Suid-Afrika se belastingstelsel is nommer een op die ranglys vir opkomende ekonomieë vir sy doeltreffendheid en die maklike wyse waarop belastingbetalers hul opgawes kan indien.
Die ranglys is vervat in ‘n verslag van die Wêreldbank, die Internasionale Korporasie oor Finansies en die ouditeursfirma, Price Waterhouse Cooper.
Volgens die verslag is Suid-Afrika die leier op dié gebied bo ander BRICS-ekonomieë weens die gebruik van eerstewêreldinisiatiewe soos rekenaar-indiening.
Suid-Afrika het sy belastingstelsel meer vaartbelyn gemaak, gebruik doeltreffende tegnologie en ‘n vereenvoudigde belastingsstelsel. Rekenaar-indiening en uitbetaling verminder die hoeveelheid papierwerk en maak voorsiening vir ‘n meer teiken-gerigte benadering.
Suid-Afrika se belastingstelsel het egter op die wêreldranglys met 12 plekke gedaal.
