Partylede het ook beweer dat die leierskap bestaan uit “rassiste wat graag die behoud van die status quo” wil sien deur swart DA-lede uit sleutel posisies te hou.
Die party se wit hoofsweep, Derek Flemming, is na bewering betrokke is by die opstel van ‘n petisie teen die party se plaaslike leier, Brandon Topham, ook wit, wat as die DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane aangewys is.
Topham se vermoë om die party te lei word in die petisie bevraagteken. Dit is onder swart DA-raadslede versprei wat glo Topham is nie geskik om hulle te lei nie en dat hy simpatiek staan teenoor “wit rassiste” in die party.
Enkele weke vóór die verkiesing het Helen Zille glo opgevlieg Pretoria toe om aan Topham te sê hy moet die leierskap aan ‘n swart kandidaat oorhandig. Dit is nie bekend of Zille mede-verantwoordelik was vir die opstel van die petisie wat Flemming gesirkuleer het nie.
Topham het glo daarna gedreig dat hy ‘n hofgeding teen die party sal begin indien hy nie aanbly as leier van die streek nie.
Sommige partyleiers het glo na bewering probeer om die “Broederbond agenda” binne die party te bevorder, volgens Engelse lede wat die petisie onderteken het en graag naamloos wil bly.
“Dit het gebeur tydens ‘n kiesafdelingvergadering in die raad toe ons dokumente in Afrikaans moes lees en ons beswaar gemaak teen hierdie soort van ding. Dit is die rassisme wat ons moet verduur in die DA.”
Topham meen egter dit behels ‘n wit persoon teen ‘n ander blanke, dus het dit het niks met rassisme te make nie.
