Dit was nie vir olie nie!

Geheime Britse memorandums het die skakel tussen die oliemaatskappye en die inval in Irak ontbloot.

Planne om Irak se oliereserwes te ontgin, is deur Britse regeringsministers en die wêreld se grootste oliemaatskappye bespreek in die jaar voordat Brittanje ‘n leidende rol in die aanval op Irak geneem het  het regeringsdokumente getoon.

Irak se ontluikende olie-industrie het nuwe vrae oor Brittanje se betrokkenheid by die oorlog laat opduik. Slegs nadat Tony Blair beweer het Saddam Hussein beskik oor wapens van massavernietiging, het die eers trae Britse parlementtot die inval ingestem.

Die notule van ‘n reeks vergaderings tussen die ministers en senior oliebestuurders is in stryd met openbare ontkennings dat die eiebelang van oliemaatskappye en Westerse regerings ‘n rol gespeel het.

In Maart 2003, het Shell bewerings dat hulle gesprekke met Downingstraat oor Irakse olie voer, as “hoogs onakkuraat” afgemaak. BP het ontken dat hulle ‘n “strategiese belang” in Irak het, terwyl Tony Blair sulke bewerings as “die oliesamesweringsteorie” en “die mees absurde storie” verwerp het.

Maar dokumente van Oktober en November die vorige jaar skilder ‘n heel ander prentjie.

Vyf maande voor die Maart 2003-inval, het Barones Symons, die destydse Britse minister van handel, aan BP gesê die regering glo Britse energiemaatskappye moet ‘n deel van Irak se enorme olie- en gasreserwes ontvang as beloning vir Tony Blair se militêre verbintenis tot Amerikaanse planne vir “regeringsverandering” (regime change).

Die dokumente wys dat Lady Symons ooreengekom het om die Bush-administrasie te lobby op BP se rekening omdat die oliereus bang was om uitgelaat te word uit ooreenkomste wat Washington met die Amerikaanse, Franse en Russiese regerings en hul energiefirmas onderhandel het.

Die notule van ‘n vergadering met BP, Shell en BG (voorheen British Gas) op 31 Oktober 2002 lees: “Barones Symons het ooreengekom dat ‘n regverdiging moeilik sou wees as Britse maatskappye verloor in Irak aangesien die Verenigde Koninkryk ‘n opvallende ondersteuner van die Amerikaanse regering gedurende die hele krisis was”.

Die Foreign Office het BP op 6 November 2002 uitgenooi om te praat oor geleenthede in Irak, “post-regimeverandering”. Die notule lui: “Irak is die groot olievooruitsig en BP is desperaat om daar te wees en angstig dat politieke onderhandelinge hulle nie die geleentheid moet ontsê nie.”

Ná nog ‘n vergadering, hierdie een in Oktober 2002, het die Foreign Office se destydse direkteur vir die Midde-Ooste, Edward Chaplin, opgemerk: “Shell en BP kon nie bekostig om nie ‘n aandeel in [Irak] ter wille van hul langtermyntoekoms te hê nie… Ons was vasbeslote om ‘n billike deel van die aksie vir die Britse maatskappye in ‘n post-Saddam-Irak te verkry. “

In die openbaar het BP aangedring dat hy “geen strategiese belang” in Irak het nie en agter geslote deure vertel Irak was “belangriker as enigiets wat ons in ‘n lang tyd gesien het”.

BP was bekommerd dat indien Washington TotalFinaElf se bestaande kontak met Saddam Hussein beskerm het, sou dit die Franse konglomeraat die wêreld se voorste oliemaatskappy gemaak het. BP het aan die Britse regering gesê hulle is bereid om “groot risiko’s” te neem om ‘n deel van die Irakse reserwes in die hande te kry, die tweede grootste ter wêreld.

Lady Symons, 59, het later ‘n adviserende pos opgeneem by ‘n Britse bank wat ryk rekonstruksiekontrakte in  die na-oorlogse Irak losgeslaan het. Verlede maand het sy skielik as ‘n onbetaalde adviseur by Libië se Nasionale Ekonomiese Ontwikkelingsraad bedank. BP en Shell het geweier om op haar bedanking kommentaar te lewer.

зарядное устройствоДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae