Sexwale waarsku dat Malema se mag nie onderskat moet word nie

ANC-swaargewig Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings het prontuit gewaarsku dat die party se leierskap nie die mag en invloed van die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema en sy uitvoerende raad moet onderskat nie.

President Alfred Xuma wat geweier het om na die Jeugliga te luister, het nie lank gehou nie, het Sexwale gesê.

Sexwale se waarskuwing kom nadat Malema en sy uitvoerende raad besluit het om teen die skorsings te appelleer omdat dit te fel is.

Sexwale, wat tydens die dissiplinêre verhore vir Malema getuig het, het gepraat by ‘n gala-dinee in die Oos-Kaap, georganiseer deur die dr AB Xuma-Stigting.

In wat blyk ‘n kwalik versluierde aanval op President Jacob Zuma te wees, het Sexwale gewaarsku dat niemand herverkiesing tot ‘n partyposisie as gewaarborg moet beskou nie.

Xuma was ANC-president tussen 1940 en 1949, maar is uitgewerk toe hy in onguns verval het by Nelson Mandela se ANC-jeugliga deur botweg te weier om Mandela se voorstel vir militante aksie te ondersteun.

Hy is vervang deur ‘n Jeugliga-kandidaat, James Moroka, wat slegs ure voor sy verkiesing aangesluit het by die party.

 

Данильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae