Oneerlike kandidate sal uitgegooi word – Zuma

Die ANC het gemeenskappe geloof vir hulle keuses van kandidate omdat demokrasie daardeur versterk kan word, het President Jacob Zuma Sondag gesê.

“Die verantwoordbaarheid van ons openbare verteenwoordigers moet verbeter word. Die deursigtigheid van ons prosesse moet verhoog word,” het hy aan duisende ANC-ondersteuners by die party se finale verkiesingsaamtrek in die FNB-stadion gesê.

“Daardeur is die keuses vir ANC-kandidate baie beter. Die mense het kandidate met integriteit na vore gebring, wat daartoe in staat is om beter gemeenskappe te bou.

Zuma het toegegee dat daar probleme in sommige gebiede was en het gesê dit sal opgelos word.

“Ons het hard gewerk om hierdie probleme aan te spreek en te verseker dat die mense wat in ons plaaslike-, distriks- en metropool-munisipaliteite dien, dié is wat werklik gekies is met die deelname van die gemeenskappe.”

Hy het beklemtoon dat ‘n ANC-taakspan kwessies soos kandidate wat dmv oneerlikheid tot lyskandidate gevorder het, ná Woensdag se verkiesing sal ondersoek.

Betogings het vroeër landwyd uitgebreek weens probleme met dié lyste.

Zuma het ook klem geplaas op die vordering wat die ANC sedert 1994 gemaak het, maar het erken dat meer gedoen moet word.

Hy het gesê die ANC is die party wat die beste geplaas is om die ongelykhede wat die land steeds teister, in terme van behuising en armoede, reg te stel.

Zuma het ná sy toespraak na die verhoog teruggekeer om sy kenmerkende lied, Umshini Wam, te sing.

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het neffens hom gedans.

free bonus slotsФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae