Malema-kontrak nie gekanselleer nie

Net ‘n gedeelte van ‘n kontrak wat die geskorste ANC Jeugligaleier, Julius Malema bevoordeel, is opgeskort.

Die Kantoor van die Openbare Beskermer, sê die kontrak kan nie in sy geheel gekanselleer word nie omdat dit ernstige regsimplikasies sal hê.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het met die Departemente van Paaie en Vervoer in Limpopo vergader en albei partye het ooreengekom om die deelname van die ingenieursmaatskappy, On-Point, in die bod-evalueringskomitee op te skort, totdat die ondersoek afgehandel is.

On-Point behoort gedeeltelik aan die Malemafamilietrust. Madonsela ondersoek bewerings dat die Limpopo-regering op onreëlmatige wyse tenders aan On-Point toegeken het wat Malema bevoordeel het.

Данильченко Харьков

Mbalula: Sportontwikkelingsplan sal lei na transformasie

Suid-Afrika moet so gou moontlik ‘n ontwikkelingsplan vir sport in plek kry, het Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, Woensdag gesê.

“Ons benodig ‘n enkele ontwikkelingsteorie vir Suid-Afrika in ooreenstemming met wat ons wil bereik as ‘n land, en wat ons op die oomblik nie het nie,” het hy aan verslaggewers by die parlement gesê.

“Jy kan oor enigiets anders praat, en die fundamentele vraag bly of jy ‘n strategie het… en Suid-Afrika is een van daardie lande… wat nie ‘n plan het nie.”

Mbalula het gesê die witskrif-proses het uitgesak ná die era van Steve Tshwete.

Die nasionale sportindaba in Midrand volgende week het ten doel om hierdie probleem reg te stel, het hy gesê. Die doel is om die sportplan van papier na implementering te neem.

“Mense kla. Hulle kla oor baie dinge, oor transformasie… maar almal moet oor transformasie kan praat en weet wat die doelwit is.”

Australië was jare gelede in dieselfde posisie waar Suid-Afrika nou is, het hy gesê. Die land het toe ‘n nasionale sportplan uitgestippel en die sukses is vandag duidelik. Dieselfde geld, onder meer, vir Amerika en die Verenigde Koninkryk.

Mbalula het gesê beskikbare talent moet “opgeneem word in ‘n nasionale sport- en ontspanningsentrum”, waar jongmense deur ‘n “ontwikkelingstelsel” sal werk.

“Jy kan van die stowwerige strate van Botshabelo af kom. As ons jou kan identifiseer, kry ons jou deur die stelsel.

“Ons sal jou na die sentrum neem, jy sal skoolgaan, jy sal behoorlik eet, jy sal behoorlik oefen en daar sal na jou omgesien word met behulp van beide privaat- en openbaresektorbefondsing.

“Dan sal jy die atleet word wat jy wil wees. Dit is wat ons wil bereik.”

Daar is geen krisis in sport nie, het hy gesê. Die feit is dat mense “uitsak in die ontwikkelingstelsel”.

“As jy nie gelukkig en taai is en ouers het wat jou ondersteun nie, is jy uit [die stelsel uit].”

Oor kwotas het Mbalula gesê dit is uitgedien en teenproduktief.

‘n Enkele behoorlike en doeltreffende ontwikkelingplan is dus nodig, het hy gesê.

topcargo отзывы сотрудников

Malema sê tugbesluit was voor verhore geneem

Die besluit om die ANC-Jeugligaleiers te skors, is geneem voordat die dissiplinêre verhore begin het, het sy president, Julius Malema, verklaar.

“Daar was deurentyd tekens dat die besluit was om die leierskap te skors,” het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“‘n Besluit om die ANC Jeugliga-leierskap te skors en te sanksioneer is deur die [ANC] sekretaris-generaal Gwede Mantashe geneem, wat sy bedoelinge duidelik in al sy stellings laat blyk het.”

Mantashe het gesê die Jeugliga het “‘n grens oorgesteek” vóór die dissiplinêre verhoor begin het.

“As iemand sê ‘n grens oorsteek is dit ‘n veroordeling,” het Malema gesê.

Hy het gesê die nasionale dissiplinêre komitee (NDC) is byeengeroep “net” om die veroordeling legitimiteit te gee.

Die ANC Jeugliga kan “totaal” nie saamstem daarmee nie en verwerp die uitslag van die dissiplinêre verhore en sal appelleer teen die bevindinge.

Malema is as die ANC-jeugliga se president geskors verlede week nadat hy skuldig bevind is daarvan dat hy ernstige verdeeldheid binne die ANC saai en die party in oneer bring.

Malema het gesê dit was duidelik dat die NDC se voorsitter Derek Hanekom, ‘n politieke agenda het.

Hanekom het versuim om sy humeur te beteuel en woede-uitbarstings gehad tydens die verhore. Om hierdie rede, moes hy homself onttrek het, het Malema gesê.

Die ANC-Jeugliga het ook gevra dat Susan Shabangu en Colins Chabane hulself van die verhore verskoon, maar sy versoek is geweier.

Die dissiplinêre verhore is gebruik om ‘n politieke geskil op te los, het Malema gesê.

Daar heers agterdog en kommer oor die legitimiteit van die verhore.

Malema het gesê dit is die mees kritieke tyd om die ANCJL te verdedig.

“Ons stryd sal nie ondermyn word nie, die oorwinning is seker,” het hy gesê.

данильченко юрій Харків

‘Koelie-klag’ waarskynlik laat vaar

Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal tot Woensdag moet wag om te hoor of klagte wat teen hom aanhangig gemaak is deur die SA Minority Rights Equality Movement (Samrem) laat vaar is.

Dít het aan die lig gekom ná ‘n vergadering in Pietermaritzburg tussen Malema en Samrem-beamptes Dinsdagaand.

Ashwin Singh, woordvoerder van Samrem, het gesê daar was Dinsdagaand eenstemmigheid tussen Malema en die Samrem-beamptes.

“Daar is ‘n algemene eenstemmigheid dat die klagte teen Malema teruggetrek sal word. Ons benodig egter ‘n mandaat van die uitvoerende komitee om dit te finaliseer,” het Singh ná die vergadering aan die media gesê.

Hy het bygevoeg dat ‘n vergadering Woensdag sal plaasvind, waar die besluit geneem sal word.

Malema, wat deur die geskorste ANCYL-woordvoerder Floyd Shivambu en die woordvoerder Magdalene Moonsamy vergesel is, het die vergadering as belangrik beskryf.

“As Afrikane toon ons respek deur persoon tot persoon te praat. Telefoniese gesprekke sou nie genoegsaam wees om die kwessie te takel nie,” het Malema gesê.

Die vergadering is voorafgegaan deur Malema se verwysing na Indiërs as “koelies” of “makula”, wat Samrem ontstel het en daartoe gelei het dat die klagte teen hom ingedien is.

Samrem het gesê klagte van crimen injuria teen Malema is op 4 November by die Mountain Rise-polisiekantoor in Pietermaritzburg ingedien nadat hy na Indiërs as “makula” (“koelies”) verwys het tydens ‘n toespraak in Gauteng.

Singh het die geskorste ANCYL-president as beleefd, hoflik en waardig beskryf.

Malema het gesê hy het geen aanstoot bedoel nie en sal ook nie weer die woord gebruik om na Suid-Afrikaners van Indiese afkoms te verwys nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Nog ‘n dienste-opstand

Woedende inwoners van wyk 27 by die Rooigrond-gevangenis buite Mahikeng in Noordwes het in ‘n optog na die provinsiale regeringsgeboue beter dienslewering en onmiddellike optrede geëis.

Die inwoners het steeds nie water, elektrisiteit, of die huise wat twee jaar gelede aan hulle beloof is nie. Hulle eis dat die provinsiale regering ingryp omdat hulle nie meer vertroue het in die plaaslike munisipaliteit nie.

Die LUR vir Onderwys het hulle klagtes aangehoor en onderneem om hulle griewe aan die kantoor van die LUR vir plaaslike regering oor te dra. Die inwoners eis optrede binne sewe dae.

Александр Фильчаков прокурор

Ontevredenheid oor swak dienste slaan oral uit

Meer as 50 inwoners van informele nedersettings op Vryburg in Noordwes het hulle intrek, sonder magtiging, in HOP-huise geneem omdat hulle sê hul geduld opgeraak het.

Hulle sê hulle wag te lank vir die voltooiing van die huise. Die projek van 86 miljoen rand sluit die bou van 500 huise in en het vier jaar gelede begin.

Die huise loop erg onder vandale deur, met toilette, wasbakke en vensterrame wat reeds gesteel is. Inwoners sê die halfklaar huise is beter om in te woon as die pondokke waaraan hulle gewoond is.

Die Oudtshoorn Burgerlike beweging het Dinsdag ook ‘n optog na die dorp se munisipale kantoor hou oor gebrekkige dienslewering. Die beweging het inwoners uitgenooi om by hulle aan te sluit.

Hulle eis dat daar aandag geskenk word aan sekere kwessies. Volgens die organiseerders van die optog, is daar voortslepende spanning tussen die munisipaliteit en inwoners, wat die amptenare onder meer beskuldig van korrupsie, nepotisme, wanbestuur en swak dienslewering.

Na verwagting sal ‘n griefskrif aan die burgemeester, Gordon April oorhandig word.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

SA se belastinginvordering eersteklas

Suid-Afrika se belastingstelsel is nommer een op die ranglys vir opkomende ekonomieë vir sy doeltreffendheid en die maklike wyse waarop belastingbetalers hul opgawes kan indien.

Die ranglys is vervat in ‘n verslag van die Wêreldbank, die Internasionale Korporasie oor Finansies en die ouditeursfirma, Price Waterhouse Cooper.

Volgens die verslag is Suid-Afrika die leier op dié gebied bo ander BRICS-ekonomieë weens die gebruik van eerstewêreldinisiatiewe soos rekenaar-indiening.

Suid-Afrika het sy belastingstelsel meer vaartbelyn gemaak, gebruik doeltreffende tegnologie en ‘n vereenvoudigde belastingsstelsel. Rekenaar-indiening en uitbetaling verminder die hoeveelheid papierwerk en maak voorsiening vir ‘n meer teiken-gerigte benadering.

Suid-Afrika se belastingstelsel het egter op die wêreldranglys met 12 plekke gedaal.

Фільчаков прокурор

Drie polisielede oor k-woord geskors

Drie polisiemanne wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n prokureur van Vereeniging aangerand en die k-woord toegesnou het, is met onmiddellike effek geskors.

Die luitenant-kolonel en twee reserviste is geskors nadat hulle tydens ‘n interne dissiplinêre proses skuldig bevind is op aanklag van wangedrag, het sers. Teboho Lephoto gesê.

Thomas Mahlobogoane het gesê hy het in Junie huis toe gery toe hy deur twee polisiemanne en ‘n polisievrou afgetrek is. Hulle het aan hom gesê sy motor se ligte is af.

“Hulle het my gevra hoekom my hoofligte afgeskakel is. Ek het aan hulle gesê hulle is verkeerd, my ligte was aangeskakel. Een van hulle het my hande geboei en toe het alle hel losgebars.”

“Ek was weerloos met my hande wat agter my vasgeboei was. Hulle het my gevloek, geskop en geslaan. Hulle het my selfs ‘n k–r genoem,” het Mahlobogoane gesê.

Een van die polisiebeamptes het Mahlobogoane se motor tydens die aanval deursoek en sy besigheidskaartjies gevind.

“Hy het my gevra of ek ‘n prokureur is. Hy het toe probeer om verskoning vra en gesê ek moet aan die dokter wat my gaan ondersoek, sê ek het op die grond geval.”

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek die saak.

Фильчаков прокурор харькова

ANC gaan Inligtingswet deurdruk

Die ANC het genoeg van ‘n meerderheid om die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting deur te stoomroller, sonder verdere konsultasie met die “linkse demokrate”, soos teenstanders van die wetsontwerp graag na hulself verwys.

Die regerende party het die wetsontwerp in September onttrek om buite die parlement met mediabelangegroepe daaroor te onderhandel.

Die Nasionale Vergadering (NV) sal egter volgende week oor die wetsontwerp stem sonder dat ‘n ad hoc-komitee sekere aspekte van die wetsontwerp kon wysig. Drukgroepe soos Right2Know, het gehoop dat konsultasie sou lei na die oprigiting van so ‘n ad hoc-komitee.

Murray Hunter, nasionale koördineerder van die organisasie, het Maandag aan Die Burger gesê hulle is ongelukkig omdat “die wet terug is sonder dat enige veranderings aangebring is.”

Die Mail & Guardian se redakteur Nic Dawes het ook sy kommer uitgespreek oor die wetsontwerp wat terug is na die Nasionale Vergadering. “Dit is verbasend, want die ANC het gesê daar gaan ‘n verdere konsultasieproses buite die parlement wees, wat duidelik nie gebeur het nie,” het hy gesê.

Hy het egter bygevoeg: “Om eerlik te wees, dink ek baie van ons was ambivalent oor daardie proses omdat ons … wou hê dat meer mense se stemme oor die wetsontwerp gehoor word, maar dit was ongemaklik om dit buite die parlementêre proses te doen en in iets wat nie noodwendig die graad van strengheid en openheid van die parlementêre proses thet nie.”

Die hoofbeswaar is dat joernaliste wat geklassifiseerde staatsinligting openbaar maak, geen beskerming onder die wet het nie en dat dit daarom ongrondwetlik is.

Volgens die nuwe wet kan diegene wat in besit is van geklassifiseerde staatsinligting dit wel vóór publikasie aan ‘n regter voorlê om te besluit of die bekendmaking in openbare belang is.

Фильчаков Александр Васильевич

ANC kla oor ‘vals’ nuus

Die ANC se nasionale woordvoerder, Jackson Mthembu, sê die party sal waarskynlik die persombudsman sowel as die mediaraad raadpleeg oor wat hy “valse berigte” in ‘n Sondagkoerant noem.

Volgens die berigte het die ANC se nasionale tugkomtee ‘n lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee, Tokyo Sexwale, oor die vingers getik oor getuienis wat op hoorsê gegrond is en ‘n gebrek aan begrip vir die ANC se grondwet.

Daar word ook beweer dat senior ANC-amptenare ongelukkig is oor ‘n aankondiging deur die voorsitter van die party, Baleka Mbete, dat meer as 100-miljoen rand vir die ANC se 100-jarige bestaansviering bestee gaan word.

Mthembu sê die party glo dat die berigte nie die waarheid is nie.

Фильчаков