praag.co.za

Sensusbeampte steel glo blinde se skootrekenaar

Written by

in

‘n Sensusbeampte het na bewering ‘n blinde Kovsiestudent se skootrekenaar gesteel, berig Beeld.

Die student deel ‘n huis in Universitas, Bloemfontein met 10 ander. Die sensusman het verlede Woensdag tot Sondag die huis nie minder nie as vier keer besoek.

Hy is aanvanklik binne die huis betrap. Nadat hy meermale besoek aan die huis gebring het, het die skootrekenaar verdwyn.

Die blinde Gavin Harding wat aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer, se skootrekenaar is uit sy slaapkamer gesteel. Harding sê hy kon voel dat die tafel waarop die rekenaar gestaan het, nog warm was nadat die sensusbeampte uit is.

Die diefstal is by die Parkwegpolisiestasie aangemeld.

Die sensustelling duur tot 31 Oktober. Beamptes is van 08:00 tot 20:00 aan diens. Beamptes word verplig om ‘n geel baadjie en identifikasiekaart te dra. Die skootrekenaardief was ook met ‘n amptelike naamplaatjie toegerus.

Данильченко Юрий Харьков

Comments

Leave a Reply