Die nasionale polisiekommissaris, genl. Bheki Cele, het gesê slegs 14 mense regoor die land is in hegtenis geneem vir verkiesingverwante oortredings, berig die SABC.
Dit sluit vyf mense in wat in hegtenis geneem is vir die mislukte sluipmoordpoging op ‘n ANC-kandidaat in Durban.
Volgens Cele het die meerderheid van dié wat in hegtenis geneem is, inbreuk gemaak op verkiesingverrigtinge en en die gang daarvan ontwrig.
Twee groepe, onderskeidelik van die ANC en Cope, het ook in Mokwallo, Vredefort, gebots. Die polisie en die OVK het egter tussenbeide getree.
Die OVK het gesê ten spyte van enkele haakplekke het die verkiesing glad verloop.
