Alhoewel Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee, Donderdag ter afsluiting van die bevindinge aan die pers gesê het die “respondent sal sy pos as president van die ANC-jeugliga ontruim”, sal Julius Malema met volle betaling geskors wees totdat die appèlproses afgehandel is, het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê.
Malema is vir vyf jaar geskors nadat hy op twee aanklagte van ‘n reeks, skuldig bevind is.
Die ANC se nasionale tugkomitee sal Malema uit die party skors indien hy homself binne die volgende twee jaar skuldig maak aan ‘n soortgelyke oortreding. Hy is tans uit sy presidentsamp van die ANC-Jeugliga geskors met volle betaling, het Mthembu bevestig.
Die tugkomitee het uit ‘n ingewikkelde regsverslag van 139 bladsye aangehaal om tot die gevolgtrekking te kom. Ontleders meen die regsbeginsels in die verslag vervat is veelvuldig en bevat ‘n aansienlike hoeveelheid detail.
