Ondersoek oor nasionalisering voltrek

‘n Span onafhanklike navorsers wat aangestel is om die lewensvatbaarheid van die nasionalisering van Suid-Afrikaanse myne te ondersoek, het sy werk voltooi en sal na verwagting die bevindinge Vrydag aan die ANC se beleidskomitee oorhandig.

Die ondersoekspan, wat onafhanklike navorser Paul Jordaan, die Universiteit van die Witwatersrand se navorser Pundy Pillay en Margaret Chitiga-Mabugu van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, insluit, het pas teruggekeer uit China.

Keith Khoza, ANC-woordvoerder, sê die navorsers sal hul bevindings aan die ANC se beleidskomitee oorhandig, wat onder voorsitterskap van Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling staan.

“Hulle het hul navorsing voltooi, en sal hul bevindings aan die beleidskomitee deurgee,” het Khoza gesê.

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gesê die ondersoekspan het al die lande wat deur die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) geïdentifiseer is, soos Zambië, Namibië en Botswana, ondersoek. Die span het ook besoek aan Chili, Brasilië en Venezuela asook Swede, Noorweë en Finland gebring.

“In Australasië het hulle navorsing gedoen in Maleisië, Australië en China,” het Mantashe gesê.

Die navorsing is in opdrag van ‘n resolusie by die party se nasionale algemene raadsvergadering in Durban verlede jaar onderneem. Daar is ‘n mandaat deur die NUK toegestaan om navorsing te doen oor staatsbetrokkenheid in die ekonomie en “aan die beleidskonferensie te rapporteer sodat ‘n besluit by die nasionale konferensie daaroor in 2012 geneem kan word”.

Sommige teenstanders van die beleid van nasionalisering sê dit is nie ‘n resep vir ontwikkeling nie en sal broodnodige direkte buitelandse belegging afskrik. 

Hoe dit ookal sy, staan Europa sowel as die VSA nou ironies genoeg bakhand vir Chinese investering, die rykste kommunistiese land in Asië, waar ‘n debat oor nasionalisering ongetwyfeld nie dieselfde beroering as in die VSA, die baken van kapitalisme, sal veroorsaak nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae