Meer as 50 inwoners van informele nedersettings op Vryburg in Noordwes het hulle intrek, sonder magtiging, in HOP-huise geneem omdat hulle sê hul geduld opgeraak het.
Hulle sê hulle wag te lank vir die voltooiing van die huise. Die projek van 86 miljoen rand sluit die bou van 500 huise in en het vier jaar gelede begin.
Die huise loop erg onder vandale deur, met toilette, wasbakke en vensterrame wat reeds gesteel is. Inwoners sê die halfklaar huise is beter om in te woon as die pondokke waaraan hulle gewoond is.
Die Oudtshoorn Burgerlike beweging het Dinsdag ook ‘n optog na die dorp se munisipale kantoor hou oor gebrekkige dienslewering. Die beweging het inwoners uitgenooi om by hulle aan te sluit.
Hulle eis dat daar aandag geskenk word aan sekere kwessies. Volgens die organiseerders van die optog, is daar voortslepende spanning tussen die munisipaliteit en inwoners, wat die amptenare onder meer beskuldig van korrupsie, nepotisme, wanbestuur en swak dienslewering.
Na verwagting sal ‘n griefskrif aan die burgemeester, Gordon April oorhandig word.
