Polisie martel, dood aangehoudenes

Drie polisiebeamptes van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n man in aanhouding gemartel en daarna doodgemaak het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Maandag gesê.

Die beamptes het na bewering verlede maand ‘n plastieksak oor verskeie mans se koppe geplaas en hulle só gemartel in die Harburg-polisiekantoor se aanhoudingselle. Die beamptes was opsoek na sigarette wat die gevangenes blykbaar by die selle ingesmokkel het na hulle vroeëre hofverskyning, het Moses Dlamini, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Die polisiebeamptes wou vasstel wie die sigarette ingesmokkel het, en daarom het hulle die aangehoudenes in ‘n kantoor begin aanrand,” het hy gesê.

Een van die mans is dood in dié aanval.

Ondersoekers van die OKD het die plastieksak wat gebruik is, gevind.

Ao. SC Ngcobo en konstabels MF Xaba en SG Ntuli is Vrydag in hegtenis geneem en het in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van moord, aanranding met die opset om ernstig beseer en dwarsboming van die gereg.

Borgtog van R5 000 is aan elk van hulle toegestaan en hulle moes hul vuurwapens inhandig.

Die saak is tot 8 Augustus uitgestel.

циклевка паркета частный мастер недороголобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae