelaes is ‘politieke omkoopgeld’

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat dit krities belangrik is dat armoede in Suid-Afrika beveg moet word, maar het gewaarsku dat die persepsie begin ontstaan dat die ANC maatskaplike toelaes misbruik ten einde politieke mag te behou.

Dit volg na uitsprake deur vooraanstaande Suid-Afrikaners waarin ernstige kritiek uitgespreek is teenoor korrupsie en die regering se aanwending van maatskaplike toelaes en swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Die kritiek is uitgespreek deur onder andere dr. Franklin Sonn, sakeman en oud­ambassadeur, mnr. Tony Ehrenreich van Cosatu en mnr. Moeletsi Mbeki, politieke ontleder en broer van oudpresident Thabo Mbeki, tydens ‘n armoedekonferensie wat gesamentlik deur NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk gehou is.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-woordvoerder oor Finansies, is veral twee van mnr. Mbeki se uitsprake kommerwekkend indien dit waar is. Die twee uitsprake is:

1. Dat die ANC stemme koop deur hulle aanwending van maatskaplike toelaes en

2. Dat die ANC moontlik ‘n gevestigde belang het om die armes arm en onopgevoed te hou.

“Indien die ANC maatskaplike toelaes aan bykans 15 miljoen mense as ‘politieke omkoopgeld’ aanwend, sal die geskiedenis dit uitwys as van die ernstigste en mees ondemokratiese vergrype in Suid-Afrika se geskiedenis. Dit sal in effek beteken dat ‘n krimpende aantal belastingbetalers daarvoor betaal om ‘n oorwegend onbekwame, duur en korrupte regering permanent aan die bewind te hou. Die VF Plus is bekommerd dat die aanvanklike edele bedoelings van maatskaplike toelaes besig is om te ontaard in ‘n ekonomiese en politieke gedrog wat die land oor die langtermyn kan vernietig,” het Beyers gesê.

Verder het die VF Plus gesê dat die tweede uitspraak van Mbeki skokkend is en ongelukkig bevestig word deur uitsprake van ANC-leiers, soos Julius Malema, wat arm gesinne aanmoedig om meer kinders te kry ten spyte van die vernietigende finansiële effek daarvan op daardie arm gesinne.

Die VF Plus is van mening dat armoede in Suid-Afrika ‘n tydbom is wat ontlont moet word deur volhoubare werkskepping, ekonomiese groei en verantwoordelike en goed beplande sosiale programme.

slots noФильчаков Харьков

Aristide uiteindelik weg

Die uitgeweke oudpres. Jean-Bertrand Aristide (57) sal vroeg Vrydag in Port-au-Prince aankom nadat hy sowat sewe jaar in ballingskap in Suid-Afrika deurgebring het.

Sy terugkeer na Haïti kom op ‘n kritieke oomblik in dié land se politieke geskiedenis en kan moontlik ou wonde oopmaak.

Aristide is in 2004 in ‘n magsoorname uit Haïti gejaag en woon sedertdien as uitgewekene op staatskoste in Suid-Afrika.

“Dit gaan omtrent ‘n gebeurtenis wees. Hy sal met sy privaatvliegtuig daar aankom,” het Maryse Narcisse, Aristide se woordvoerder, gesê.

Lede van die Lavalas-party, wat lank reeds op die oudpresident se terugkeer wag, beplan ‘n optog om Aristide terug te verwelkom.

siteДанильченко Юрий прокурор

Is die Grondwethof ‘n instrument van die DA?

Die Valke, die polisie se elite-ondersoekeenheid in die plek van die Skerpioene, is ‘n politieke instrument, sê die Grondwethof.

Die wetgewing wat die ontbinding onderlê is ongrondwetlik en die parlement sal binne 18 maande moet optree om dié kwessie reg te stel, het die hof bevind.

Adjunkhoofregter Dikgang Moseneke en regter Edwin Cameron het bevind dat art. 7(2) van die Grondwet vereis dat die staat die handves van menseregte respekteer, beskerm en bevorder.

Die regters het kritiek uitgespreek teen die onbehoorlike invloed wat die kabinet op die werksaamhede van die Valke het. Hulle het nie kommentaar gelewer op die politieke strekking van sake wat deur die destydse Skerpioene ondersoek is nie.

Tans bepaal ‘n ministeriële komitee watter misdade ondersoek moet word  en lede van die ondersoekeenheid het nie werksekuriteit nie.

Hulle het korrupsie ook uitgesonder as ‘n “blatante ondermyning van die demokratiese etos, demokratiese instellings, oppergesag van die reg en die stigtingswaardes van ‘n grondwetlike bestel”.  Dit bedreig volgens die regters die staat se “vermoë om die handves van menseregte te eerbiedig.” Wanneer korrupsie en georganiseerde misdaad floreer, sê hulle, “word ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling gestuit”.

Die DA het Hugh Glenister, ‘n sakeman wat sowat R3,8 miljoen uit sy eie sak gehaal het om die ontbinding van die Skerpioene te beveg, as ‘n “nasionale held” verklaar.

Die party het Vusi Pikoli, afgedankte nasionale direkteur van openbare vervolging, en Andrew Feinstein, oud-ANC-LP wat oor die wapenskandaal bedank het, ook uitgesonder as helde.

‘n DA-lid het aantygings dat die Grondwethof ‘n instrument van die DA is, verwerp.

осушитель дляАлександр Фильчаков

Zuma veroordeel Libiese leier

President Jacob Zuma het Donderdag gesê hy het self die Libiese leier Moeammar Gaddafi berispe omdat hy op “sy mense skiet”, maar het nie gesê of Suid-Afrika die moontlikheid van ‘n vliegvrye-sone oor Libië steun nie.

“Ons sien ‘n situasie in Libië waar Gaddafi op sy mense skiet… ek het dit met hom bespreek en sy aksies verdoem. Ek het gesê dit is verkeerd en hy moet ophou daarmee,” het hy aan die Nasionale Vergadering gesê.

Hy het verwys na ‘n telefoongesprek wat hy verlede week met Gaddafi gehad het.

Zuma het gesê Suid-Afrika sal sy posisie koördineer met ander lede van die Afrika-Unie. Dié liggaam het onlangs ‘n paneel van vyf presidente, wat Zuma insluit, aangewys om met die Gaddafi-bewind en rebelle in die land te onderhandel.

“Suid-Afrika onder die leiding van die Afrika-Unie werksaam wees… die paneel het reeds begin werk,” het hy gesê.

русская баня строительствоФільчаков Олександр Васильович

SAners in Japan na veiligheid geskuif

Die Suid-Afrikaanse regering het 10 uitruilstudente vanaf Sendai na Tokio geskuif as voorsorgmaatreël vir die kernramp wat in Fukushima dreig, het die departement van buitelandse sake Dinsdag gesê.

“Die studente is veilig, maar word nou na Tokio geskuif as ‘n voorsorgmaatreël ná die ontploffing Dinsdagoggend by die kernkragaanleg,” het Clayson Monyela, departementele woordvoerder, gesê.

Die studente is deel van ‘n uitruilprogram in die noordooste van Japan.

Volgens Monyela is daar sowat 200 tot 500 Suid-Afrikaanse studente in Japan. Geen studente is beseer, vermis of dood in die aardbewing of tsoenami nie.

games onlineФільчаков Олександр Васильович

Koeberg sal hou

Eskom het LUR’re Dinsdag verseker dat Koebergkernkragstasie digby Kaapstad ontwerp is om aardbewings sowel as tsoenami’s te weerstaan.

Volgens Kannan Lakmeeharam, besturende direkteur van Eskom se bedryfs- en beplanningsafdeling, is die ontwerp van Koeberg se twee reaktors meer gevorderd as die van Japan se Fukushima-aanleg.

‘n Reuse-kernkragkrisis heers by Fukushima ná die 8.9-aardbewing wat Japan verlede week getref het.

Verkoelingstelsels het opgehou werk by drie van die aanleg se reaktors, terwyl drie ontploffings die kompleks geruk het.

Groot kommer heers ook oor die moontlikheid van bestraling.

Tienduisende mense wat in ‘n 20 km-radius van die aanleg woon, is reeds ontruim.

Lakmeeharam het by ‘n vergadering aan die portefeuljekomitees vir energie en openbare werke gesê dat die reaktors by Fukushima ‘n “generasie I” ontwerp is, terwyl die by Koeberg “generasie II” is.

“Die Fukushima-aanleg is generasie I-tegnologie; Koeberg is generasie II-tegnologie, wat ‘n drukwaterreaktor is. Dit is dus ander tegnologie.”

Oor Koeberg se vermoë om ‘n aardbewing te trotseer het hy gesê dat die aanleg gebou is om ‘n aardbewing wat 7 op die Richterskaal registreer, te weerstaan.

“Die Koeberg-aanleg is gebou om ‘n Richterskaal 7-aardbewing te weerstaan. ”n mens moet dus na die geskiedenis van seismiese aktiwiteit in Suid-Afrika kyk  en besluit of die ontwerp toepaslik is.

“Elke kernkrag-aanleg is gebou op wat bekendstaan as ‘n veiligheidsbasisgeval.. gebaseer op omgewingskwessies en die geskiedenis van seismiese aktiwiteit in Suid-Afrika en word nalv daarvan ontwerp.”

Hy het verder aan LUR’re gesê dat nood-kragtoevoer vir Koeberg se reaktors ontwerp is om ‘n tsoenami te hanteer.

“‘n Kernkrag-aanleg het elektrisiteit nodig om te verseker dat die verkoelingstelsel werk. Die verkoelingstelsel vir die kern van die reaktor is een van die mees kritieke elemente van ‘n kernkrag-aanleg.

“By Koeberg is die primêre bron van elektrisiteit vir hierdie verkoelingstelsel die nasionale kragnetwerk. [Bo en behalwe dit] het ons ‘n betroubare bron vir Koeberg wat deur gas-turbines voorsien word.

“Ons het [ook] diesel-opwekkers op die aanleg en ander kragopwekkers op ‘n hoër vlak bo seespieël.”

саун иФільчаков Олександр Васильович

Nog haatspraak en rassisme

SADOU-voorsitter, Moss Senye, se haatspraak en rassisme teenoor me. Barbara Creecy, Gautengse LUR vir onderwys, spesifiek en wit mense in die algemeen. Die party gaan die Menseregtekommissie vra om die gedrag te ondersoek vir verdere optrede,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, gesê.
Senye het Creecy verlede week ‘n “wit tiran wat net op wit skole fokus” genoem. Hy het Maandag in die Meadowlands landdroshof in Soweto verskyn nadat hy verlede maand ‘n 17-jarige leerling na bewering aangerand het.
Daar heers groot ongelukkigheid oor Senye se gevolglike skorsing en aanklag en polisielede het hulle hande vol gehad om die skare in bedwang te hou by die hof.

“Hierdie tipe uitsprake kom toenemend voor en dit blyk nou dat ‘n kultuur van haat jeens minderhede ‘n norm geword het binne die ANC en sy verskeie alliansie-vennote. Selfs wit mense en bruin mense binne die ANC is nie meer veilig nie. Kyk net hoe het die ANC hulle oor mnr. Trevor Manuel in die Manyi-sage uitgelaat en nou het ons ‘n ANC-unie voorsitter wat ‘n provinsiale minister op grond van ras belaster,” het Alberts bygevoeg.

“Hierdie tendens is uiters kommerwekkend en sal deur die ANC aangespreek moet word. Dit lyk al hoe meer of die ANC hom opstel teen minderhede in Suid-Afrika. Indien dit die geval is, gaan die ANC ‘n hoë prys daarvoor betaal in die uitrafel van sosiale kohesie en stabiliteit in die toekoms,” meen Alberts.

магазин детских товаровФильчаков прокурор харьков