Die voorsitter van die ANC in Nelson Mandelabaai, Nceba Faku, het Donderdagaand meer as 100 partylede aangemoedig om die Herald-koerant se kantore af te brand terwyl hy sy party se verkiesingsoorwinning buite Port Elizabeth se stadsaal gevier het.
Volgens die Herald het ‘n seniorwoordvoerder van die party die ANC “byna onmiddellik” gedistansieer van die uitlating, en gevra vir politiese volwassenheid by partyleiers.
Faku, wat by die ingang van die stadsaal gestaan het met ‘n ANC-vlag op sy skouer, het gesê die party het ‘n “belangrike stryd tussen die ANC en die media” gewen.
“Die primêre stryd van die ANC is met die media, veral die Herald, in hierdie streek,” het Faku volgens die koerant gesê.
“Weg met wit politieke partye, weg. Weg met diegene wat vir wit politieke partye stem, weg.”
Die ANC het beheer oor die Nelson Mandelabaai-metropool behou met 51.9% van die stemme.
