Trollip-beledigings bemoeilik opposisiesamewerking

Mnr. Athol Trollip, DA-parlementêre leier, se snedige verwysings na die VF Plus in ’n e-pos wat per ongeluk uitgelek het, gee ’n vinnige blik op sy ware siening van die VF Plus. Sulke uitlatings bemoeilik samewerking tussen opposisiepartye in die parlement in ’n tyd waar samewerking teen ’n arrogante ANC meer as ooit nodig is.

Die VF Plus het sy regsverteenwoordigers gevra om na die e-pos te kyk en te bepaal tot watter mate dit haatspraak is.

Mnr. Trollip het in sy e-pos gereageer op mnr. Jaap Kelder, die voorsitter van die landswye nasionale belastingbetalersvereniging, wat toesprake oor grondhervorming van die VF Plus- en die DA-woordvoerders aan sy lede uitgestuur het.

In die e-pos skryf mnr. Trollip: “Please answer this A**hole once and for all, deal with the Afrikaner issue that he raises and tell him to stop masquerading as a rate payer organization especially if he is the reincarnation of the AWB, KP, FF+ , NAZI. Stuur die IDIOOT in sy moer in asseblief. Athol”.

In sy oomblik van woede het mnr. Trollip, as DA, se ware siening van Afrikaanssprekendes uitgeglip. Dit is jammer dat mnr. Trollip nie kans gesien het om die argumente wat gestel is, te beantwoord nie maar dat hy eerder verkies het om die individu persoonlik aan te val en te beledig.

Mnr. Trollip het gereageer op mnr. Pieter Groenewald, VF Plus-parlementslid en woordvoerder oor grondsake wat in sy toespraak uit ’n DA-toespraak aangehaal het om aan te toon dat die ANC en DA se doelstellings met grondhervorming presies dieselfde is.

In die gewraakte toespraak het die DA-woordvoerder op 7 Junie 2011 in die parlement oor grondhervorming gesê: “Now the ANC government’s aims may be similar to those of the DA (on land reform) but its state-centered approach and its failed policy implementation are vastly different.”

стоимость зубовАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae