Superkiem klits nege

Nege pasiënte in privaathospitale het die “superkiem” NDM-1 (New Delhi metallo-lactamase 1) opgedoen, het The Star berig.

Twee mense wat die NDM-1 opgedoen het, is reeds dood, maar mediese kenners sê dít is nie vanweë die infeksie nie.

Die superkiem is ‘n paar weke gelede by die Life Glynnwood-hospitaal in Benoni opgemerk, het die koerant berig.

Die NDM-1-geen word veral in E.coli- en salmonella-bakterieë gevind en leef in die gastro-intestinale kanaal en pasiënte se longe en urienweg word aangetas.

Volgens die berig het die kiem ‘n impak op die liggaam se vermoë om homself gesond te maak.

Die kiem kan tussen verskillende bakterieë uitgeruil word en verander die genetika van enige bakterie om dit weerstandig teen selfs penisillien te maak, het Die Burger vroeër berig.

Александр Фильчаков

Nie net krieket korrup nie, sokker ook

Die Minister van Sport, Fikile Mbalula, sal na verwagting vandag sy stem dik maak oor die bestuursliggame van krieket en sokker wanneer hy sy jaarverslag aan die Parlement se Portefeuljekomitee oor Sport in Kaapstad voorlê.

Sy woordvoerder sê die twee kwessies sal deel wees van die verslag. Mbalula het oor die naweek uitgevaar teen Krieket Suid-Afrika nadat sy raad sy president, Mtutuzeli Nyoka, afgedank het wat hom oor beweerde korrupsie uitgelaat het.

Hy het ook die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging bygekom oor die onlangse debakel oor reëls wat daartoe gelei het dat die nasionale sokkerspan nie vir die Afrikabeker Nasiestoernooi gekwalifiseer het nie.

Фильчаков прокуратура харьков

Amerikaanse spesialiseenheid land in Oeganda

Die Amerikaanse weermag gaan 100 spesialislede van sy elite-eenheid, die Green Berets, na die noorde van Oeganda ontplooi. Dié spesialissoldate sal ‘n militêre veldtog van stapel stuur om Joseph Kony, en sy Lord’s Resistance Army (LRA) te elimineer.

Kony word gesoek sedert ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname deur die Internasionale Strafhof in 2008 uitgereik is.

Die regering van Oeganda het glo die versoek aan die VSA gerig om teen Kony op te tree. Die Afrika-Unie is ook ingelig oor die besluit.

Die mislukte Amerikaanse aanval op Somaliese rebelle in Mogadisjoe in 1993 was die laaste keer dat Amerikaanse troepe amptelik op Afrika-bodem ontplooi is.

Kony se magte is glo in beheer van groot dele van die noorde van Oeganda, Suid-Soedan, die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Hy word deur Soedan befonds.

Die voorhoede van die Amerikaanse gevegseenheid het Maandag in Oeganda geland en staan onder bevel van die VSA se Afrika-kommandement bekend as Africom.

Africom word uit Stuttgart, Duitsland, beheer.

Pres. Zuma het hom voorheen uitgespreek teen buitelandse betrokkenheid op die kontinent in konflikte en gesê oorlog striem ontwikkeling op die vasteland.

Yoweri Museveni, die Oegandese president, het gesê dat Amerikaanse “personeel” na sy land gestuur word om te help in die stryd teen die rebelle-groep, The Lord’s Resistance Army (LRA), en nie aan gevegte gaan deelneem nie.

Museveni het Sondag gesê dat dit verkeerd is om te sê dat Amerika troepe stuur om teen die LRA en sy leier, Joseph Kony, te kom veg.

“Dit is beter om hulle Amerikaanse personeel te noem in plaas van troepe,” het hy gesê.

Die Amerikaners sal help om inligting in te samel, het hy gesê.

“Wanneer hulle troepe genoem word, klink dit of hulle namens ons kom veg.”

“Ons sal dit nooit toelaat dat troepe namens ons kom veg nie. Ek sal nooit aanvaar dat buitelandse troepe vir ons kom veg nie. Ons het die kapasiteit om ons eie gevegte te veg,” het Museveni gesê.

Александр Фильчаков прокурор

Zuma onthul moordkomplot

President Jacob Zuma het in Zoeloe vertel dat daar ‘n komplot was om hom vermoor toe hy adjunk-president was.

Maar, volgens Die Burger, het Zuma gesê die komplot is gefnuik te danke aan die lojaliteit van sy lyfwagte wat geweier het om die plan uit te voer.

Die Burger het berig dat Zuma Saterdag na die moordkomplot verwys het by die begrafnis van Patrick Maphumulo. Hy het gesê Maphumulo was een van diegene wat geweier het om in die plan in te koop.

Maphumulo, 39, is verlede Sondag in Durban oorlede. Volgens verslae het Maphumulo glo malaria opgedoen op ‘n reis na Khartoem vir die inhuldiging van die president van die nuutgestigte staat van Suid-Soedan.

Maphumulo is deel van die beskermingseenheid van Zuma sedert sy termyn as adjunk-president.

Zuma het gesê toe hy die adjunk-president was, het hy moeilike tye in die gesig gestaar toe alles en elke betroubare persoon teen hom gedraai het.

“Mashimane (Maphumulo se stamnaam) was deel van die BBP-wagte van die adjunk-president.

“In die tyd wou die troueloses inligting oor met wie ek praat of assosieer bekom. Hy en ‘n ​​paar in die lyfwagte van die span het diep kennis van die politiek.

“Hulle het geweier om inligting te gee wanneer hulle meerderes wou weet oor my bewegings,” het Zuma gesê.

“Vir dié weiering is hulle verstoot deur hul seniors en moes sekere voorregte verbeur het, maar hulle het nie geswig nie.”

Zuma het glo in Zoeloe gesê het dat die mense agter die komplot probeer het om uit te vind hoeveel vuurwapens sy wagte het, met die oog daarop om hom dood te maak.

Volgens The Witness, het Zuma se woordvoerder, Zanele Mngadi gesê sy het nie met die president gepraat sodat hy kon verduidelik wie hom wou vermoor en wat die rede daaragter was nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Vermeende misdadiger opgelei as sensusbeampte

Melumzi Hina (32), wat beskuldig word van roof met verswarende omstandighede, kon nie sy verhoor bywoon nie, want hy was vir opleiding om een van Suid-Afrika se sensusamptenare te word lui ‘n berig in The Herald.

Port Elizabeth se streekhoflanddros Kenny Cooney was geskok toe Hini se prokureur met ‘n dokument by die hof opdaag wat aandui dat Hina ‘n kursus bywoon om opgelei te word as sensusbeampte.

Cooney het sy ontsteltenis uitgespreek oor die feit dat ‘n persoon wat belas is met so ‘n ernstige oortreding, in diens geneem kan word deur die staat om huise te besoek ten einde burgers se persoonlike inligting te verkry.

Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die siftingsproses wat betrokke is in die aanstelling van die sensusamptenare en opgemerk: “Ek persoonlik sal huiwerig wees om toe te laat dat amptenare toegang tot my huis verkry.”

Die saak is uitgestel tot 21 Februarie.

topcargo отзыв

Zille skielik bekommerd oor meeluistering

President Jacob Zuma moet ‘n onafhanklike kommissie van ondersoek instel na bewerings dat staatsveiligheidsagentskappe mense se selfone afluister, het die Demokratiese Alliansie-leier, Helen Zille, Sondag gesê.

Dié beswaar kom nadat die veiligheidsagentskappe begin skoonmaak het in aanloop tot die ANC se Mangaung-konferensie in 2012.

“Die Regering se agente misbruik hul mag om te spioeneer op individue sonder die toestemming van ‘n regter, soos deur die wet vereis,” sê Zille.

Volgens die verslag, kan die staat se intelligensie-agentskappe maklik selfoongesprekke, sms-boodskappe en e-posse sonder ‘n regter se toestemming onderskep.

“Dit is ‘n bedreiging vir die grondwetlike regte van elke Suid-Afrikaner,” sê Zille.

“Ons glo al lank dat kaders binne intelligensie-agentskappe ontplooi word en hul mag misbruik om eksterne en interne politieke gevegte te voer.”

Ontleders sê egter Zille se kommer spruit uit gerugte dat die DA dalk by klagtes van korrupsie betrek kan word en dat dit die party se aanspraak op sogenaamde “skoon regering” kan skaad.

Zille het gesê tydens ‘n ontmoeting met die voormalige Intelligensiehoof Ronnie Kasrils, wat minister in 2008 was, het dit duidelik geword dat haar selfoon onwettig afgeluister is.

“Kasrils het my vertel dat, hoewel daar was geen formele versoek was om my kommunikasie te onderskep nie, kon hy nie waarborg dat dit nie toevallig plaasgevind het nie.”

Sy het gesê dat ‘n polisiebeampte aan haar later die bande van haar gesprekke oorhandig het wat hulle ontleed het. Zille het geen beswaar daarteen in 2008 gemaak nie.

Zille het nie kommentaar gelewer oor die nuwe voorgestelde wetgewing wat joernaliste vir die openbaarmaking van geheime inligting aanspreeklik sal hou en waarteen sy gekant is nie. 

Лобановский Харьков

Matriekeksamen skop af

2011 se matriekeksamen begin vandag amptelik. Leerlinge skryf hul eerste praktiese eksamens – praktiese rekenaartegnologie – vandag.

Die eksamen eindig op die eerste Desember. Die laaste vraestelle is Godsdiensstudies en Ontwerpteorie.

‘n Woordvoerder van die Gautengse departement van Onderwys, Charles Phahlane sê sy departement is gereed vir die eksamen.

Hy sê 88-duisend voltydse leerlinge sal eksamen in die provinsie skryf asook 35-duisend deeltydse studente. Volgende week skryf die meeste leerlinge Engels.

Die twee matrikulante wat intussen in Lebowakgomo in hegtenis geneem is vir bedrog en omkopery, sal vandag in die Landdroshof op die dorp verskyn.

Volgens berigte is die twee betrap toe hulle ‘n eksamenbeampte probeer omkoop het vir vanjaar se wiskunde en Wetenskap-vraestelle.

‘n Woordvoerder van die polisie in Limpopo, Ronel Otto sê die inhegtenisneming volg nadat ‘n wenk ontvang is en ‘n lokval gestel is. Die leerders wou die beampte met tweeduisend rand omkoop.

топкарго кидалы

Sensusbeampte steel glo blinde se skootrekenaar

‘n Sensusbeampte het na bewering ‘n blinde Kovsiestudent se skootrekenaar gesteel, berig Beeld.

Die student deel ‘n huis in Universitas, Bloemfontein met 10 ander. Die sensusman het verlede Woensdag tot Sondag die huis nie minder nie as vier keer besoek.

Hy is aanvanklik binne die huis betrap. Nadat hy meermale besoek aan die huis gebring het, het die skootrekenaar verdwyn.

Die blinde Gavin Harding wat aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer, se skootrekenaar is uit sy slaapkamer gesteel. Harding sê hy kon voel dat die tafel waarop die rekenaar gestaan het, nog warm was nadat die sensusbeampte uit is.

Die diefstal is by die Parkwegpolisiestasie aangemeld.

Die sensustelling duur tot 31 Oktober. Beamptes is van 08:00 tot 20:00 aan diens. Beamptes word verplig om ‘n geel baadjie en identifikasiekaart te dra. Die skootrekenaardief was ook met ‘n amptelike naamplaatjie toegerus.

Данильченко Юрий Харьков

Polisieman wat omkoopgeld vat, vas

‘n Polisieman is in Wolmaransstad in hegtenis geneem nadat hy omkoopgeld aanvaar het om ‘n dossier oor veediefstal te laat verdwyn, het ‘n woordvoerder Sondag gesê.

Lt.kol. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ‘n lokval gestel en die speurkonstabel gevang toe hy Saterdagmiddag R2 000 kontant van twee mans by ‘n vulstasie aanvaar het.

Die beampte is verbonde aan die veediefstaleengheid in Sannieshof.

Metsi het gesê die twee mans is uit op borgtog nadat hulle onlangs in Atamelang in hegtenis geneem is vir veediefstal.

“Die beampte het aanvanklik R8 000 van die beskuldigdes geëis om van die dossier ontslae te raak,” het Metsi gesê.

“Hulle het hom na bewering R6 000 op twee vorige geleenthede betaal, maar hy het nie twee ander afsprake in Ottosdal nagekom om die finale betaling te ontvang nie.”

Hulle het toe die polisie in kennis gestel.

Metsi het gesê die twee beskuldigdes kan dalk ook van bedrog aangekla word.

Die polisieman in sy 30’s, sal na verwagting van omkopery en korrupsie aangekla word. Hy verskyn Maandag in die Wolmaransstad-landdroshof.

Олександр Фільчаков прокурор