Onregmatige mynregte ‘n skande

Die Vryheidsfront Plus beskou die 434 onreëlmatige mineraleregte, 713 verbrekings van die wetlike omgewingsvereistes, en die 120 dubbeltoekennings van mineraleregte as ‘n nasionale skande. Die minister van mineralebronne, Susan Shabango, het vandag die feite bekend gemaak na aanleiding van ‘n interne ondersoek in haar department. Adv Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor mineralebronne, het aangedui dat alhoewel die minister geloof moet word vir haar daadwerklike optrede om die mineraalregte sisteem skoon te maak van problematiese mineraleregte, die omvang van die onreëlmatighede nie goed is vir Suid-Afrika se beeld nie. “Terwyl Suid-Afrika op soek is na buitelandse investering en nou die geleentheid het om met sy mineralebronne ‘n groot internasionale speler te word ter wille van ons ekonomiese groei en werkskepping, ondermyn hierdie stand van sake Suid-Afrika as ‘n ernstige ekonomiese vennoot in die wêreld se oë,” het Alberts gesê.

Volgens Alberts moet Suid-Afrika juis nou die geleentheid gebruik om die gebrek aan sekere mineralebronne, soos steenkool vanweë Japan se behoefte aan steenkool en die feit dat Australië nie dit kan verskaf weens vloede, te gebruik as ‘n geleentheid om ‘n reputasie te bou as ‘n betroubare en etiese verskaffer. Daarom moet die minister so gou as moontlik sorg dat die departement ‘n webwerf daarstel wat alle toegekende mineraleregte, asook aansoeke, sal publiseer, soos in Kanada die geval is.

Die VF Plus is ook van mening dat die department moet aandui waar verkose politici en staatsamptenare ook deel vorm van maatskappye wat aansoek doen om mineraalregte of regte alreeds ontvang het sodat onetiese en onwettige optrede, asook konflik van belange, ondersoek kan word.

настенные светильники дляФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae