Cope se leiers is oortuig daarvan dat Nelson Mandela vir hulle gestem het, het dié party se Johannesburgse burgemeesterskandidaat Woensdag gesê.
“Mandela het vir Cope gestem. Ek is oortuig daarvan,” het Preddy Mothopeng in ‘n SMS aan die nuusagentskap Sapa gesê.
“Vir die eerste keer in sy politieke loopbaan het hy ‘n geheime stem uitgebring, en sy stemaankondiging verander.”
Volgens Mothopeng het Mandela vir sy party gestem omdat die party se leier, Mosiuoa Lekota, steeds die saak waarin hulle albei glo “dien”.
