Kaapstad se krag af

Die elektrisiteitstoevoer sal Dinsdag in Kaapstad onderbreek word om toerusting by ‘n substasie in Seepunt te vervang, het die stad Vrydag gesê.

Dié onderbreking sal vanaf 08:30 tot 17:00 duur.

Die gebiede wat geraak word is: Ocean View-rylaan, Rhineweg, Antwerpweg, Nelsonweg, Firmountweg, Oldfieldweg, Doverweg, High Levelweg, Calaisweg en Battery-singel.

“Inwoners word versoek om alle elektrisiteitsinstallasies in dié tydsduur as lewendig te beskou, omdat die elektrisiteitstoevoer sonder kennisgewing herstel sal word,” het die stad gesê.

Navrae kan gerig word aan 0800 220 440.

holidaysАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae