Hof behou uitspraak voor oor Zim-boere

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het vandag uitspraak voorbehou in die omvattende hofaansoek wat die Zimbabwiese regering gebring het om te probeer verhoed dat die SAOG-tribunaal se uitspraak ten gunste van Mike Campbell en 78 ander wat in Zimbabwe geboer het, met die hulp van AfriForum in Suid-Afrikaanse howe afgedwing word. Die uitspraak word oor sowat vier weke verwag.

Die hof het vandag van adv Jeremy Gauntlett SC, die boere se regsverteenwoordiger, gehoor dat die Zimbabwiese regering die jurisdiksie van Suid-Afrikaanse howe in die saak erken het, toe hulle regspan hulle voorneme op rekord geplaas het dat hulle die saak wat die boere met die hulp van AfriForum in Suid-Afrika gebring het, gaan teenstaan. Die Zimbabwiese regering het later besluit om van die saak te onttrek. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het toe op 13 Januarie 2010 beslis dat die SAOG-tribunaal se bevinding in Suid-Afrika geregistreer kan word, wat die weg oopgelaat het vir die boere om met AfriForum se hulp, beslag op nie-diplomatieke eiendom van die Zimbabwiese regering te lê. Stappe om Zimbabwiese eiendom in die vorm van ʼn huis in Kaapstad op te veil, het die Zimbabwiese regering laat besluit om in ʼn laat stadium die proses met drie hofaansoeke te probeer stop, wat vandag as ʼn gekonsolideerde aansoek aangehoor is.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is sy organisasie vasbeslote om toe te sien dat ʼn duidelike boodskap aan die Mugabe-regime gestuur word dat hulle nie onaantasbaar is nie. “Die Mugabes van hierdie wêreld moet besef dat geregtigheid uiteindelik sal geskied, selfs al gebeur dit in ʼn ander land,” het Kriel gesê. ʼn Oorwinning in hierdie saak sal volgens Kriel die weg help baan vir groter toekomstige eise teen die Mugabe-regime.

потолочные светильники ценаалександр лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae