Afrika se grootste aanlynnuusbron 24.com, wat nuuswebwerf News24 publiseer, het aangekondig dat ‘n “herstrukturering” wat sal lei tot personeelvermindering in die pyplyn is.
Die aanlynnuusbron wat deur die internetreus van ontluikende markte Naspers besit word, bestaan uit 22 webkanale met ‘n gesamentlike gehoor van meer as vier miljoen maandelikse gebruikers. Die maatskappy het sowat 250 mense, insluitend redaksionele, tegniese en verkopepersoneel in diens, wat dit die grootste aanlyn-mediawerkgewer op die vasteland maak.
Algemene Bestuurder, Geoff Cohen het die werksverliese afgemaak as ‘n blote herfokus van die maatskappy se doelwitte. Cohen het verduidelik dat die maatskappy ‘n herstrukturering ondergaan om die besigheid te “fokus”.
“Ons is besig met die herstrukturering 24.com as ‘n geheel. Ons het ‘n bestekopname gedoen en daar is so baie gebiede waar ons probeer om in te speel en ons het net nie die ruimte om ewe veel te fokus op alle gebiede nie,” het Cohen gesê.
Cohen het beklemtoon dat die skuif nie oor inkomste aan nie, maar eerder oor ‘n organisatoriese strategie.
Cohen het gesê hy is onseker oor hoe baie mense geraak sal word deur die herstrukturering, omdat die bestuurspan tans in ‘n raadgewende fase verkeer. Volgens Cohen, sal daar ‘n “inkorting” wees, ook by die aanlyn-operasie van die webtuistes van baie Media24-koerant titels.
Hy glo nog steeds die aanlyn-mediaruimte van 24.com is die enigste waardige belegging en sien vinnige groei in advertensie-inkomste.
“Ek wens aanlynadvertensie kon vinniger groei – maar dit groei. Ons het ook ‘n toename in die groei in die gebruikers gesien, en ons is op soek na beter maniere om dit te vergroot,” het hy gesê.
Twee van die maniere wat die aanlynnuusbron hoop sal help om sy nuwe fokus te bereik is deur aanvullende nuusbronne en gebruikersinhoud.
“Ons wil dit oopstel vir gewone mense, sodat hulle hul stories kan vertel. “
Hierdie herstrukturering kom binne ‘n maand vandat Naspers se MIH Internet-Afrika sy e-handelsmaatskappy, Kalahari in Nigerië en Kenia gesluit het.
