ANC gaan Inligtingswet deurdruk

Die ANC het genoeg van ‘n meerderheid om die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting deur te stoomroller, sonder verdere konsultasie met die “linkse demokrate”, soos teenstanders van die wetsontwerp graag na hulself verwys.

Die regerende party het die wetsontwerp in September onttrek om buite die parlement met mediabelangegroepe daaroor te onderhandel.

Die Nasionale Vergadering (NV) sal egter volgende week oor die wetsontwerp stem sonder dat ‘n ad hoc-komitee sekere aspekte van die wetsontwerp kon wysig. Drukgroepe soos Right2Know, het gehoop dat konsultasie sou lei na die oprigiting van so ‘n ad hoc-komitee.

Murray Hunter, nasionale koördineerder van die organisasie, het Maandag aan Die Burger gesê hulle is ongelukkig omdat “die wet terug is sonder dat enige veranderings aangebring is.”

Die Mail & Guardian se redakteur Nic Dawes het ook sy kommer uitgespreek oor die wetsontwerp wat terug is na die Nasionale Vergadering. “Dit is verbasend, want die ANC het gesê daar gaan ‘n verdere konsultasieproses buite die parlement wees, wat duidelik nie gebeur het nie,” het hy gesê.

Hy het egter bygevoeg: “Om eerlik te wees, dink ek baie van ons was ambivalent oor daardie proses omdat ons … wou hê dat meer mense se stemme oor die wetsontwerp gehoor word, maar dit was ongemaklik om dit buite die parlementêre proses te doen en in iets wat nie noodwendig die graad van strengheid en openheid van die parlementêre proses thet nie.”

Die hoofbeswaar is dat joernaliste wat geklassifiseerde staatsinligting openbaar maak, geen beskerming onder die wet het nie en dat dit daarom ongrondwetlik is.

Volgens die nuwe wet kan diegene wat in besit is van geklassifiseerde staatsinligting dit wel vóór publikasie aan ‘n regter voorlê om te besluit of die bekendmaking in openbare belang is.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae