DA baat by wegblystem, media-ondersteuning

Die Demokratiese Alliansie het gister by die wegblystem van swart kiesers gebaat, asook die media-ondersteuning van die groot mediagroepe wat voor die verkiesing intense blootstelling aan Helen Zille en haar span gegee het.

In hierdie vroeë stadium van die verklaarde verkiesingsdistrikte, het die ANC 55,7% behaal, die DA 31,7%, Cope 3% en die IVP 2%. Die enigste Afrikaanse party in die verkiesing, die VF Plus, het ongeveer 1% van stemme op hom verenig.

In die Wes-Kaap het die DA tot dusver 65% ven getelde stemme verwerf en blyk die party die duidelikste wenner te wees.

Volgens die hoofverkiesingsbemapte van die OVK, Pansy Tlakula, is die stempersentasie ongeveer 40%, teenoor die vorige plaaslike verkiesing se 48%. Hierdie syfer versluier egter plaaslike en rassepatrone, want in swart gebiede is ‘n laer deelname as in die blanke gebiede opgemerk. In die Johannesburgse stemdistrik Dainfern College in wyk 94 is ‘n ongehoorde 90% stempersentasie aangeteken in ‘n gebied wat oorwegend vir die DA gestem het. By vele verkiesingstoue in Gauteng waar voorheen gelyke hoeveelhede blanke en swart kiesers teenwoordig was, is oorwegend blanke kiesers opgemerk, wat die vermoede laat ontstaan dat die grootskaalse media-aandag aan die verkiesing blanke en ander minderheidskiesers in groot getalle laat opruk het, terwyl swart kiesers meer apaties gestaan het.

Voorspellings deur mnr. Jan-Jan Jou Joubert en ander kommentators van Naspers dat die VF Plus as party in hierdie verkiesing sou verwdyn, is nie bewaarheid nie. Om 4.30 vanoggend het die VF Plus 1,5 persent van die stemme in Gauteng op hom verenig, teenoor die DA se bykans 40 persent. Ook die VF Plus baat by die laer stempersentasie in swart gebiede en het dus sy persentasie van die totale stemme opgestoot.

Ander kleiner partye soos Cope, die IVP en ACDP het meesal steun ingeboet.

Die ANC het by monde van sy woordvoerder Fikile Mbalula verklaar dat die party nie deur die intense veldtog vooraf gesteur is nie. “Ons is nie bang nie, ons is eintlik tevrede dat die ander partye hul veldtog op hierdie wyse gevoer het. Dis in ons bloed, ons is gewoond daaraan, dis in ons DNS. Wat ons kan sê, is dat ons vol vertroue na ‘n oorweldigende oorwinning uitsien,” het Mbalula gesê.

бак вФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae