Die lidmaatskap van vyf van die lede aangekla in die dissiplinêre verhoor van die ANC-Jeugliga is opgeskort vir 2 jaar. Dit sluit dié van president Julius Malema in.
Hu is skuldig bevind op aanklag dat hy en ander jeugliga-leiers ‘n vergadering ongenooid bygewoon en ontwrig het.
Ronald Lamola, adjunkleier van die jeugliga, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, adjunk-sekretaris-generaal, en Pule Mabe, tesourier-generaal is ook aangekla en skuldig bevind.
Dié bepaling sal egter vir drie jaar opgeskort word en indien Malema en ander lede weer enige verdere oortreding begaan, sal hulle lidmaatskap beëindig word, het Derek Hanekom pas by ‘n perskonferensie bekendgemaak.
Jackson Mthembu, die ANC se kommunikasiehoof, moes joernaliste by die mediakonferensie stilmaak nadat Hanekom die bevinding teen Malema uitgelees het.
Hy het gedreig dat lede van die media uit die vertrek gegooi sal word deur die sekuriteit as daar daar nog aanmerkings uit die gehoor kom. Die mediaverteenwoordigers, waarvan talle van buitelandse agentskappe, was merkbaar geskok deur die aankondiging dat Malema se opskorting opgeskort is vir een van die aanklagte teen hom, naamlik om ‘n ANC-vergadering ongenooid by te woon en te ontwrig.
Hanekom het beklemtoon dat Suid-Afrika in ‘n klimaat van verhoogde mededinging verkeer vir beleggings en daarom geen ongedissiplineerde uitsprake van sy lede en lede-organisasies kan duld nie.
Meer nuus volg.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.