Sexwale waarsku dat Malema se mag nie onderskat moet word nie

ANC-swaargewig Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings het prontuit gewaarsku dat die party se leierskap nie die mag en invloed van die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema en sy uitvoerende raad moet onderskat nie.

President Alfred Xuma wat geweier het om na die Jeugliga te luister, het nie lank gehou nie, het Sexwale gesê.

Sexwale se waarskuwing kom nadat Malema en sy uitvoerende raad besluit het om teen die skorsings te appelleer omdat dit te fel is.

Sexwale, wat tydens die dissiplinêre verhore vir Malema getuig het, het gepraat by ‘n gala-dinee in die Oos-Kaap, georganiseer deur die dr AB Xuma-Stigting.

In wat blyk ‘n kwalik versluierde aanval op President Jacob Zuma te wees, het Sexwale gewaarsku dat niemand herverkiesing tot ‘n partyposisie as gewaarborg moet beskou nie.

Xuma was ANC-president tussen 1940 en 1949, maar is uitgewerk toe hy in onguns verval het by Nelson Mandela se ANC-jeugliga deur botweg te weier om Mandela se voorstel vir militante aksie te ondersteun.

Hy is vervang deur ‘n Jeugliga-kandidaat, James Moroka, wat slegs ure voor sy verkiesing aangesluit het by die party.

 

Данильченко Юрий прокурор

Malema staan vas by ANC

Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal die regerende party nooit hof toe vat nie, het hy in ‘n onderhoud met Carte Blanche gesê wat Sondag uitgesaai is.

“Ek sal appelleer by die NDK (Nasionale Dissiplinêre Komitee)… en as ek verloor, sal ek appelleer by die ANC NUK (Nasionale Uitvoerende Komitee)… of as dit misluk, sal ek ‘n petisie loods in die nasionale kongres van die ANC,” het Malema in die onderhoud, wat vóór die aankondiging van sy skorsing Donderdag opgeneem is, gesê.

“Ek het geen probleem nie… ek het al die regte kanale gevolg… ek sal nooit die ANC hof toe vat nie… indien die appèl misluk, sal ek aanvaar dat dit die einde van my politieke loopbaan is.”

Malema is as leier van die Jeugliga geskors nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ernstige verdeeldheid binne die ANC gesaai en die party se naam in oneer gebring het.

“My bloed is swart, groen en goud. Selfs al word ek geskors, sal ek ‘n lid en ‘n lojale ondersteuner van die ANC bly. Ek is as ‘n ANC-lid gebore,” het hy gesê.

Hy het gesê die aanklagte teen hom is “ongeregverdig” en dat al wat hy kan doen is om ‘n goeie saak voor die komitee te lê.

Hy het ook gesê hy is nie in stryd met President Jacob Zuma nie en dat hy homself nie as ‘n omstrede figuur beskou nie.

“Ek is nie in stryd met Zuma nie. Ek sal nooit wees nie.”

Sy opmerkings in onlangse jare dat hy sou “moor vir Zuma” is buite konteks aangehaal, het hy gesê.

“Toe ek dit gesê het, was dit nie oor my persoonlike verhouding met hom nie… ek is nie sy spesiale vriend nie… ek het nie eens sy selfoonnommer nie.”

Malema het gesê hy het geen voorneme om die President van Suid-Afrika te word nie.

“Daardie posisie is baie gekompliseerd… selfs as die beweging my ‘n mandaat gee om dit te doen… laat ek nie dislojaal teenoor die beweging wees nie… ek sal sê hierdie is te groot vir my.”

Hy het gesê hy wou altyd in die ANC wees om mense te help en te lei.

Die politikus, wat onlangs as een van die mees invloedryke jongelinge in Afrika deur Forbes aangewys is, het gesê hy baklei daarvoor dat die minerale hulpbronne in Suid-Afrika verdeel moet word.

“Die werklike vyand is wit monopolie-kapitaliste… wit diktatorskap is wat vandag gebeur… sê vir my ek is verkeerd… dan sal ek dit aanvaar.

“Die gaping tussen ryk en arm word groter. Dit is rasgedrewe en seksisties… dit is net wit mans wat ryker word, nie eens wit vroue nie… dit sal nooit toegelaat word nie,” het hy gesê.

Gevra of hy witmense haat, het Malema gesê: “Nee… hulle het ‘n spesiale plek in ons harte. Hulle het ‘n bydrae om te lewer in hierdie land.”

Malema staan ook die onteiening van grond sonder vergoeding voor.

“Ons wil… die grond onteien en aan die publiek gee… die regering het ‘n reg om te onteien. Ons het hierdie grond nodig.”

Hy het ook toegegee dat nasionalisering nie ANC-beleid is nie.

“Wie het gesê dit is ANC-beleid… as dit ANC-beleid was, sou ons [die Jeugliga] dit nie voorgestel het nie.”

Die kwessie van nasionalisering sal volgende jaar by die ANC se konferensie in Mangaung bespreek word, het hy gesê.

Oor die kwessie van tenders het Malema gesê hy het nog nooit tenders gemanipuleer nie. “Ek is ‘n politikus. Ek ken die spel. Die Openbare Beskermer het al maatskappye waarmee ek verbind word, ondersoek. Ek het niks verkeerd gedoen nie. As daar ‘n bewering van korrupsie is, laat die spel oop wees.”

Фільчаков прокурор

Ondersoek oor nasionalisering voltrek

‘n Span onafhanklike navorsers wat aangestel is om die lewensvatbaarheid van die nasionalisering van Suid-Afrikaanse myne te ondersoek, het sy werk voltooi en sal na verwagting die bevindinge Vrydag aan die ANC se beleidskomitee oorhandig.

Die ondersoekspan, wat onafhanklike navorser Paul Jordaan, die Universiteit van die Witwatersrand se navorser Pundy Pillay en Margaret Chitiga-Mabugu van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, insluit, het pas teruggekeer uit China.

Keith Khoza, ANC-woordvoerder, sê die navorsers sal hul bevindings aan die ANC se beleidskomitee oorhandig, wat onder voorsitterskap van Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling staan.

“Hulle het hul navorsing voltooi, en sal hul bevindings aan die beleidskomitee deurgee,” het Khoza gesê.

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gesê die ondersoekspan het al die lande wat deur die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) geïdentifiseer is, soos Zambië, Namibië en Botswana, ondersoek. Die span het ook besoek aan Chili, Brasilië en Venezuela asook Swede, Noorweë en Finland gebring.

“In Australasië het hulle navorsing gedoen in Maleisië, Australië en China,” het Mantashe gesê.

Die navorsing is in opdrag van ‘n resolusie by die party se nasionale algemene raadsvergadering in Durban verlede jaar onderneem. Daar is ‘n mandaat deur die NUK toegestaan om navorsing te doen oor staatsbetrokkenheid in die ekonomie en “aan die beleidskonferensie te rapporteer sodat ‘n besluit by die nasionale konferensie daaroor in 2012 geneem kan word”.

Sommige teenstanders van die beleid van nasionalisering sê dit is nie ‘n resep vir ontwikkeling nie en sal broodnodige direkte buitelandse belegging afskrik. 

Hoe dit ookal sy, staan Europa sowel as die VSA nou ironies genoeg bakhand vir Chinese investering, die rykste kommunistiese land in Asië, waar ‘n debat oor nasionalisering ongetwyfeld nie dieselfde beroering as in die VSA, die baken van kapitalisme, sal veroorsaak nie.

Олександр Васильович Фільчаков

11-11-11

Vandag hou besondere belang in vir numeroloë wat daarop wys dat dit die 11de van die 11de maand 20-11 is en 11-uur kom 48 keer oor die wêreld se 24 tydsones voor.

Maar dit is ook Wapenstilstanddag, wanneer die slagoffers van veral die Eerste Wêreldoorlog in die Statebondslande in herinnering geroep word met die dra van rooi papawers.

Dié oorlog is om elfuur op 11 November 1918 beëindig. In ander lande word slagoffers van alle oorloë gedenk. In Suid-Afrika word Wapenstilstanddag Sondag met militêre parades herdenk.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

SAIIR verwag nuwe Malema’s

Dit sal ‘n fout wees om te dink die skorsing van Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, beteken die einde van politieke radikalisme, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) Donderdag gesê.

“Onvermydelik, indien die land nie daarin kan slaag om hoër vlakke van ekonomiese groei te behaal nie, sal nuwe Malemas na vore kom, van binne of buite die ANC,” het Catherine Schulze, woordvoerder, gesê.

“‘n Land met Suid-Afrika se ongelykhede sal altyd ‘n broeiplek vir politieke radikalisme wees.”

Die instituut glo die beslissing teen Malema was “ongewoon streng”.

“[Dit] was waarskynlik die enigste meganisme wat die ANC-leierskap beskikbaar gehad het om die toename van sy politieke gewildheid te verhoed,” het sy gesê.

“In die afwesigheid van sulke ystervuis-optrede sou mnr. Malema se gewildheid tot ‘n waarskynlike ontseteling van die huidige senior leierskap van die party kon lei, wat weer tot fundamentele beleidsveranderinge vir Suid-Afrika sou kon lei.”

Volgens Schulze was die ANC in die pre-Malema-era te gemaklik en het hulle die toenemende jeugkrisis in die land geïgnoreer.

“Dit is moontlik dat, met mnr. Malema uit die pad uit, die party weer in dieselfde gemak sal verval.”

Фильчаков

‘Die handskoene is af’

Julius Malema, voormalige president van die ANC-jeugliga, het gesê hy gaan teen sy skorsing as ANC-lid appelleer, het eNews Donderdag berig. 

Volgens die nuuskanaal het Malema dié boodskap vir ondersteuners gehad nadat hy ‘n politieke wetenskap-eksamen in Limpopo afgelê het.

Malema het gesê die handskoene is nou af en dat dit tyd is om die vyand te konfronteer en te beveg.

Selfs al is hy nie die president van die jeugliga nie, moet die massas steeds die goeie stryd stry, het Malema gesê.

Malema is tot effektief vir vyf jaar geskors.

Hy is skuldig bevind op die eerste aanklag dat hy verdeeldheid saai in die party nadat hy gesê het die Afrika-unie (AU) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is sedert oudpres. Thabo Mbeki nie meer staatshoof is nie, die pad byster. Hy is ook skuldig bevind op aanklag dat hy die ANC in oneer gebring het met sy uitlatings oor Botswana. Malema is egter onskuldig bevind op aanklag van rassisme oor uitlatings wat hy in Mei tydens ‘n saamtrek gemaak het.

Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee, het Donderdag gesê die “respondent sal sy pos as president van die ANC-jeugliga ontruim”.

Malema was nie in Johannesburg nie, omdat hy ‘n eksamen by die Polokwane-kampus van Unisa afgelê het.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANCYL, is ook beveel om sy pos te ontruim. Hy was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Фильчаков Харьков

Naspers kondig personeelvermindering aan

Afrika se grootste aanlynnuusbron 24.com, wat nuuswebwerf News24 publiseer, het aangekondig dat ‘n “herstrukturering” wat sal lei tot personeelvermindering in die pyplyn is.

Die aanlynnuusbron wat deur die internetreus van ontluikende markte Naspers besit word, bestaan ​​uit 22 webkanale met ‘n gesamentlike gehoor van meer as vier miljoen maandelikse gebruikers. Die maatskappy het sowat 250 mense, insluitend redaksionele, tegniese en verkopepersoneel in diens, wat dit die grootste aanlyn-mediawerkgewer op die vasteland maak.

Algemene Bestuurder, Geoff Cohen het die werksverliese afgemaak as ‘n blote herfokus van die maatskappy se doelwitte. Cohen het verduidelik dat die maatskappy ‘n herstrukturering ondergaan om die besigheid te “fokus”.

“Ons is besig met die herstrukturering 24.com as ‘n geheel. Ons het ‘n bestekopname gedoen en daar is so baie gebiede waar ons probeer om in te speel en ons het net nie die ruimte om ewe veel te fokus op alle gebiede nie,” het Cohen gesê.

Cohen het beklemtoon dat die skuif nie oor inkomste aan nie, maar eerder oor ‘n organisatoriese strategie.

Cohen het gesê hy is onseker oor hoe baie mense geraak sal word deur die herstrukturering, omdat die bestuurspan tans in ‘n raadgewende fase verkeer. Volgens Cohen, sal daar ‘n “inkorting” wees, ook by die aanlyn-operasie van die webtuistes van baie Media24-koerant titels.

Hy glo nog steeds die aanlyn-mediaruimte van 24.com is die enigste waardige belegging en sien vinnige groei in advertensie-inkomste.

“Ek wens aanlynadvertensie kon vinniger groei – maar dit groei. Ons het ook ‘n toename in die groei in die gebruikers gesien, en ons is op soek na beter maniere om dit te vergroot,” het hy gesê.

Twee van die maniere wat die aanlynnuusbron hoop sal help om sy nuwe fokus te bereik is deur aanvullende nuusbronne en gebruikersinhoud.

“Ons wil dit oopstel vir gewone mense, sodat hulle hul stories kan vertel. “

Hierdie herstrukturering kom binne ‘n maand vandat Naspers se MIH Internet-Afrika sy e-handelsmaatskappy, Kalahari in Nigerië en Kenia gesluit het.

Фильчаков Александр Васильевич

Malema ontvang volle betaling tot appèl

Alhoewel Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee, Donderdag ter afsluiting van die bevindinge aan die pers gesê het die “respondent sal sy pos as president van die ANC-jeugliga ontruim”, sal Julius Malema met volle betaling geskors wees totdat die appèlproses afgehandel is, het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê.

Malema is vir vyf jaar geskors nadat hy op twee aanklagte van ‘n reeks, skuldig bevind is. 

Die ANC se nasionale tugkomitee sal Malema uit die party skors indien hy homself binne die volgende twee jaar skuldig maak aan ‘n soortgelyke oortreding. Hy is tans uit sy presidentsamp van die ANC-Jeugliga geskors met volle betaling, het Mthembu bevestig.

Die tugkomitee het uit ‘n ingewikkelde regsverslag van 139 bladsye aangehaal om tot die gevolgtrekking te kom. Ontleders meen die regsbeginsels in die verslag vervat is veelvuldig en bevat ‘n aansienlike hoeveelheid detail.

лобановский александр биография

Malema geskors, maar kan appelleer

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, is vir vyf jaar uit die party geskors nadat hy skuldig bevind is op twee van die vier aanklagte teen hom. Hy en sy medebeskuldigdes is reeds in kennis gestel van die komitee se bevindinge.

Hulle het 14 dae om by die nasionale appèlkomitee appèl aan te teken. Cyril Ramaphosa tree as voorsitter van die appèlkomitee op.

Wat die twee aanklagte betref is bevind Malema het verdeeldheid gesaai in die party nadat hy gesê het die Afrika-Unie (AU) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se Afrika-agenda was beter gedien deur oudpres. Thabo Mbeki. Malema het ook die ANC in oneer bring oor sy uitlatings oor Botswana. Die aanklag van rassisme teen Malema is afgewys.

Floyd Shivambu is vir drie jaar uit die ANC en die ANC-jeugliga geskors omdat hy ‘n joernalis gevloek het. Dié skorsing is nie opgeskort nie.

Malema, Floyd Shivambu, woordvoerder van die jeugliga, Ronald Lamola, adjunkleier van die jeugliga, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, adjunk-sekretaris-generaal, en Pule Mabe, tesourier-generaal is ook daarvan aangekla dat hulle ‘n vergadering van die ANC sonder uitnodiging bygewoon en ontwrig het. Hulle is skuldig bevind op dié aanklag en twee jaar geskors. Die skorsing is opgeskort vir ‘n tydperk van drie jaar.

 

Фильчаков прокурор

Malema los op 1 aanklag

Die lidmaatskap van vyf van die lede aangekla in die dissiplinêre verhoor van die ANC-Jeugliga is opgeskort vir 2 jaar. Dit sluit dié van president Julius Malema in.

Hu is skuldig bevind op aanklag dat hy en ander jeugliga-leiers ‘n vergadering ongenooid bygewoon en ontwrig het.

Ronald Lamola, adjunkleier van die jeugliga, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, adjunk-sekretaris-generaal, en Pule Mabe, tesourier-generaal is ook aangekla en skuldig bevind.

Dié bepaling sal egter vir drie jaar opgeskort word en indien Malema en ander lede weer enige verdere oortreding begaan, sal hulle lidmaatskap beëindig word, het Derek Hanekom pas by ‘n perskonferensie bekendgemaak.

Jackson Mthembu, die ANC se kommunikasiehoof, moes joernaliste by die mediakonferensie stilmaak nadat Hanekom die bevinding teen Malema uitgelees het.

Hy het gedreig dat lede van die media uit die vertrek gegooi sal word deur die sekuriteit as daar daar nog aanmerkings uit die gehoor kom. Die mediaverteenwoordigers, waarvan talle van buitelandse agentskappe, was merkbaar geskok deur die aankondiging dat Malema se opskorting opgeskort is vir een van die aanklagte teen hom, naamlik om ‘n ANC-vergadering ongenooid by te woon en te ontwrig.

Hanekom het beklemtoon dat Suid-Afrika in ‘n klimaat van verhoogde mededinging verkeer vir beleggings en daarom geen ongedissiplineerde uitsprake van sy lede en lede-organisasies kan duld nie.

Meer nuus volg.

Александр Фильчаков Васильевич