Swart sersant verskyn weens moord op blanke Afrikanervrou

n Swart polisiesersant sal na verwagting vandag in die Kempton Park-landdroshof, oos van Johannesburg, verskyn vir die beweerde doodskiet van ‘n blanke Afrikanervrou buite die polisiestasie.

Hy word ​​beskuldig van moord op mev. Jeanette Odendaal, 45, nadat sy na bewering teen ‘n stilstaande polisievoertuig in die parkeerarea gebots het.

The Star berig vandag dat die nasionale kommissaris-generaal van polisie, Bheki Cele, Odendaal se ouers ontmoet het.

Die egpaar het gister die reis van Middelburg aangepak om hul dogter se liggaam te gaan uitken.

“‘n Gewelddadige samelewing het wel ‘n uitwerking op’n samelewing en ‘n gemeenskap, en ons werf nie mense van die maan af nie, hulle kom uit hierdie samelewing,” het Cele volgens die berig gesê.

Op kort afstand geskiet

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek die voorval wat Dinsdag rondom 20:30 plaasgevind het.

Die OKD-woordvoerder, Moses Dlamini, het gesê daar word beweer dat die polisieman die geluid van die botsing vir skote aangehoor het.

‘n Motorwag Sipho Baloyi het vandeesweek aan koerante gesê dat hy die polisie oor die ligte stamp gewaarsku het en was getuie hoe die 38 jaar oue sersant haar op kort afstand doodgeskiet het.

Dlamini het gesê dit was nie duidelik waarom Odendaal na die polisie gegaan het nie.

Volgens die dagblad Beeld wou sy ‘n geval van rusverstoring gaan aanmeld.

тамбов тестерыФильчаков прокуратура харьков

Weermag voortaan in Krugerwildtuin

Weermageenhede gaan nog vanjaar ontplooi word op die Krugernasionalepark-grens met Mosambiek, asook die land se grense met Swaziland en Lesotho, het die SA Nasionale Weermag (SANW) gister gesê.

Altesaam 22 eenhede van 165 soldate elk gaan in vyf fases oor die volgende vyf jaar op die grense ontplooi word, het die waarnemende hoof van die SANW, luitenant-generaal Themba Matanzima, gesê.

Die eerste groep is verlede APril op Suid-Afrika se grens met Zimbabwe ontplooi, het hy laat blyk.

Die SANW het tot 1994 aan die land se grense diens gedoen, totdat die ANC-regering opdrag gegee het dat alle troepe onttrek moet word.

Die grensbeheerfunksie is daarna geleidelik deur die SA Polisiediens oorgeneem.

Maar in Februarie 2010, het die ministerie van verdediging die SANW se terugkeer gemagtig.

Die beskerming van die land se grense het ‘n nasionale prioriteit geword, het Matanzima gesê en renosterstropers gewaarsku om nie die weermag aan te durf nie.

“Om die geweer teen ‘n soldaat op te neem, is die laaste ding wat hulle behoort te doen, ” het hy gesê.

Matanzima het gesê dat die soldate op land, in die lug en ter see ontplooi sou word.

bridal forehead headbandsФільчаков Олександр Васильович

Afriforum daar vir ‘kameras’

Julius Malema, die ANC-jeugliga se president, het Woensdag gesê AfriForum het die haatspraaksaak teen hom aanhangig gemaak omdat hulle daarvan hou om in die kollig te wees.

Tydens kruisondervraging deur Adv. Martin Brassey SC, regsverteenwoordiger van AfriForum, het Malema gesê die saak teen hom is net “goedkoop politiekery” en AfriForum wat “grootpraat”.

“Julle het hierheen gekom vir die kameras,” het hy aan Brassey gesê.

Die burgerregtegroep AfriForum het Malema verlede jaar van haatspraak aangekla oor die sing van ‘Skiet die Boer’ of “awudubhule ibhunu”.

Malema het ook die media daarvan beskuldig dat hulle sy woorde “verdraai” en AfriForum “mislei”.

Volgens Malema is die media besig om hulle vryheid te misbruik.

Die Jeugliga-president het ook aangevoer dat daar seker elemente binne die media is wat apartheid wil verewig.

“Dit het so erg geraak dat ons nie eers met mekaar kan praat sonder dat dit in die media bespreek word nie,” het hy gesê.

“Hierdie is nie ‘n Julius-lied nie. Ek is nie Brenda Fassie nie. As ek dié lied sing maak ek voorbladnuus, maar wanneer hulle Die Stem sing sê niemand niks.”

“Ek wil saam met my mense sing. Ek wil othou en herdenk sonder enige beperkinge,” het Malema aan die hof gesê.

Malema het AfriForum vroeër uitgenooi om die lied saam met hom te sing en om dit nie buite konteks te verstaan nie.

“Ek is nie ‘n rassis nie. Ek is deel van ‘n organisasie wat daaraan toegewy is om ‘n nie-rassige samelewing te skep,” het hy gesê.

Hy het gesê hy het die lied “dubula iBhunu” (“skiet die Boer”) gesing om comrades wat tydens die struggle gesterf het, te onthou.

“iBhunu beteken nie boere of witmense nie, maar polisie en soldate wat (ANC) kinders kom soek,” het Malema gesê.

Die saak duur steeds voort.

poker online notopcargo

Zuma sal optree teen Shiceka

Pres. Jacob Zuma het gesê daar is genoeg rede om op te tree teen Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, oor bewerings dat hy belastingbetalers se geld misbruik, het The Star Dinsdag berig.

“Daar sal geen huiwering wees as die bewerings waar is nie. Absoluut geen huiwering nie. Ek het dit in die verlede gesê. Daar is genoeg rede om op te tree,” het Zuma gesê.

“Hier gaan daar aksie wees… en ons gaan nie eens lank neem om ondersoek in te stel nie, want die bewerings wat gemaak word is te ernstig.”

Die Sunday Times het berig dat Shiceka glo R355 000 spandeer het op ‘n besoek aan ‘n minnares in ‘n Switserse tronk, R640 000 oor ‘n tydperk van ‘n jaar om in ‘n luukse hotel in Kaapstad te bly en meer as R160 000 om familie vir agt maande lank die land oor rond te vlieg.

Munisipale vragmotors is glo ook gebruik om water na ‘n huis wat hy in Ingquza Hill in die Oos-Kaap bou, te vervoer. ‘n Teerpad van R32 miljoen is op die roete van die huis gelê, terwyl ander inwoners nie paaie het om in woongebiede te kom nie.

Die Openbare Beskermer is deur die parlement se etiese komitee gevra om die saak te ondersoek.

wedding jewelleryпрокурор харьковской области

Rotte neem Johannesburg oor

Die huidige vullisstaking in Johannesburg is besig om die aantal rotte vinnig te laat vermeerder. In die middestad waar hope vullis op die sypaadjies rondlê, meen straatsmouse dat die aantal  rotte sedert die aanvang van die staking verdriedubbel het.

Volgens ‘n smous in Pleinstraat, is die rotte tans “baie gelukkig”.

“Al dié vullis is soos Kersfees vir die rotte. Hulle kan enigiets eet waarvan hulle hou, net wanneer hulle wil,” meen hy.

Volgens Gertrude Makondo, ‘n smous wat in Noordstraat handel dryf, “is daar meer rotte as gewoonlik. En hulle word groter. Hulle is nie vir mense bang nie, hulle kyk jou reguit in die oë en party het selfs baarde.”

Sibisiso Nvani erken dat hy minder sake doen as gevolg van die stinkende vullis en die rotte.

“Mense wil nie meer by ons koop nie. Hulle stap verby terwyl hulle hul neuse toehou want hulle wil aan die reuk ontkom. En as hulle die rotte sien, hardloop hulle weg.”

Die groot aantal rotte in die stad is insgelyks besig om in ‘n gesondheidsrisiko te ontaard. ‘n Afgetrede omgewingsgesondheidsbestuurder, Lucas Kunene, meen: “Johannesburg beskik nie oor ‘n strategiese plan om die rotplaag te beheer nie en dit is onaanvaarbaar. Rotte kan meer as 35 soorte siektes oordra. As ‘n besmette rot met ‘n mens in aanraking kom… deur urine of ontlasting, kan dit siektes soos Salmonellose of selfs Lassa-koors oordra.”

Die stad kon nie vir kommentaar oor die rotplaag bereik word nie.

пломбирование каналовлобановский александр досье

Onregmatige mynregte ‘n skande

Die Vryheidsfront Plus beskou die 434 onreëlmatige mineraleregte, 713 verbrekings van die wetlike omgewingsvereistes, en die 120 dubbeltoekennings van mineraleregte as ‘n nasionale skande. Die minister van mineralebronne, Susan Shabango, het vandag die feite bekend gemaak na aanleiding van ‘n interne ondersoek in haar department. Adv Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor mineralebronne, het aangedui dat alhoewel die minister geloof moet word vir haar daadwerklike optrede om die mineraalregte sisteem skoon te maak van problematiese mineraleregte, die omvang van die onreëlmatighede nie goed is vir Suid-Afrika se beeld nie. “Terwyl Suid-Afrika op soek is na buitelandse investering en nou die geleentheid het om met sy mineralebronne ‘n groot internasionale speler te word ter wille van ons ekonomiese groei en werkskepping, ondermyn hierdie stand van sake Suid-Afrika as ‘n ernstige ekonomiese vennoot in die wêreld se oë,” het Alberts gesê.

Volgens Alberts moet Suid-Afrika juis nou die geleentheid gebruik om die gebrek aan sekere mineralebronne, soos steenkool vanweë Japan se behoefte aan steenkool en die feit dat Australië nie dit kan verskaf weens vloede, te gebruik as ‘n geleentheid om ‘n reputasie te bou as ‘n betroubare en etiese verskaffer. Daarom moet die minister so gou as moontlik sorg dat die departement ‘n webwerf daarstel wat alle toegekende mineraleregte, asook aansoeke, sal publiseer, soos in Kanada die geval is.

Die VF Plus is ook van mening dat die department moet aandui waar verkose politici en staatsamptenare ook deel vorm van maatskappye wat aansoek doen om mineraalregte of regte alreeds ontvang het sodat onetiese en onwettige optrede, asook konflik van belange, ondersoek kan word.

настенные светильники дляФильчаков прокурор харьков

Boer en gesin se lyke in bakkie gevind

‘n Bekende boer en sy gesin van De Aar, in die Noord-Kaap, is Maandag op ‘n grondpad in hulle bakkie dood aangetref, het die polisie gesê.

“Een van die plaaswerkers het teen 06:00 op die bakkie afgekom, sowat 1km van die plaas af,” het lt. kol. Hendrik Swart, polisiewoordvoerder, gesê.

Die man het die boer agter die stuurwiel sien sit en ondersoek ingestel toe hy nie reageer nie.

Volgens Swart is die boer (58), sy vrou (39) en twee dogters, onderskeidelik ses en agt jaar oud, doodgeskiet. Die slagoffers is intussen uitgeken as David, Cornel, Mikayla en Cara Theron.

“Die plaaswerker het hulp ontbied en die boer se broer op die aangrensende plaas gaan roep,” het Swart gesê.

Die slagoffer se broer het polisie ontbied.

Met die polisie se aankoms op die toneel is die twee dogters onder ‘n hoop baadjies op die passasiersitplek gevind.

‘n .357-rewolwer is op die boer se skoot gevind.

Die lyk van die boer se vrou is onder ‘n hoop klere agter op die bakkie gevind.

“Dit word vermoed dat al vier die slagoffers met die rewolwer doodgeskiet is,” het Swart gesê.

Op hierdie stadium word geen gemene spel vermoed nie.

Die nadoodse ondersoeke sal in Kimberley plaasvind.

 

многоступенчатый насос ценаЛобановский

Moordverdagte was SR-verteenwoordiger

‘n Voormalige Studenteraadsvoorsitter van die Universiteit van Durban Westville is in Amerika in hegtenis geneem in verband met die moord op vier mense tussen Februarie en Maart, het die Sunday Tribune berig.

Muziwokuthula “Muzi” Madondo (33), wat eens van korrupsie en wanbestuur van universiteitsfondse by dié kampus in Durban beskuldig was, is in Houston, Texas, in hegtenis geneem.

Lt. Rick Edwards van dié staat se polisie het gesê Madondo het na bewering ‘n 60-jarige vrou in Akron, Ohio, op 17 Februarie vermoor. Sy is in die maag en bors geskiet.

Twee dae later is die lyk van ‘n oudskolier van Maritzburg Kollege, Zanzele Mdadane, deur jagters in die bosse buite Butler Township in Ohio gevind.

Op 24 Maart het Madondo na bewering vir Bobby Gonzales (57) en Gabriel Baca (37) in ‘n motel in Tucumcari, Nieu-Mexiko doodgeskiet. Dit is meer as 2 000 km weg van waar die laaste moord in Ohio gebeur het.

Luidens berigte is Madondo vier dae later in hegtenis geneem en het hy skuld aan die moorde beken.

Madondo, wat in Chicago woon, het in 2008 na Amerika geëmigreer om teologie te studeer.

центр насосного оборудованияОлександр Васильович Фільчаков

Ficksburg-skietery ‘n ‘waterskeiding’

Helen Zille, DA-leier, het Sondag gesê die skietery op Ficksburg sal eendag as ‘n waterskeiding in Suid-Afrika se geskiedenis beskou word.

Ses polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met die dood van Andries Tatane, wat dood is tydens ‘n betoging oor dienslewering in Ficksburg, het die Onhafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Sondag gesê.

“Die beeld van Andries Tatane wat deur die polisie geslaan en geskiet word, is in ons bewussyn ingebrand. Hy het geen misdaad gepleeg nie – hy het net betoog teen swak dienslewering in sy dorp,” het Zille gesê.

Die Jong Kommunisteliga van Suid-Afrika het die inhegtenisneming van die polisiebeamptes verwelkom.

“Hierdie vinnige inhegtenisneming… dui op die toewyding van die OKD om te verseker dat hierdie saak opgelos sal word,” het dié liggaam se woordvoerder, Mafika Mndebele, in ‘n verklaring gesê.

Cope het gesê die ses polisiebeamptes is eers in hegtenis geneem nadat aktiviste en die publiek druk op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, geplaas het om op te tree.

“Hierdie is ‘n bewys dat hoe meer aktief inwoners is, hoe minder sal oordadigheid in die regering geduld word,” het Philip Dexter, Cope-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Mthethwa self het Sondag die inhegtenisnemings verwelkom.

“Ons het verlede week gevra… dat die OKD hul werk sonder vrees of guns moet kan doen, en ons het volle vertroue in dié instelling.”

Hy het ook innige meegevoel teenoor Tatane se familie en vriende uitgespreek.

Die ministerie het gelet op aantygings dat Mthethwa ‘n defensiewe, reaktiewe benadering tot die voorval gevolg het. Die ministerie het gesê ‘n deeglike ondersoek sal geloods word en voortydige gevolgtrekkings sal nie gemaak word nie. Die ses polisiebeamptes is onskuldig totdat hulle skuldig bewys word, het ‘n verklaring gelui.

Mthethwa het gesê hy was deurentyd konsekwent in sy benadering dat dié wat die wet oortree, gestraf moet word.

Die ses polisiebeamptes, wat Saterdag in hegtenis geneem is, is van die openbare orde-eenheid in Bloemfontein, het Moses Dlamini, OKD-woordvoerder, gesê.

Vier van die mans word aangekla van aanranding en twee van moord.

Die uitvoerende direkteur van die OKD, Francois Beukman, het Sondag aan SABC Nuus gesê dié soort brutaliteit deur die polisie kan nie geduld word nie.

Die polisie het na bewering Donderdag met rubberkoeëls op Tatane se bors losgebrand en hom toe met knuppels geslaan.

Tatane, ‘n lid van Cope, is luidens mediaberigte “gelyktydig” deur minstens ses polisiebeamptes aangeval.

Hy het ná die aanval sy hand teen sy bors gehou en ongeveer 20 minute later inmekaargesak. Hy is dood voordat ‘n ambulans opgedaag het. Die polisie het Woensdag bevestig dat ‘n man tydens die betogings gedood is.

Die inwoners van die Meqheleng-township het na die munisipale kantore in Ficksburg gestap om ‘n griefskrif oor diensleweringkwessies te oorhandig toe die voorval plaasgevind het.

сауна в москвеДанильченко Харьков

Hof behou uitspraak voor oor Zim-boere

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het vandag uitspraak voorbehou in die omvattende hofaansoek wat die Zimbabwiese regering gebring het om te probeer verhoed dat die SAOG-tribunaal se uitspraak ten gunste van Mike Campbell en 78 ander wat in Zimbabwe geboer het, met die hulp van AfriForum in Suid-Afrikaanse howe afgedwing word. Die uitspraak word oor sowat vier weke verwag.

Die hof het vandag van adv Jeremy Gauntlett SC, die boere se regsverteenwoordiger, gehoor dat die Zimbabwiese regering die jurisdiksie van Suid-Afrikaanse howe in die saak erken het, toe hulle regspan hulle voorneme op rekord geplaas het dat hulle die saak wat die boere met die hulp van AfriForum in Suid-Afrika gebring het, gaan teenstaan. Die Zimbabwiese regering het later besluit om van die saak te onttrek. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het toe op 13 Januarie 2010 beslis dat die SAOG-tribunaal se bevinding in Suid-Afrika geregistreer kan word, wat die weg oopgelaat het vir die boere om met AfriForum se hulp, beslag op nie-diplomatieke eiendom van die Zimbabwiese regering te lê. Stappe om Zimbabwiese eiendom in die vorm van ʼn huis in Kaapstad op te veil, het die Zimbabwiese regering laat besluit om in ʼn laat stadium die proses met drie hofaansoeke te probeer stop, wat vandag as ʼn gekonsolideerde aansoek aangehoor is.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is sy organisasie vasbeslote om toe te sien dat ʼn duidelike boodskap aan die Mugabe-regime gestuur word dat hulle nie onaantasbaar is nie. “Die Mugabes van hierdie wêreld moet besef dat geregtigheid uiteindelik sal geskied, selfs al gebeur dit in ʼn ander land,” het Kriel gesê. ʼn Oorwinning in hierdie saak sal volgens Kriel die weg help baan vir groter toekomstige eise teen die Mugabe-regime.

потолочные светильники ценаалександр лобановский супермаркет класс