Is die Grondwethof ‘n instrument van die DA?

Die Valke, die polisie se elite-ondersoekeenheid in die plek van die Skerpioene, is ‘n politieke instrument, sê die Grondwethof.

Die wetgewing wat die ontbinding onderlê is ongrondwetlik en die parlement sal binne 18 maande moet optree om dié kwessie reg te stel, het die hof bevind.

Adjunkhoofregter Dikgang Moseneke en regter Edwin Cameron het bevind dat art. 7(2) van die Grondwet vereis dat die staat die handves van menseregte respekteer, beskerm en bevorder.

Die regters het kritiek uitgespreek teen die onbehoorlike invloed wat die kabinet op die werksaamhede van die Valke het. Hulle het nie kommentaar gelewer op die politieke strekking van sake wat deur die destydse Skerpioene ondersoek is nie.

Tans bepaal ‘n ministeriële komitee watter misdade ondersoek moet word  en lede van die ondersoekeenheid het nie werksekuriteit nie.

Hulle het korrupsie ook uitgesonder as ‘n “blatante ondermyning van die demokratiese etos, demokratiese instellings, oppergesag van die reg en die stigtingswaardes van ‘n grondwetlike bestel”.  Dit bedreig volgens die regters die staat se “vermoë om die handves van menseregte te eerbiedig.” Wanneer korrupsie en georganiseerde misdaad floreer, sê hulle, “word ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling gestuit”.

Die DA het Hugh Glenister, ‘n sakeman wat sowat R3,8 miljoen uit sy eie sak gehaal het om die ontbinding van die Skerpioene te beveg, as ‘n “nasionale held” verklaar.

Die party het Vusi Pikoli, afgedankte nasionale direkteur van openbare vervolging, en Andrew Feinstein, oud-ANC-LP wat oor die wapenskandaal bedank het, ook uitgesonder as helde.

‘n DA-lid het aantygings dat die Grondwethof ‘n instrument van die DA is, verwerp.

осушитель дляАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae