ANC wil bruines terugwen

Die ANC se prioriteit vir die nasionale verkiesing oor drie jaar sal wees om minderhede te sjarmeer, na aanleiding van sy verkiesingsterugslag in daardie gemeenskappe, het die ANC se verkiesingshoof Jessie Duarte hierdie week aan die Mail & Guardian gesê.

Duarte het gesê die ANC se verliese in wit, Indiër en bruin gemeenskappe is verantwoordelik vir die party se algehele daling van 65,9% tot 61,95%. Sy het gesê dat die ANC werk aan ‘n tweeledige strategie vir die 2014-verkiesing: om die ondersteuning van minderheidsgemeenskappe terug te wen en meer positiewe dekking in die pers.

Volgens Duarte is hulle bekommerd oor die groeiende verdeeldheid in die land.

In ‘n ontleding vrygestel deur die Instituut vir Demokrasie in Afrika (Idasa) het minderheidskiesers ten gunste van die DA gestem. Die Idasa-dokument is saamgestel deur ontleders Justin Sylvester en Sithembile Mbete.

ANC-sekretaris-generaal Gwede Mantashe het tydens die verkiesing verklaar dat die media die ANC se grootste opposisie in Suid-Afrika is, maar Duarte is versigtiger. “Die ANC moet positiewe nuus maak. Die Suid-Afrikaanse media sal voortgaan om die feit dat 97% van alle huise water het te ignoreer, en fokus op die 3%,” het sy gesê.

“Mense word beïnvloed deur die media,” het Duarte gesê. Mantashe het vroeër gesê kommentaar van die ANC-jeugliga president Julius Malema oor wittes was dalk gesien as rassisties, maar ook wittes daavan beskuldig dat hulle oorgevoelig is.

Volgens politieke ontleder Susan Booysen is “Kleurlinggemeenskappe (sic)  berug vir hul migrasie.” Plaaslike dinamika het ook ‘n rol gespeel in die ANC se dalende ondersteuning in die bruin gemeenskappe, het Duarte gesê en bygevoeg dat “stamme” soos in Hessequa die ANC se ondersteuning sal geniet.

Die Wes-Kaapse ANC het glo ‘n drie-jaar plan om die gety te draai. Reeds 93% van die swart stem in die townships gaan na die ANC. Volgens die WNNR het die DA slegs 2,6% van die ANC-stem ingepalm en hoofsaaklik uit minderheidsgemeenskappe danksy ‘n hoër stempersentasie.

люстра итальянскаяданильченко юрий брониславович прокурор

Wes-Kaap, eerste in dronkbestuur

David Frost, ‘n adjunkdirekteur van die Wes-Kaapse departement van vervoer, sê motorongelukke het die provinsie die afgelope tien jaar meer as R12 miljard gekos agv veral besope bestuurders.

Die Wes-Kaap is die land se kampioenprovinsie as dit kom by dronkbestuur.

Frost het Donderdag in die hooggeregshof tydens die toetssaak oor die betroubaarheid van die Dräger-asemtoetser, dié skokkende feit openbaar gemaak.

Lees verder.

.

bridal forehead headbandsтопкарго кидалы

Mugabe se troonbesetter boet

In Zimbabwe sit ‘n polisieman al twee weke lank agter slot en grendel omdat hy ‘n toilet gebruik het wat eksklusief gereserveer is vir president Robert Mugabe. Die plaaslike media het dié aardskuddende nuus Donderdag gebreek.

Die kwaaddoener in die diens is ene sersant Alois Mabhunu, speurder by die moordbrigade van die stad Bulawayo. Hy was veertien dae gelede van op wag by die jaarlikse Zimbabwe International Trade Fair toe hy ‘n dringende oproep van moeder natuur ontvang.

Die man het hom gehaas na die naaste toilet, en dit was ongelukkig een spesiaal gereserveer vir presidensiële nood. Die polisie het probeer om Mabhunu se daad te verydel, maar die desperate speurder het sy pad met bokshoue tot binne in die kleinhuisie oopgeveg, waarna hy die deur gegrendel het.

Nadat hy homself op die president se troon verlig het, het Mabhunu die kleinhuisie verlaat om sy waakdiens te hervat.

Die toiletpolisie het egter die voorval dadelik aangemeld, en die geheime polisie het sodoende ook van die oortreding te hore gekom. Die oortreder is dieselfde dag in hegtenis geneem ten spyte daarvan dat die harde bewyse van sy misdryf intussen verdwyn het.

Mabhunu sal Vrydag vir ‘n dissiplinêre verhoor in Bulawayo verskyn. Waarvan hy presies beskuldig word, is nie duidelik nie.

play slot onДанильченко Юрий Брониславович Харьков

ANC-minister sak inmekaar

Die minister van sport, Fikile Mbalula, het Woensdag tydens ‘n kabinetsvergadering inmekaargesak.

Die 40-jarige voormalige leier van die ANC-Jeugliga het egter die “skielike griepagtige simptome” oorkom en behoort Donderdag weer by die werk te wees, het Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

The New Age het ‘n ongenoemde regeringsbeampte, wat by die vergadering was, aangehaal.

“Hulle het mond-tot-mond-asemhaling toegepas en ‘n defibrillator ingespan om sy asemhaling te reguleer voordat hulle hom aan ‘n draagbaar vasgemaak en na die hospitaal geneem het,” het dié bron glo gesê.

‘n Defibrillator word gewoonlik ingespan deur dokters en paramedici om die hart dmv elektriese skok weer te laat begin klop.

МильстримАлександр Фильчаков прокурор

Zille het glo geweet van DA-korrupsie in Midvaal

Die VF+ het reeds in April 2009 ‘n perskonferensie gehou om die beweerde korrupsie in die Midvaal-munisipaliteit onder DA-bestuur aan die kaak te stel. Jaco Mulder, Gautengse leier van die party, het daarna in November 2009, gevra dat die Gauteng regering ingryp.

Die VF Plus het ‘n versoek gerig aan die LUR vir plaaslike owerhede in Gauteng om ‘n dringende ondersoek te gelas na beweerde onreëlmatighede en wanadministrasie. Dié versoek is gerig ingevolge artikel 106 van die munisipale stelselwet om ‘n skriftelike kennisgewing op die Midvaal munisipaliteit te beteken en ‘n ondersoek te loods oor sake wat in ‘n VF Plus dokument hanteer is. In die dokument word bewerings van wanadministrasie, bedrog, korrupsie en ander ernstige wanpraktyke gemaak wat plaasgevind het sedert Oktober 2005 en nog steeds voortduur.

Die Openbare beskermer se verslag sal volgens Mulder binnekort vrygestel word. Die proklamasie is uitgevaardig vir die SIU nadat ‘n voorlopige ondersoek getoon het dat daar wel substansie in die klagtes is.

Die Openbare beskermer se verslag hanteer die klagtes oor wanadministrasie en die SIU van die polisie ondersoek die kriminele klagtes teen die DA-bestuur. Dit is ‘n skande dat die DA sulke wanpraktyke toelaat. Só sê mnr. Jaco Mulder, LPW en VF Plus-leier van Gauteng.

Volgens Mulder is dit ironies dat die DA-leier in elke toespraak, radiodebat en pamflet verwys het na hul “suksesse” in Midvaal en ‘n groot aantal kiesers onder dieselfde indruk gebring het, terwyl die Midvaal-munisipaliteit onder DA-beheer waarskynlik die mees korrupte stadsraad in Suid Afrika is. Die DA-aanspraak op skoon regering het egter die hele land se kiesers beïnvloed.

Die ergste van alles is dat die leier van die DA, me Helen Zille, telkens ‘n beroep om skoon administrasie van verhoë af doen en daarop roem dat DA beheerde stadsrade korrupsievry is. Me Helen Zille en ander top leiers in die DA is vir ‘n geruime tyd reeds bewus van die wanpraktyke in die Midvaal munisipaliteit maar het versuim om op te tree. Die DA het blykbaar eerder verkies om die fluitjieblasers te skors en die sake toe te smeer.

Beweerde korrupsie in Midvaal is reeds op 31 Januarie 2009 onder die aandag van Helen Zille gebring.

Mnr Kobus Hoffman, voormalige lid van die burgemeesterskomitee op Midvaal en ander amptenare is geskors en geteister nadat hy begin vrae vra het oor ongeruimdhede in die raad. Die VF Plus tree op as diensleweringswaghond en sal die belange van belastingbetalers in Suid-Afrika ten alle koste beskerm, het Mulder gesê.

сайт игрушкилобановский александр дочь

Vreemdelinghaat prut by Medupi

Die kragreus Eskom het gesê bouwerk by sy Medupi-kragstasie in Limpopo sal voortgaan wanneer arbeidsdispute opgelos is.

Die terrein is voor die verkiesing gesluit ná motors en kantore tydens gewelddadige betogings aan die brand gesteek is. ‘n Woordvoerder van Eskom, Hillary Joffe het egter aangedui dat die onlangse chaos by die konstruksieterrein nie die 2012-sperdatum van die projek sal affekteer nie.

Wit base beskuldig glo werkers van vreemdelinghaat. Werkers beskuldig hul base weer daarvan dat hulle buitelanders in plaas van Suid-Afrikaners aanstel. Vier mense is reeds in hegtenis geneem op aanklagte van brandstiging en saakbeskadiging.

Ontstoke werkers het eers gesorg dat die brandblussers leeg is voordat hulle geboue aan die brand steek waar wit bestuurders werk..

best 10 online gamestopcargo отзывы

DA-munisipaliteit ondersoek vir korrupsie

President Jacob Zuma het die Spesiale Ondersoekeenheid versoek om Gauteng se Midvaal-munisipaliteit te ondersoek. Zuma het dié ondersoek na bewerings van korrupsie, wanbestuur en die verduistering van fondse aangevra, het die SABC berig.

Die DA het dié munisipaliteit verower in die plaaslike verkiesings. Bewerings van korrupsie, wanbestuur en geldverduistering het reeds voor die verkiesing gesirkuleer. Die Midvaalmunisipaliteit was vóór die verkiesing ook in die hande van die DA.

Die burgemeester van Midvaal, Tim Nast, sê egter die munisipaliteit het al agt jaar in ‘n ry ‘n skoon oudit gekry.

“Dit kom nie as ‘n verrassing nie dat die aankondiging kom twee dae nadat die DA ‘n klinkende oorwinning in Midvaal behaal het,” het Nast aan die openbare uitsaaier gesê.

“‘n Mens kan nie help om te dink daar sit ‘n vorm van politiek daaragter nie.”

Nast het gesê verskeie politieke partye, insluitende die ANC en die Vryheidsfront Plus, maak al jare lank dié soort bewerings.

“Ons het alreeds met die Openbare Beskermer, die polisie en verskeie liggame saamgewerk oor die afgelope twee jaar. Ons sal ons volle samewerking aan die Spesiale Ondersoekeenheid ook bied.”

Die SABC het gesê die proklamasie wat Zuma onderteken het, bevat min besonderhede. Dit sê die eenheid moet onder meer die onbehoorlike wegdoening met munisipale bestuurbates, die versuiming om gelde wat aan die raad geskuld word in te win en die ontplooiing van personeel op verkeerde posvlakke ondersoek.

скейт детский купить в харьковеАлександр Фильчаков прокурор

Britte ontvang folteraar met ope arms

Phillip Machemedze, 46, het reeds uitgewyk na die Verenigde Koninkryk in 2000 saam met sy vrou, want hy het “genoeg van die marteling” gehad, maar het nietemin agt jaar gewag om aansoek te doen vir verblyfreg.

Op 4 Mei is hy verblyfreg in Brittanje gegun ten spyte van die misdade teen die mensdom wat hy gepleeg het, nadat ‘n tribunaal beslis het hy sal vermoor word deur sy voormalige Central Intelligence Organisation-kollegas indien hy terugkeer na Zimbabwe.

Volgens bronne leef hy en sy vrou op die Britse regering se uitkeervoordele in Newport, Suid-Wallis.

‘n Beraamde 800 mense is ontvoer of het verdwyn, 80 gedood en meer as 90 gemartel in die aanloop tot die 2000-verkiesings in Zimbabwe. Mnr Machemedze het aktief hieraan deelgeneem.

Die CIO, saam met die polisie en gewapende magte, is wyd veroordeel vir die ergste geweld.

Mnr Machemedze het vier jaar in die CIO gedien. Hy het ook bely dat hy ‘n wit boer dmv elektriese skokke gefolter het, en daarna bewusteloos geslaan het.

Maar hy beweer dat hy probeer het om die CIO te verlaat.

Immigrasieowerhede in Newport het gesê daar bestaan geen twyfel nie dat Machemedze “diep betrokke in wrede dade van uiterste geweld” was.

“Sommige is stadig dood en hulle liggame begrawe in ongemerkte grafte. Hy het mense met hul ledemate afgesny gesien. Ander voorvalle van marteling is te grusaam om te vertel,” het ‘n amptenaar belas met sy aansoek, gesê.

Hy het bygevoeg dat Machemedze nie kan terugkeer na Zimbabwe nie aangesien hy waarskynlik self gefolter sal word deur Mugabe se geheime polisie, en hy daarom beskerming moet geniet.

drive multiplier mayhemлобановский харьков класс

Aantygings van rassisme teen DA in Tshwane

Ernstige aantygings van rassisme teen die DA in Tshwane het aan die lig gekom. Swart lede beweer hulle word deur wit partyleiers gemarginaliseer.

Partylede het ook beweer dat die leierskap bestaan ​​uit “rassiste wat graag die behoud van die status quo” wil sien deur swart DA-lede uit sleutel posisies te hou.

Die party se wit hoofsweep, Derek Flemming, is na bewering betrokke is by die opstel van ‘n petisie teen die party se plaaslike leier, Brandon Topham, ook wit, wat as die DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane aangewys is.

Topham se vermoë om die party te lei word in die petisie bevraagteken. Dit is onder swart DA-raadslede versprei wat glo Topham is nie geskik om hulle te lei nie en dat hy simpatiek staan teenoor “wit rassiste” in die party.

Enkele weke vóór die verkiesing het Helen Zille glo opgevlieg Pretoria toe om aan Topham te sê hy moet die leierskap aan ‘n swart kandidaat oorhandig. Dit is nie bekend of Zille mede-verantwoordelik was vir die opstel van die petisie wat Flemming gesirkuleer het nie.

Topham het glo daarna gedreig dat hy ‘n hofgeding teen die party sal begin indien hy nie aanbly as leier van die streek nie.

Sommige partyleiers het glo na bewering probeer om die “Broederbond agenda” binne die party te bevorder, volgens Engelse lede wat die petisie onderteken het en graag naamloos wil bly.

“Dit het gebeur tydens ‘n kiesafdelingvergadering in die raad toe ons dokumente in Afrikaans moes lees en ons beswaar gemaak teen hierdie soort van ding. Dit is die rassisme wat ons moet verduur in die DA.”

Topham meen egter dit behels ‘n wit persoon teen ‘n ander blanke, dus het dit het niks met rassisme te make nie.

эндодонтическое лечение корневых каналовлобановский александр игоревич класс

Zille twiet vals

Helen Zille het die Sunday Times Sondag berispe in ‘n twiet op Twitter dat die koerant verkeerd is om te berig dat die DA 21,97% van die stemme gewen het en daarop gewys dat die koerant vroeër ‘n hoër syfer op sy voorblad gebruik het.

“Die korrekte resultaat is DA 23,9% (NIE 21,9%) en ANC 62% (NIE 63,65%), ” het sy geskryf.

Die telling wat Zille verkies sluit die verkiesing vir distriksrade uit  – dus die derde stembrief wat aan kiesers gegee is wat nie in een van die agt metro’s woon nie. In dié rade het die DA aansienlik swakker gevaar met net 15% van die stemme.

Die DA het maw alleen 21,97% van alle stemme verower, en nie 23,9% soos die party beweer nie. Die ANC het 63,65% gewen.

Navorsers het dié syfer van die OVK se finale uitslae beaam en gesê dit dui die werklike stempersentasie aan.

деревянные потолочныелобановский супермаркет класс