Verkragter word raadslid

‘n Veroordeelde verkragter is pas as ‘n stadsraadslid in Kopanong aangewys.

Die 33-jarige Phindile Decius Basholo is luidens amptelike dokumente en inligting van korrektiewe dienste op 25 November 1999 vir tien jaar tronk toe gestuur weens verkragting.

‘n Klag is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien oor sy aanstelling.

Lees verder.

розетка коляскиtopcargo отзывы сотрудников

Moetimoordopstande prut in Tlokweng

Altesaam 44 mense het in die Madikwe-landdroshof verskyn in verband met betogings in Tlokweng in Noordwes, het die polisie Dinsdag bekend gemaak.

Vyf-en-dertig volwassenes tussen die ouderdomme van 18 en 40 is op waarskuwing vrygelaat, het lt. kol. Lesego Metsi gesê.

Nege jeugdiges is gestuur vir assessering deur ‘n maatskaplike werker. Hulle sal in die toesig van hul ouers gelaat word.

Al 44 is aangekla van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Gewelddadige betogings het aan die einde van Mei opgevlam ná die beweerde rituele moord op Thabiso Moloi. Inwoners het op 29 Mei verwoesting begin saai ná die begrafnis van Moloi, wie se ontbindende lyk in die bosse gevind is.

Inwoners vermoed hy is vir moeti doodgemaak.

Busse wat mense werk toe vervoer het, is voorgekeer en skoolkinders is nie toegelaat om skool toe te gaan nie. ‘n Motor en ‘n huis – wat aan die eienaar van die sjebien waar Moloi laas gesien is, behoort het – is aan die brand gesteek en die eienaar is met die dood gedreig.

Van die drie mense wat tydens die betoging geskiet is, het twee gesterf. Die polisie monitor steeds die situasie.

Al die beskuldigdes verskyn weer Vrydag in die hof.

гольфыФильчаков прокуратура харьков

Man wat rower skiet, vas vir moord

‘n Vyf-en-dertigjarige huiseienaar is Dinsdag in Fordsburg, Johannesburg, vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy ‘n inbreker wat hom met ‘n pyp aangeval het, geskiet het.

Volgens ao. Xoli Mbele is die man omstreeks 10:00 in hegtenis geneem nadat hy die 30-jarige man, wat hom in sy huis met ‘n staalpyp aangeval het, geskiet het.

Volgens Mbele het vier mans by die eienaar se eiendom ingebreek. Twee mans het die huis binnegegaan en twee het buite gebly.

Die eienaar het die man wat hom na bewering aangeval het, in die onderlyf geskiet, waarna die man se makkers weggehardloop het. Die polisie, wat in die omgewing was op patrollie, het hulle glo na die huis gehaas nadat hulle die geweerskoot gehoor het.

Die beseerde man is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem. Hy is in hegtenis geneem vir huisbraak, diefstal en opsetlike saakbeskadiging.

“Die eienaar is vir poging tot moord in hegtenis geneem en beslag is op sy wapen gelê.”

Mbele het gesê die ondersoek duur voort en albei mans sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

civilization 2лобановский александр

Cele waarsku teen valse bomdreigemente

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Bheki Cele, het Dinsdag ‘n waarskuwing aan mense gerig wat die polisie kontak met valse bomdreigemente en wat onwettige plofstof gebruik.

“Enige individu wat opsetlik ‘n bomdreigement maak, sal vervolg word. Geen persoon is bo die wet verhewe nie, ook nie polisiebeamptes nie,” het Cele in dié verklaring gesê.

Kol. Tummi Shai het bygevoeg dat die bestuur in die polisie “ernstig bekommerd is oor die gebruik van plofstof in openbare plekke”.

Sy het ook gesê dit gee aanleiding tot verskeie valse bomdreigemente, wat mense traumatiseer en lei tot ‘n vermorsing van tyd en hulpbronne deur die polisie.

Sy het egter die versekering gegee dat die polisie sal aanhou om op bomdreigemente te reageer om openbare veiligheid te verseker. Hulle sal ook valse waarskuwings ondersoek om seker te maak dat oortreders vasgevat word.

“Verskeie verslae het onlangs die gereeldheid van valse bomdreigemente benadruk, asook die gebruik van onwettige plofstof, wat die berugte OTM-bomaanvalle insluit. Hierdie onwettige dade plaas die lewens van wetsgehoorsame burgers in gevaar.”

Sy het gesê die polisie verkeer ook in gevaar wanneer hulle OTM-bomaanvalle ondersoek, aangesien die oortreders gewoonlik swaar gewapen is.

справка 86у купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Ondersoek na wapenskandaal heropen

Die Valke wat in November verlede jaar sy ondersoek na die wapen­skandaal sonder verduideliking laat vaar het, het onderneem om dit te heropen.

Nuwe inligting van ‘n Sweedse verdedigingsmaatskappy, SAAB, het die Valke genoop om opnuut die regering se omstrede multimiljardrand-wapentransaksie onder die loep te neem.

Dié inligting is ook aan die hoofaanklaer van die nasionale teenkorrupsie-eenheid in Swede oorhandig.

Lt.genl. Anwar Dramat, hoof van die Suid-Afrikaanse Valke se ondersoekeenheid, het Maandag ‘n onderneming gegee dat die saak heropen sal word.

Hakan Buskhe, uitvoerende hoof van SAAB, het verlede week erken miljoene rande is aan omkoopgeld betaal om die kontrak te beklink om Gripen-vegvliegtuie aan die Suid-Afrikaanse regering te verkoop.

Buskhe ontken egter SAAB aandadig was. Hy het sy eertydse Britse vennoot, BAE Systems, daarvan beskuldig dat hulle sonder SAAB se medewete omkoopgeld betaal het. Die geld is glo aan mnr. Fana Hlongwana, ‘n adviseur van die destydse minister van verdediging, Joe Modise, oorbetaal.

Buskhe het op 16 Junie in ‘n verklaring gesê R24 miljoen is tussen 2003 en 2005 deur BAE aan Sanip Edms. Bpk. betaal. Volgens Buskhe is die omkoopgeld aan ‘n “Suid-Afrikaanse konsultant” in die vorm van “bonusse en salarisse” betaal.

 

 

 

купить шапку для мальчика 1 годАлександр Фильчаков прокурор

Michelle Obama kom struggle prys

Michelle Obama het laat Maandag in Pretoria aangekom vir haar eerste groot solo oorsese reis as Amerikaanse eerste dame. Sy besoek Suid-Afrika en Botswana.

Haar besoek kom direk na afloop van die ANC se Jeugligakongres waar ‘n duidelike verharding teen wit Suid-Afrikaners te bespeur was.

Obama het by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria vergesel deur haar dogters, Malia en Sasha, en haar ma, Marian Robinson, aangekom. Haar man, die Amerikaanse president Barack Obama, het nie saamgekom vir die reis wat fokus op jong vroueleiers en die anti-apartheidstryd nie.

Die eerste dame, geklee in ‘n formele rooi-en-swart baadjie en swart broek, is begroet deur die Suid-Afrikaanse minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika Donald Gips, sy vrou, Liz en drie seuns.

‘n Bos proteas is aan haar oorhandig en haar dogters het elk ‘n kombers, ontwerp soos die Suid-Afrikaanse vlag, ontvang.

Gips aan joernaliste gesê: “Ons is baie opgewonde … Dit wys die respek wat ons vir Suid-Afrika het.”

Obama sal ook die monument vir Hector Pieterson, ‘n 12-jarige wat tydens die Soweto-opstand in 1976 gesneuwel het, opsoek.

“Sy onderneem hierdie reis om te praat oor vroue se ontwikkeling en jeugontwikkeling, en Suid-Afrika is ‘n leier op daardie gebied, nie net op die vasteland nie, maar wêreldwyd,” sê Elizabeth Trudeau, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade in Pretoria.

Obama sal een van president Jacob Zuma se vroue, Nompumelelo Ntuli-Zuma, in Pretoria ontmoet, en daarna Johannesburg toe vertrek vir ‘n besoek aan die Nelson Mandela-stigting, saam met die voormalige president se vrou, Graca Machel.

Dinsdagmiddag, sal Obama ‘n dagsorgsentrum in Johannesburg besoek, asook die Apartheidmuseum.

Sy sal ook Kaapstad en die hoofstad Gaborone in Botswana besoek. In Kaapstad sal sy Desmond Tutu sien en ‘n safari-reis in Botswana onderneem.

Die Wit Huis het klem gelê op die belangrikheid van die Suid-Afrika se anti-apartheidsbeweging vir President Obama. Dit is volgens die verklaring die Amerikaanse president se grootste politieke belangstelling.

для диагностикилобановский александр

Jeugligabesluite ontketen storm

Besluite van die ANC-Jeugliga verander nié ANC-regeringsvlakbeleid nie, het die regerende party Maandagmiddag gesê. Dié Jeugligakongres, waar talle besluite geneem is, het Sondag geëindig.

“Ons wil dit onomwonde stel dat die ANCJL-besluite steeds dié van die Liga is en geen verandering maak aan ANC-beleid wat op regeringsvlak toegepas word nie,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die leier van die DA, Helen Zille, het op Twitter gesê dat sy Malema bloot beskou as die katalisator vir die politieke rigtingverandering wat Suid-Afrika nodig het.

Peter Bruce, die redakteur van die Business Day, het in ‘n hoofartikel gesê die linkse stroom in Suid-Afrika moet baie beter ondersteun word met meer befondsing en poste.

Die ANC-verklaring is uitgereik nadat landbou-unies Maandag ernstige kommer uitgespreek het oor Julius Malema, ANCJL-president, se uitsprake dat grond sonder vergoeding afgeneem sal word.

Mthembu het gesê uitsprake deur die ANCJL oor kwessies soos die nasionalisering van myne en grondhervorming maak deel uit van deurlopende gesprekke met die regerende party.

“Hierdie menings is reeds gelug op verskeie politieke platforms, wat verlede jaar se Algemene Nasionale Raadsvergadering in Durban insluit.”

Mthembu het gesê die ANC het die ANCJL as ‘n integrale deel van die ANC tot stand gebring en dat die liga as ‘n onafhanklike struktuur funsioneer.

Agri SA en die Transvaalse Landou-unie (TLU) het met woede gereageer op Malema se belofte om “grond sonder vergoeding te vat” en het gewaarsku dat daar ernstige gevolge vir voedselsekerheid en die vertroue van buitelandse beleggers kan wees.

Die Afrika-Boerevereniging van Suid-Afrika (Afasa), wat opkomende swart boere verteenwoordig, het gesê hulle wil saamwerk met die regering asook wit landbougroepe om werkskepping en voedselsekerheid te skep.

“Ons probeer ‘n weg vorentoe vind. ‘n Gemeenskaplike, verenigde stem van wit en swart boere. Ons wil na die regering gaan en met een stem en in een taal praat,” het Mike Mlengana, president van Afasa, gesê.

“Ons wil die ekonomie volhou, nie verwoes nie,” het Mlengana gesê.

Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, het gesê dit is waar dat grondhervorming nie op die oomblik werk nie.

“Nie vir die begunstigdes nie, nie vir die boere nie en nie vir die regering nie, maar niemand het die moed om op te staan en te sê dit is te wyte aan die swak manier waarop dit deur die departement van grondsake geïmplementeer is nie.

“Dit is nie die gewillige verkoper-deel wat gefaal het nie, dit is die gewillige koper-deel, omdat dit die werk van onbeholpe en onervare jongelinge is om die ooreenkomste te maak en grond te koop.”

Volgens De Jager is sowat 30 persent van die land se grond in die staat se hande.

“En dit is die mees onproduktiewe grond in ons land. Waarom wil hulle nou gaan mors met ‘n sektor in die ekonomie wat werk skep?”

Aggrey Mahanjana, voorsitter van die Nasionale Opkomende Rooivleis Produsente-organisasie, het gesê hy glo dit sal “heeltemal onregverdig” wees om grond sonder vergoeding te vat.

“Ons ondersteun nie dit nie. Ons glo steeds daar is baie maniere om grond terug aan die swart boere te gee sonder om werklik die huidige eienaars van grond, of hulle nou swart of wit is, skade te berokken.

“Ons glo nie ‘n boer moet sy grond oorhandig nie. Dit sal heeltemal onregverdig wees,” het Mahanjana gesê.

Hy het gesê hy het ‘n vergadering met die regering aangevra om Malema se uitsprake op dié konferensie – waar hy as leier herverkies is – te bespreek.

Derek Hanekom, adjunkminister van Wetenskap en Tegnologie, het Saterdag op Twitter gesê wat die Jeugliga ook al sê, die afneem van grond is nié ANC-beleid nie.

“Saam met baie ander, sal ek dit nooit ondersteun nie. Nooit nie.”

купить оборудование для автомойкитопкарго кидалы

Halssnoermoorde steek kop uit

Twee mans is Maandag in New Brighton, Port Elizabeth, mbv die halssnoermetode vermoor, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Die twee mans het doodgebrand nadat hulle na bewering by ‘n huis in die gebied ingebreek het, het ao. Dumile Gwavu gesê.

Daar is Sondagaand by dié huis ingebreek en een persoon is in die huis vermoor.

Gemeenskapslede het gesien hoe een van die mans klere dra wat aan die slagoffer behoort het, het Gwavu gesê. Inwoners het ook ‘n gesteelde televisie teruggevind.

Die “halssnoer”-moorde behels dat ‘n band wat in petrol geweek is rondom ‘n lewende persoon se borskas en arms geplaas en dan aan die brand gesteek word.

Dié wrede moorde was in die tagtigerjare een van die metodes waarmee die ANC vrees by hul eie swart ondersteuners ingeboesem het.

Winnie Madikizela-Mandela het destyds gedurende die vlaag wrede teregstellings wat die land geteister het, gesê Suid-Afrika sal bevry word deur vuurhoutjies en buitebande, verwysende na die halssnoermetode.

Die slagoffers is nog nie geïdentifiseer nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

to startтопкарго

Trollip-beledigings bemoeilik opposisiesamewerking

Mnr. Athol Trollip, DA-parlementêre leier, se snedige verwysings na die VF Plus in ’n e-pos wat per ongeluk uitgelek het, gee ’n vinnige blik op sy ware siening van die VF Plus. Sulke uitlatings bemoeilik samewerking tussen opposisiepartye in die parlement in ’n tyd waar samewerking teen ’n arrogante ANC meer as ooit nodig is.

Die VF Plus het sy regsverteenwoordigers gevra om na die e-pos te kyk en te bepaal tot watter mate dit haatspraak is.

Mnr. Trollip het in sy e-pos gereageer op mnr. Jaap Kelder, die voorsitter van die landswye nasionale belastingbetalersvereniging, wat toesprake oor grondhervorming van die VF Plus- en die DA-woordvoerders aan sy lede uitgestuur het.

In die e-pos skryf mnr. Trollip: “Please answer this A**hole once and for all, deal with the Afrikaner issue that he raises and tell him to stop masquerading as a rate payer organization especially if he is the reincarnation of the AWB, KP, FF+ , NAZI. Stuur die IDIOOT in sy moer in asseblief. Athol”.

In sy oomblik van woede het mnr. Trollip, as DA, se ware siening van Afrikaanssprekendes uitgeglip. Dit is jammer dat mnr. Trollip nie kans gesien het om die argumente wat gestel is, te beantwoord nie maar dat hy eerder verkies het om die individu persoonlik aan te val en te beledig.

Mnr. Trollip het gereageer op mnr. Pieter Groenewald, VF Plus-parlementslid en woordvoerder oor grondsake wat in sy toespraak uit ’n DA-toespraak aangehaal het om aan te toon dat die ANC en DA se doelstellings met grondhervorming presies dieselfde is.

In die gewraakte toespraak het die DA-woordvoerder op 7 Junie 2011 in die parlement oor grondhervorming gesê: “Now the ANC government’s aims may be similar to those of the DA (on land reform) but its state-centered approach and its failed policy implementation are vastly different.”

стоимость зубовАлександр Фильчаков прокурор

‘Apartheid het alle blankes rassisties gemaak’ – Malema

Wit kinders het grootgeword met die idee dat swart mense niks gesofistikeerds kan doen nie, het die ANC-jeugliga se president Julius Malema Donderdag gesê.

Tydens die voorlegging van sy politieke verslag aan die Jeugliga-konferensie in Midrand het hy gesê die eerste interaksie tussen ‘n wit kind met’ n swart persoon het geskied toe die swart persoon ‘n huiswerker of’ n tuinier was. Daar is na sulke mense as “‘n “jong” of “meid” verwys.

“Die tweede interaksie is wanneer ‘n wit kind ‘n swart persoon op ‘n straathoek teëkom wat bedel,” het hy gesê.

Hy het gesê die voormalige apartheidsregering het daarin geslaag om dié rassistiese ideologie binne die wit gemeenskap te kweek.

“Diegene wat by apartheid baat gevind het, maak beswaar as ons om regstellende aksie vra, hulle dink ons wil hulle van werksgeleenthede ontneem,” het hy gesê.

Oningeligte analise

Malema het ook die geleentheid gebruik om stellings dat die liga se “uitbarstings” blanke stemme van die ANC vervreem as ongegrond afgemaak.

“Dit is ‘n oningeligte analise,” het hy gesê.

Hy het verduidelik dat die Jeugliga dieselfde rol speel as wat gebruiklik was toe die liga deur Nelson Mandela gelei is.

“Die nasie praat oor die ekonomie omdat die Jeugliga daaroor praat,” het hy gesê.

Hy bevraagteken die rede waarom die meerderheid van die swart mense min grond besit, terwyl die meerderheid van die grond in die hande van die blanke minderheid verkeer.

Die 1948-brondokumente van die ANC-Jeugliga het verklaar dat grond ten gunste van die meerderheid herverdeel moet word.

“Die grondvraag moet opgelos moet word, indien nodig op die harde manier,” het hy gesê en sodoende die ANC-leier OR Tambo aangehaal.

Hy het gesê die ANC het probeer om vir die afgelope 17 jaar die grondkwessie deur die gewillige verkoper / gewillige koper -benadering aan te spreek, wat misluk het.

“Die enigste opsie is om die grond sonder vergoeding af te neem, as jy weier vir ons ‘n alternatief te verskaf,” het hy onder toejuiging van die afgevaardigdes gesê.

Malema het in die verslag ook beklemtoon dat ekonomiese geleenthede vir die jeug geskep moet word, dog sonder om die gehalte van die eindproduk te beïnvloed.

“Ekonomiese vryheid beteken dat ons opgevoed moet word, gratis onderwys moet ‘n werklikheid word. Dit moet nie jaar in en jaar uit bloot in die begrotingsrede figureer nie,” het hy gesê.

Verloorgroep

In ‘n hou na die SA Kommunistiese Party sonder om dit by die naam te noem, het hy gesê die organisasie van Moses Kotane begin na ‘n verloorgroep binne die ANC lyk.

“Dit is te besig met vrae soos: wie het ‘n burgemeester, raadslid of sekretaresse geword?”

Hy het gesê die onlangse plaaslike verkiesing het gebreke binne die ANC se interne moniteringstelsel blootgestel.

“‘n ANC-geleide munisipaliteit in die Vrystaat het toilette sonder huisies gebou en die ANC was nie bewus van sulke voorvalle het,” het hy gesê en dit as’ n voorbeeld beklemtoon.

Jong mense moet gereed maak om posisies binne die ANC in te neem.

“Die tyd is ryp vir jong mense om leierskapsposisies in die ANC te beklee.”

Malema het die verslag afgesluit deur die omstrede liedjie Dubula ibhunu, waarvan die lirieke as “skiet die boer” vertaal is, te sing.

летний комбинезон для девочкипрокурор харьковской области