ANC wil munisipaliteite regruk

In die komende weke, gaan die regerende party maatreëls tref wat burgemeesters, munisipale bestuurders en ander senior amptenare meer verantwoordbaar sal maak, soos lede van die parlement en provinsiale wetgewers reeds is, sê die ANC.

Die besluit kom in die nasleep van verlede week se plaaslike regeringsverkiesings waarin die ANC se ondersteuning gedaal het van ongeveer 66% in die 2006 , tot ongeveer 62%.

Sy mededinger, die DA, geniet ‘n toename in sy steun, van omtrent 16% in 2006 tot sowat 24% verlede week, danksy die amperse verdwyning van kleiner partye.

Die munisipale hervormings is deel van die regerende party se munisipale omkeer strategie. Partywoordvoerder Jackson Mthembu het gesê verbeteringe sal “so gou as moontlik” geïmplementeer word , in ‘n poging om dienste “vinniger en meer doeltreffend” te lewer.

Die skuif, sê Mthembu, sal die ANC help om die geleidelike erosie van sy ondersteuning deur opposisie partye te keer.

“Selfs voor die verkiesing, was ons bekommerd oor die prestasie van ‘n paar rade Ons begrawe nie ons koppe in die sand as ons mense nie tevrede is met die diens nie… Wanneer mense vir jou stem, is jy dit aan hulle verskuldig om vinniger en meer doeltreffende dienste te lewer.

“Ons wil uit te voer [die maatreëls] so gou as moontlik sodat mense sal besef dat hul stem is nie misplaas,” het Mthembu gesê.

Een van die meganismes wat oorweeg word sluit in dat die nasionale Tesourie onbestede munisipale begrotings toe kan wys.

Die ANC, het Mthembu gesê, kan nie geld aan die Tesourie teruggee, terwyl mense min dienste het nie.

“Burgemeesters het beide wetgewende en uitvoerende gesag – en dit moet geskei word.

“Sommige dele van ‘n raad moet kyk na die belangrikste werk van die burgemeester en die uitvoerende gesag. Die raad moet in staat wees om te sit op sy eie sonder die burgemeester en die uitvoerende gesag,” het Mthembu gesê.

Hy het gesê die ANC se nasionale uitvoerende komitee sal hierdie naweek die uitslag van die verkiesing bespreek, en die party se prestasie en die pad vorentoe evalueer.

дизайн каминов из гипсокартоналобановский александр отзывы

ANC wil koerant se kantore afbrand

Die voorsitter van die ANC in Nelson Mandelabaai, Nceba Faku, het Donderdagaand meer as 100 partylede aangemoedig om die Herald-koerant se kantore af te brand terwyl hy sy party se verkiesingsoorwinning buite Port Elizabeth se stadsaal gevier het.

Volgens die Herald het ‘n seniorwoordvoerder van die party die ANC “byna onmiddellik” gedistansieer van die uitlating, en gevra vir politiese volwassenheid by partyleiers.

Faku, wat by die ingang van die stadsaal gestaan het met ‘n ANC-vlag op sy skouer, het gesê die party het ‘n “belangrike stryd tussen die ANC en die media” gewen.

“Die primêre stryd van die ANC is met die media, veral die Herald, in hierdie streek,” het Faku volgens die koerant gesê.

“Weg met wit politieke partye, weg. Weg met diegene wat vir wit politieke partye stem, weg.”

Die ANC het beheer oor die Nelson Mandelabaai-metropool behou met 51.9% van die stemme.

настенные светильники браФильчаков прокурор отзывы

Kaapstad se krag af

Die elektrisiteitstoevoer sal Dinsdag in Kaapstad onderbreek word om toerusting by ‘n substasie in Seepunt te vervang, het die stad Vrydag gesê.

Dié onderbreking sal vanaf 08:30 tot 17:00 duur.

Die gebiede wat geraak word is: Ocean View-rylaan, Rhineweg, Antwerpweg, Nelsonweg, Firmountweg, Oldfieldweg, Doverweg, High Levelweg, Calaisweg en Battery-singel.

“Inwoners word versoek om alle elektrisiteitsinstallasies in dié tydsduur as lewendig te beskou, omdat die elektrisiteitstoevoer sonder kennisgewing herstel sal word,” het die stad gesê.

Navrae kan gerig word aan 0800 220 440.

holidaysАлександр Фильчаков прокурор

DA-burgemeester is Frelimo-soldaat

Mnr. Basil Kivedo, kader van umKhonto weSizwe (MK), militêre vleuel van die ANC, is die DA se nuwe burgemeester van die Breedevallei.

Kivedo was lid van die Frelimo-magte in Mosambiek en het ook in Tanzanië opleiding ontvang om terreur te saai.

Ná die Kodesa-ooreenkoms tussen die destydse NP en ANC-onderhandelaars wou Kivedo steeds nie die wapen neerlê nie.

Kivedo het aan Media24 gesê hy staan steeds “vasgeanker in die Vryheidsmanifes”. Hy gaan hom glo beywer vir die landbou- en wynbougemeenskap.

для автосервисаДанильченко Юрий отзывы

Verkiesingsgeweld: 14 vas

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Bheki Cele, het gesê slegs 14 mense regoor die land is in hegtenis geneem vir verkiesingverwante oortredings, berig die SABC.

Dit sluit vyf mense in wat in hegtenis geneem is vir die mislukte sluipmoordpoging op ‘n ANC-kandidaat in Durban.

Volgens Cele het die meerderheid van dié wat in hegtenis geneem is, inbreuk gemaak op verkiesingverrigtinge en en die gang daarvan ontwrig.

Twee groepe, onderskeidelik van die ANC en Cope, het ook in Mokwallo, Vredefort, gebots. Die polisie en die OVK het egter tussenbeide getree.

Die OVK het gesê ten spyte van enkele haakplekke het die verkiesing glad verloop.

медсправка форма 086-уФільчаков прокурор

Mandela stem vir Cope

Cope se leiers is oortuig daarvan dat Nelson Mandela vir hulle gestem het, het dié party se Johannesburgse burgemeesterskandidaat Woensdag gesê.

“Mandela het vir Cope gestem. Ek is oortuig daarvan,” het Preddy Mothopeng in ‘n SMS aan die nuusagentskap Sapa gesê.

“Vir die eerste keer in sy politieke loopbaan het hy ‘n geheime stem uitgebring, en sy stemaankondiging verander.”

Volgens Mothopeng het Mandela vir sy party gestem omdat die party se leier, Mosiuoa Lekota, steeds die saak waarin hulle albei glo “dien”.

free pokerлобановский депутат

DA baat by wegblystem, media-ondersteuning

Die Demokratiese Alliansie het gister by die wegblystem van swart kiesers gebaat, asook die media-ondersteuning van die groot mediagroepe wat voor die verkiesing intense blootstelling aan Helen Zille en haar span gegee het.

In hierdie vroeë stadium van die verklaarde verkiesingsdistrikte, het die ANC 55,7% behaal, die DA 31,7%, Cope 3% en die IVP 2%. Die enigste Afrikaanse party in die verkiesing, die VF Plus, het ongeveer 1% van stemme op hom verenig.

In die Wes-Kaap het die DA tot dusver 65% ven getelde stemme verwerf en blyk die party die duidelikste wenner te wees.

Volgens die hoofverkiesingsbemapte van die OVK, Pansy Tlakula, is die stempersentasie ongeveer 40%, teenoor die vorige plaaslike verkiesing se 48%. Hierdie syfer versluier egter plaaslike en rassepatrone, want in swart gebiede is ‘n laer deelname as in die blanke gebiede opgemerk. In die Johannesburgse stemdistrik Dainfern College in wyk 94 is ‘n ongehoorde 90% stempersentasie aangeteken in ‘n gebied wat oorwegend vir die DA gestem het. By vele verkiesingstoue in Gauteng waar voorheen gelyke hoeveelhede blanke en swart kiesers teenwoordig was, is oorwegend blanke kiesers opgemerk, wat die vermoede laat ontstaan dat die grootskaalse media-aandag aan die verkiesing blanke en ander minderheidskiesers in groot getalle laat opruk het, terwyl swart kiesers meer apaties gestaan het.

Voorspellings deur mnr. Jan-Jan Jou Joubert en ander kommentators van Naspers dat die VF Plus as party in hierdie verkiesing sou verwdyn, is nie bewaarheid nie. Om 4.30 vanoggend het die VF Plus 1,5 persent van die stemme in Gauteng op hom verenig, teenoor die DA se bykans 40 persent. Ook die VF Plus baat by die laer stempersentasie in swart gebiede en het dus sy persentasie van die totale stemme opgestoot.

Ander kleiner partye soos Cope, die IVP en ACDP het meesal steun ingeboet.

Die ANC het by monde van sy woordvoerder Fikile Mbalula verklaar dat die party nie deur die intense veldtog vooraf gesteur is nie. “Ons is nie bang nie, ons is eintlik tevrede dat die ander partye hul veldtog op hierdie wyse gevoer het. Dis in ons bloed, ons is gewoond daaraan, dis in ons DNS. Wat ons kan sê, is dat ons vol vertroue na ‘n oorweldigende oorwinning uitsien,” het Mbalula gesê.

бак вФильчаков Александр Васильевич

DA gebruik swart liedjie wat hulle eers ‘idioties’ genoem het

Musikant Sello Twala, wat eers deur die DA as ‘n “idioot” beskryf is vir sy liedjie “Vulindlela”, se einste liedjie word deesdae vir die DA ingespan.

Die DA het sy lied “Vulindlela” tydens vanjaar se aanloop tot die plaaslike verkiesings gespeel by hulle saamtrekke. Twala is egter hoogs ontstoke aangesien dit sonder sy medewete geskied.

DA-leier Helen Zille se berugte dansery op die bekende wysie waar sy probeer om swart mense se danspassies te oortref, is reeds die onderwerp van ‘n nasionale draakstekery.

Twala het aan die Sunday Times gesê sy regsverteenwoordigers ondersoek tans beeldmateriaal van die DA se openbare vergaderings waar die lied aanhoudend gespeel word. Hy oorweeg nou regstappe teen die DA.

Twala sê: “Ek wil hê die DA moet ophou om my te lied sing om stemme te werf. Ek assosieer nie my werk met die DA nie. Ek is nie ‘n vriend van die DA nie.”

Twala se lied is opgedra aan die oorlede popster Brenda Fassie.

Twala het in 1994 ‘n ANC-lied gekomponeer waarin Jesus mense aanmoedig om vir die ANC te stem.

промышленный светильникДанильченко Юрий прокурор

Oneerlike kandidate sal uitgegooi word – Zuma

Die ANC het gemeenskappe geloof vir hulle keuses van kandidate omdat demokrasie daardeur versterk kan word, het President Jacob Zuma Sondag gesê.

“Die verantwoordbaarheid van ons openbare verteenwoordigers moet verbeter word. Die deursigtigheid van ons prosesse moet verhoog word,” het hy aan duisende ANC-ondersteuners by die party se finale verkiesingsaamtrek in die FNB-stadion gesê.

“Daardeur is die keuses vir ANC-kandidate baie beter. Die mense het kandidate met integriteit na vore gebring, wat daartoe in staat is om beter gemeenskappe te bou.

Zuma het toegegee dat daar probleme in sommige gebiede was en het gesê dit sal opgelos word.

“Ons het hard gewerk om hierdie probleme aan te spreek en te verseker dat die mense wat in ons plaaslike-, distriks- en metropool-munisipaliteite dien, dié is wat werklik gekies is met die deelname van die gemeenskappe.”

Hy het beklemtoon dat ‘n ANC-taakspan kwessies soos kandidate wat dmv oneerlikheid tot lyskandidate gevorder het, ná Woensdag se verkiesing sal ondersoek.

Betogings het vroeër landwyd uitgebreek weens probleme met dié lyste.

Zuma het ook klem geplaas op die vordering wat die ANC sedert 1994 gemaak het, maar het erken dat meer gedoen moet word.

Hy het gesê die ANC is die party wat die beste geplaas is om die ongelykhede wat die land steeds teister, in terme van behuising en armoede, reg te stel.

Zuma het ná sy toespraak na die verhoog teruggekeer om sy kenmerkende lied, Umshini Wam, te sing.

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het neffens hom gedans.

free bonus slotsФильчаков прокурор харькова

Medupi-kragstasie in chaos gedompel

‘n Ingeligte bron het aan ‘n internetwebwerf vertel wat werklik by die twee Eskomkragstasies, wat nog in aanbou is, gebeur het. Die media verswyg die gebeure en hou die publiek skaamteloos oningelig, volgens werknemers.
By die Kusile-kragstasie in Mpumalanga naby Witbank, het die swart werkers Dinsdag 3 Mei 2011 begin staak oor dinge waaroor hulle ontevrede was, hulle is in kennis gestel dat die staking onwettig is en dat hulle moet terugkeer werk toe.

Die swartes het toe op Vrydag 6 Mei 2011 weer by die werk aangemeld, maar toe verneem dat die stelsel “geen werk, geen betaling” (no work no pay) van toepassing is. Hulle was toe ontevrede omdat hulle nie vergoeding sou kry vir die dae wat hulle gestaak het nie. Die situasie het onmiddelik handuit geruk en die swartes het begin plunder, twee van die konstruksiefirmas by die kragstasie se kantore is afgebrand, so ook ‘n reuse-mobiele kraan en verskeie voertuie, talle ander voertuie is deur die woedende swartes erg beskadig.

Volgens die Hoofbestuurder van Eskom, Brian Dames is die skade in daardie stadium beraam op R60 miljoen. Vanoggend 10 Mei 2011 het chaos ook uitgebreek op die Medupi-kragstasie op Ellisras, wat ook nog in aanbou is, toe die 15 000 werkers daar ter ondersteuning van die swartes by Kusile-kragstasie tot geweld oorgegaan het.

Binne enkele minute is die kantoorgeboue, mobiele krane en twee voertuie van Kentz-konstruksie op Medupi aan die brand gesteek; voertuie op hulle dakke omgerol en verskei bakkies en karre se ruite uitgeslaan.

In een stadium was daar 5 brandweerwaens op Medupi, met nog op pad, dit het gewemel van polisie, maar onder die omstandighede kon hulle seker nie veel meer doen as om handtekeninge te vra nie.

In die loop van die oggend het 6 ambulanse en 3 noodvoertuie by die kragstasie opgedaag. Swartes wat nie aan die geweld wou deelneem nie, is aangeval, en van hulle het soos besetenes by die hekke uitgevlug, die vlaktes in, nog met die gereedskap in die hand waarmee hulle besig was, ander het op voertuie en waterkarre geklim net om uit die kragstasie te kom. Die skade hier kan soveel as R100 miljoen of meer beloop.

Teen vroegmiddag het die polisie die ingange na Ellisras afgesper en bewaak, aangesien hordes swartes op pad is dorp was om die blanke werkers van Kentz aan te val in die wooneenhede wat deur Kentz gehuur word.

Alle blankes in Kentz se diens, waarvan my broer een is, het opdrag ontvang om met hulle Kentz-werknemerkaarte hulle voertuie op Kentz se rekening vol brandstof te maak en onmiddelik die dorp te verlaat. Volgens Kentz se topbestuur sal Medupi om veiligheidsredes gesluit wees tot na die verkiesing.

Kyk mens na die verloop van gebeure, is dit duidelik dat daar geen begrip is nie, maar net opgehoopte haat teen die blankes. Die regering kerm oor werkskepping, maar die wat werk het, wil nie werk nie, en vernietig alle strukture met hul optrede, hoe verder die konstruksiewerk aan Medupi vorder, hoe meer werkgeleenthede sal daar wees, maar mense besef dit nie.”

магазин игрыЛобановский