Sergei Lawrof, die Russiese minister van buitelandse sake, het Navo se optrede in Libië veroordeel en sê dat vegvliegtuie van die alliansie, in teenstelling met die reëls van die Verenigde Nasies, besig is om burgerlike teikens aan te val.
“Daar is te veel oortredings van die VN-Veiligheidsraad se resolusie,” het Lawrof gesê. “Dit is heeltemal onaanvaarbaar.”
Navo het in die afgelope paar weke sy lugveldtog teen militêre magte van Muammar Gaddafi opgeskerp.
Die lugaanvalle, wat in Maart begin het, is veronderstel om te verhoed dat regeringsmagte burgers aanval en vermoor.
Navo het sedertien begin om Libiese regeringsgeboue en geboue waar wapens gestoor word te teiken.
