Dominique Strauss-Kahn, hoof van die Internasionale Monetêre Fonds wat in New York in hegtenis geneem is vir beweerde seksuele aanranding, sal Donderdagoggend vir borg aansoek doen.
Strauss-Kahn het glo ‘n swart vrou van 32 uit Wes-Afrika wat werksaam is as skoonmaker by die luukse hotel, Sofitel Hotel, waar hy tuisgegaan het, gedwing om orale seks met hom te hê.
Gerugte dat die swart hotelwerker MIV-positief is, doen tans die rondte, nadat daar vasgestel is dat sy in ‘n Bronxwoonstel uitsluitlik vir volwassenes met MIV of vigs woon.
Maar haar prokureur Jeffrey Shapiro het gister gesê dat sy nie HIV het nie, en die woonstel dmv onderverhuring bekom het.
‘n Spesiale aansoek namens Strauss-Kahn kan beteken dat hy teen Donderdag uit die gevangenis kan wees op borgtog van $1 miljoen as hy onderneem om homself aan elektroniese monitering in New York City te onderwerp.
Twee wetstoepassingsbeamptes het op voorwaarde van anonimiteit aan Associated Press gesê dat ondersoekers ‘n stuk van die hotelkamer se tapyt forensiese ontleed.
Die amptenare sê die mat bevat semen van waar die hotelwerker gespoeg het nadat Strauss-Kahn haar gedwing het om orale seks met hom te hê.
