DA-munisipaliteit ondersoek vir korrupsie

President Jacob Zuma het die Spesiale Ondersoekeenheid versoek om Gauteng se Midvaal-munisipaliteit te ondersoek. Zuma het dié ondersoek na bewerings van korrupsie, wanbestuur en die verduistering van fondse aangevra, het die SABC berig.

Die DA het dié munisipaliteit verower in die plaaslike verkiesings. Bewerings van korrupsie, wanbestuur en geldverduistering het reeds voor die verkiesing gesirkuleer. Die Midvaalmunisipaliteit was vóór die verkiesing ook in die hande van die DA.

Die burgemeester van Midvaal, Tim Nast, sê egter die munisipaliteit het al agt jaar in ‘n ry ‘n skoon oudit gekry.

“Dit kom nie as ‘n verrassing nie dat die aankondiging kom twee dae nadat die DA ‘n klinkende oorwinning in Midvaal behaal het,” het Nast aan die openbare uitsaaier gesê.

“‘n Mens kan nie help om te dink daar sit ‘n vorm van politiek daaragter nie.”

Nast het gesê verskeie politieke partye, insluitende die ANC en die Vryheidsfront Plus, maak al jare lank dié soort bewerings.

“Ons het alreeds met die Openbare Beskermer, die polisie en verskeie liggame saamgewerk oor die afgelope twee jaar. Ons sal ons volle samewerking aan die Spesiale Ondersoekeenheid ook bied.”

Die SABC het gesê die proklamasie wat Zuma onderteken het, bevat min besonderhede. Dit sê die eenheid moet onder meer die onbehoorlike wegdoening met munisipale bestuurbates, die versuiming om gelde wat aan die raad geskuld word in te win en die ontplooiing van personeel op verkeerde posvlakke ondersoek.

скейт детский купить в харьковеАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae