Matriekeksamen skop af

2011 se matriekeksamen begin vandag amptelik. Leerlinge skryf hul eerste praktiese eksamens – praktiese rekenaartegnologie – vandag.

Die eksamen eindig op die eerste Desember. Die laaste vraestelle is Godsdiensstudies en Ontwerpteorie.

‘n Woordvoerder van die Gautengse departement van Onderwys, Charles Phahlane sê sy departement is gereed vir die eksamen.

Hy sê 88-duisend voltydse leerlinge sal eksamen in die provinsie skryf asook 35-duisend deeltydse studente. Volgende week skryf die meeste leerlinge Engels.

Die twee matrikulante wat intussen in Lebowakgomo in hegtenis geneem is vir bedrog en omkopery, sal vandag in die Landdroshof op die dorp verskyn.

Volgens berigte is die twee betrap toe hulle ‘n eksamenbeampte probeer omkoop het vir vanjaar se wiskunde en Wetenskap-vraestelle.

‘n Woordvoerder van die polisie in Limpopo, Ronel Otto sê die inhegtenisneming volg nadat ‘n wenk ontvang is en ‘n lokval gestel is. Die leerders wou die beampte met tweeduisend rand omkoop.

топкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae