Halssnoermoorde steek kop uit

Twee mans is Maandag in New Brighton, Port Elizabeth, mbv die halssnoermetode vermoor, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Die twee mans het doodgebrand nadat hulle na bewering by ‘n huis in die gebied ingebreek het, het ao. Dumile Gwavu gesê.

Daar is Sondagaand by dié huis ingebreek en een persoon is in die huis vermoor.

Gemeenskapslede het gesien hoe een van die mans klere dra wat aan die slagoffer behoort het, het Gwavu gesê. Inwoners het ook ‘n gesteelde televisie teruggevind.

Die “halssnoer”-moorde behels dat ‘n band wat in petrol geweek is rondom ‘n lewende persoon se borskas en arms geplaas en dan aan die brand gesteek word.

Dié wrede moorde was in die tagtigerjare een van die metodes waarmee die ANC vrees by hul eie swart ondersteuners ingeboesem het.

Winnie Madikizela-Mandela het destyds gedurende die vlaag wrede teregstellings wat die land geteister het, gesê Suid-Afrika sal bevry word deur vuurhoutjies en buitebande, verwysende na die halssnoermetode.

Die slagoffers is nog nie geïdentifiseer nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

to startтопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae