Biti bang dat polisie sy selfoongeskiedenis naspeur

Zimbabwiese Minister van Finansies, Tendai Biti het Dinsdag ‘n hofaansoek gebring om te keer dat die polisie besonderhede van sy selfoonoproepe bekend maak.

Biti, wat ook die sekretaris-generaal van die Eerste Minister, Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) is, het gevra vir ‘n hoërhofbevel nadat die polisie Econet Wireless vir besonderhede van sy oproepgeskiedenis gevra het.

Die polisie het aan Econet, Zimbabwe se grootste verskaffer van mobiele telekommunikasie gesê dat hulle kriminele bedrywighede ondersoek.

In sy hofaansoek, wat Woensdag gehoor word, sê Biti Econet het geen reg of staan onder geen verpligting om sodanige inligting bekend te maak nie, en beskuldig die polisie dat hulle in die “geheim” die landdros vir ‘n lasbrief genader het.

“Ek is bevrees dat indien die respondent (Econet) geboelie word om toe te gee, sal my grondwetlike reg op privaatheid onregmatig oorskry word en, bykomend, belangrike inligting met betrekking tot die organisasies wat ek lei, sal onwettig toeganklik raak,” het Biti gesê in ‘n verklaring gesê.

In ‘n brief aan Biti se prokureurs, het Econet se uitvoerende hoof Douglas Mboweni, die polisie se versoek bevestig.

“Econet sal optree in ooreenstemming met sy bedryfslisensie en/of enige wettige wetgewing wat die vrystelling van sodanige inligting beheer,” het Mboweni gesê.

купить воронеж гайковерты, пневмотрещеткиданильченко юрій броніславович компромат

Swakste onderwysers boikot werkswinkels

Sowat 25 000 onderwysers wat geaffilieer is by die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in die provinsie Mpumalanga, boikot werkswinkels wat tans deur die departement van basiese onderwys gehou word.

Dié werkswinkels is daarop gemik om onderwysers te help om die nuwe kurrikulum en assesseringsbeleid onder die knie te kry.

Walter Hlaise, vakbondwoordvoerder, het gesê ‘n besluit om die werkswinkels te boikot, het gekom nadat gesprekke tussen sy organisasie en die departement op ‘n dooie punt uitgeloop het omdat die departement geweier het om onderwysers te vergoed vir die bywoning.

Volgens Hlaise het die weiering van die departement die onderwysers met geen ander keuse gelaat as om weg te bly nie. Hlaise sê dat daar ‘n wetlike bepaling is dat onderwysers wat deelneem op vakansiedae deur die departement vergoed word vir hul tyd.

In ‘n onlangse verslag deur die departement vrygestel, was die leerders in die laer grade in Mpumalange die swakste presteerders in die land in terme van geletterdheid en gesyferdheid.

Volgens ‘n woordvoerder van die departement van basiese onderwys, is ‘n ooreenkoms onderteken tussen die departement en die onderwysersunie in 1998 dat  “dat van opvoeders sal verwag word om deel te neem aan professionele ontwikkelingsopleiding tydens die skoolvakansie”.

тамбов очистителиФильчаков прокуратура харьков

Krag in Diepsloot af weens diefstal

Sporadiese kragonderbrekings het verskeie dele van Diepsloot, noord van Johannesburg, sedert die begin van dié winter swaar getref, sê inwoners.

“Ons kan nie hierdie probleem oplos nie want misdadigers buit nou die situasie uit en beroof mense wat in die oggende op pad werk toe is,” het Rickson Mudhanani, ‘n gemeenskapsleier, Maandag gesê.

Volgens Mudzhanani het die kragprobleme aan die begin van die winter begin lol. Ongeveer 200 huise in verskeie uitbreidings is op die oomblik sonder krag, terwyl sporadiese kragonderbrekings oor Diepsloot heen ervaar word.

In uitbreidings wat deur dié probleme geteister word, het tientalle inwoners Sondag hul bekommernis uitgespreek oor die feit dat hulle nie kan kook of hulself warm kan hou nie.

Volgens inwoners het hulle die kwessie herhaaldelik aan Eskom gerapporteer, maar dié het bloot tegnici ontplooi wat skaars aan die transformators geraak het voordat hulle weer weg is, met inwoners wat steeds in die donker gelaat is.

Bandile Jack, ‘n woordvoerder van Eskom, het gesê kragonderbrekings word veroorsaak deur onwettige verbindings en mense wat die netwerk oorlaai deur te veel mense op een erf te laat woon.

лестницы наДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Polisie martel, dood aangehoudenes

Drie polisiebeamptes van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n man in aanhouding gemartel en daarna doodgemaak het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Maandag gesê.

Die beamptes het na bewering verlede maand ‘n plastieksak oor verskeie mans se koppe geplaas en hulle só gemartel in die Harburg-polisiekantoor se aanhoudingselle. Die beamptes was opsoek na sigarette wat die gevangenes blykbaar by die selle ingesmokkel het na hulle vroeëre hofverskyning, het Moses Dlamini, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Die polisiebeamptes wou vasstel wie die sigarette ingesmokkel het, en daarom het hulle die aangehoudenes in ‘n kantoor begin aanrand,” het hy gesê.

Een van die mans is dood in dié aanval.

Ondersoekers van die OKD het die plastieksak wat gebruik is, gevind.

Ao. SC Ngcobo en konstabels MF Xaba en SG Ntuli is Vrydag in hegtenis geneem en het in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van moord, aanranding met die opset om ernstig beseer en dwarsboming van die gereg.

Borgtog van R5 000 is aan elk van hulle toegestaan en hulle moes hul vuurwapens inhandig.

Die saak is tot 8 Augustus uitgestel.

циклевка паркета частный мастер недороголобановский класс

‘Hel op aarde’

Noord van Harare word ‘n yslike nuwe militêre kollege opgerig, ‘n monument vir China se stewige houvas op Zimbabwe.

Dié kompleks is ook ‘n simbool van die groeiende ongemak met Chinese werkgewers. Swart werkers het reeds gestaak in protes teen mishandeling deur hul Chinese base en te lae lone.

Twee weke gelede het die werkers ‘n loonverhoging geëis en ook gekla dat hulle deur Chinese base aangerand word.

Zimbabwe het $98 miljoen vir die kollege se oprigting ontvang wat deur ‘n Chinese kontrakteur onderneem word. Die lening sal terugbetaal word oor ‘n tydperk van 20 jaar uit die verdienste van die Chiadzwa-diamantvelde wat deur Anjin Investments, nog ‘n Chinese maatskappy, gemyn word.

Maar dis nie net ‘n belangstelling in minerale wat die Chinese aanlok nie. Harare is deesdae is advertensie van alles wat Chinees is. Van Oosterse kos, restaurante en kruiemiddels, tot klere en kleinhandelsware, is deesdae beskikbaar.

Diplomate en Zimbawiërs met ‘n bietjie geld, eet graag by China Garden, ‘n voorstedelike Chinese restaurant met helderkleurige goue drake by die ingang.

Maar verlede maand het ‘n swart kok sy werk by die restaurant bedank, nadat hy deur sy Oosterse base geslaan is. Die werknemer het aan die dagblad NewsDay gesê dis “hel op aarde” om vir Chinese te werk. “Die meeste van ons ly in stilte, maar ek het besluit ek kan net só ver gaan en nie verder nie.”

Die meeste van die Chinese werkgewers spog glo openlik dat hulle die Zimbawiese regering se beskerming geniet en dat niks aan hulle gedoen kan word nie. 

Die nasionale mynwerkersunie van Zimbabwe word dikwels toegang tot die perseel van die Chinese myne geweier en vakbondleiers kla dat veiligheidsmaatreëls nie naastenby goed genoeg is nie.

Die owerhede wys werkers se klagtes van die hand om hulle ekonomiese belange te beskerm. Die adjunk-eersteminister Arthur Mutambara sê Zimbabwe nie kan bekostig om die Oosterse ekonomiese reus te ignoreer nie.

Verlede week het die Chinese Kommunistiese Party ‘n afvaardiging gestuur om ondersoek in te stel na hoe die Chinese burgers met die plaaslike bevolking van Zimbabwe oor die weg kom. Die afvaardiging het gesê hulle wil kom “leer” van die land en sy mense.

Handel tussen die twee lande het verlede jaar $550 miljoen beloop, volgens die Chinese konsulaat. China beplan om tot $10 miljard se beleggings oor die volgende vyf jaar in Zimbabwe in te ploeg.

все о банелобановский александр харьков

Geweld en brandstoftekorte wag dalk

Nege Numsa-lede is reeds op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem en groter ontwrigting word verwag in wat beskryf word as die mees gewelddadige staking in die land se geskiedenis.

Duisende werkers van Ceppwawu gaan vandeesweek in die industriële, chemikalieë- en petroleum-sektor begin staak en dit kan tot brandstoftekorte lei.

PetroSA is bekommerd dat vulstasies sal moet sluit as die staking te lank aanhou.

Nagenoeg 17 000 lede van dié vakbond sal saam met die metaalwerkersvakbond Numsa staak. Albei vakbonde dring op ‘n 13%-salarisverhoging aan.

Numsa se 17 000 lede staak al van verlede Maandag.

Numsa het aangekondig dat hulle ook vandeesweek verdere protes-aksies in Gauteng en KwaZulu-Natal van stapel sal stuur.

 

 

99spravok.ruФильчаков прокуратура харьков

Vier stakers geskiet

Vier Numsa-lede is beseer toe die polisie met rubberkoeëls in Krugersdorp, wes van Johannesburg, op hulle geskiet het tydens hul staking, het dié metaalwerkersunie Donderdag gesê.

Die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe (Seifsa) het weer op hul beurt gesê dat sommige stakers van maatskappy tot maatskappy gaan om nie-stakers te kry en te intimideer. Hulle beskadig ook glo eiendomme.

Numsa se woordvoerder, Castro Ngobese, het gesê die vier mans is in ‘n hospitaal opgeneem en ‘n klag is by ‘n plaaslike polisiekantoor ingedien. Hy het die beweerde skietery veroordeel.

Numsa-lede staak vir hoër salarisse.

Numsa het ‘n beroep op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en die nasionale polisiekommissaris, Bheki Cele, gedoen om tot “drastiese aksie” teen die polisiebeamptes oor te gaan.

Numsa het Woensdag gesê die polisie het stakers in Bellville, Kaapstad, en Germiston, Johannesburg, geïntimideer, geteister en in hegtenis geneem. Daar is ook glo op die stakers geskiet.

Die polisie kon nie dié bewerings bevestig nie.

Angelique Morton, Seisfa-woordvoerder, het gesê dit is “jammer dat stakers dit nodig vind om hierdie onwettige boelie-taktiek te gebruik om ondersteuning vir hul staking te kry”.

Vakbondleiers het nie oordeel oor dié gedrag uitgespreek nie. Seifsa het “aanhoudende” verslae van geweld en intimidasie van werknemers gekry, het sy gesê.

Dié optrede sluit aanranding, oortreding, opsetlike saakbeskadiging en klipgooiery in.

Volgens Numsa is dié verslae egter ‘n poging deur “sommige elemente” om die staking te saboteer.

“Numsa is nie ‘n vakbond van skurke nie. Ons het gedissiplineerde en georganiseerde lede,” het Ngobese gesê.

агрегаты сварочные передвижные с дизельным двигателемданильченко юрій броніславович компромат

Selfregulerende media is verkieslik – Langa

Die vryheid van uitdrukking word bevorder deur ‘n media wat homself reguleer, het die voormalige hoofregter Pius Langa Donderdag gesê.

“As ek oorsee reis en gevra word oor my voorkeure wat die regulering van die pers en die media betref, moet ek praat oor dinge waarop ek trots is in Suid-Afrika… ek sal veel eerder praat oor ‘n media wat selfregulerend is as een wat deur die staat gereguleer word,” het hy by die bekendstelling van die Persvryheidsraad in Melville gesê.

Dié onafhanklike kommissie, wat deur Print Media SA en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) oogerig is, sal internasionale praktyke bestudeer om die beste vorm van selfregulering vir die Suid-Afrikaanse drukmedia te vind.

“Die Persvryheidsraad is ‘n onafhanklike ondersoekende kommissie wat die regulering van drukmedia sal bestudeer.

“Die raad sal kyk na verskeie vorme van regulering in terme van persregulering… om ‘n onafhanklike siening van selfregulering vir die drukmedia in Suid-Afrika te vind,” het Langa gesê.

Die raad is opgerig in reaksie op die ANC se voorstel vir ‘n mediatribunaal, wat in 2007 geopper is. Die ANC het verlede jaar besluit die parlement is die verkose weg om die vatbaarheid van só ‘n idee te ondersoek.

Die ANC se voorstel van ‘n mediatribunaal het skokgolwe deur die mediawêreld in Suid-Afrika gestuur, wat besorgdheid uitgespreek het oor die effek wat die tribunaal op persvryheid kan hê.

Mondli Makhanya, Sanef-voorsitter, het gesê die doel van die kommissie is nie om die ANC te keer om voort te gaan met die tribunaal nie.

“Dit is die ANC se proses daardie… wat ons van die kommissie vra, is om ‘n Rolls Royce te vervaardig. Ons uitgangspunt oor staatregulering is duidelik.”

Hy het gesê Sanef wil die “mees effektiewe” stelsel van selfregulering in die land hê. In die lig van die kritiek wat die media ontvang, het Makhanya gesê Sanef en die nuwe raad het gekies om “nie ons ore toe te maak nie”.

“Ons het gesê ons moet introspeksie pleeg,” het hy gesê.

Langa sal die voorsitter van die kommissie van nege lede wees. Die lede verteenwoordig die sakesektor, ‘n geloofsorganisasie, die akademia, die gereg en georganiseerde arbeid. ‘n Internasionale lid sal ook deel van die kommissie uitmaak.

“Die hoofdoel van die kommissie… is om persvryheid te verseker, ter ondersteuning van die verbetering van ons demokrasie,” het hy gesê.

Die kommissie hoop om teen Maart volgende jaar vatbare strategieë op die tafel te kan plaas.

сканер автомобильныйданильченко юрій броніславович компромат

Malema: ‘Amerika is bloeddorstige imperialiste’

Die ANC-jeugligapresident Julius Malema het Woensdag die Verenigde State van Amerika as “bloeddorstig imperialiste” beskryf omdat hulle Libië in samewerking met hulle NAVO-bondgenote bombardeer, het die SAUK berig.

“Ons wil ‘n eenvoudige vraag aan die imperialiste te vra. Is julle nie moeg om te bloed elke jaar te sien nie? Julle bloeddorstige imperialiste,” het Malema gesê.

Hy het gepraat by ‘n protes deur honderde lede van die National Union of Metalworkers van Suid-Afrika (Numsa), by die Amerikaanse ambassade in Pretoria.

“Elke jaar bombardeer julle een of ander land, as gevolg van julle bloeddorstigheid. Ons is dit almal eens dat Suid-Afrika nie moes gestem het vir die resolusie nie…,” het Malema gesê.

Daar is onlangs berig dat President Jacob Zuma gesê het dat Suid-Afrika sy besorgdheid oor die verkeerde interpretasie van ‘n Verenigde Nasies-resolusie weer geopper het.

Die resolusie magtig ‘n vliegspergebied oor Libië, wat NAVO gebruik het om sy bomaanvalle te regverdig”.

“Hulle [die Verenigde State van Amerika] kan nie dink nie. Hulle ken nie politiek nie.”

Malema het ook die oorlog in Libië “geborgde geweld” beskryf.

Hy het gesê dit word geborg deur lande soos die VSA, Frankryk en Brittanje.

play casino onlineАлександр Фильчаков прокурор

Mac, vir die skoonste was

Mac Maharaj is president Jacob Zuma se nuwe woordvoerder, het die presidensie Woensdag bekendgemaak.

“Die President se spesiale gesant, mnr Mac Maharaj, sal oorneem by die woordvoerder van president Jacob Zuma, met onmiddellike effek,” sê die Presidensie in ‘​n verklaring.

Maharaj is ‘n voormalige minister van vervoer, veteraan-ANC-lid sook lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Hy is Zuma se spesiale gesant vir Noord-Afrika en die Midde-Ooste. Hy is ook ‘n lid van die Zimbabwiese fasiliteringspan en verteenwoordig Zuma op die G20-infrastruktuurwerkgroep.

Zuma se voormalige woordvoerder, Zizi Kodwa, was op ‘n waarnemende grondslag aangestel en sal sy werk voortsit as kommunikasie-adviseur.

Maharaj het ‘n sleutelrol gespeel in die onderhandelingsproses vir Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing, en was gesamentlike sekretaris in 1994 van die Uitvoerende Oorgangsraad.

Maharaj was sedert die vroeë 1950’s deel van die gewapende vleuel Umkhonto weSizwe.

creature from thetopcargo отзывы сотрудников