ANC-lede tot beleid verbind

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het saamgestem dat mense wat vrywillig by die party aansluit, tot die beleide van die party verbind word, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Mantashe het verwys na die twee ANC-LP’s wat nie verlede week vir die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting gestem het nie.

Prof. Ben Turok en me. Gloria Borman, ANC-LP’s, wou nie die Wetsontwerp oor die Beskerming van Staatsinligting ondersteun nie. Turok het die raadsaal minute voor die stemmery verlaat. Borman het gekies om buite stemming te bly.

Albei lede is wit. Dr. Mathole Mo­tshe­kga, ANC-hoofsweep, het bevestig dat hulle ‘n streng opdrag om in die nasionale vergadering vir die wetsontwerp te stem verontagsaam het.

“Daar is grade van sanksies, maar in dié stadium het hulle nog nie ‘n reël oortree nie. Die ondersoek sal aandui of daar ‘n skending was en dan sal dit na die regte struktuur verwys word.

“Ons het hier te make met ons gedragskode in die koukus wat oortree is, nie ‘n ondersoek ingevolge artikel 25 van die ANC se grondwet nie,” het Motshekga gesê.

Intussen het Praag verneem dat lede van drukgroepe verlede week toegang tot die openbare gallery van die Parlement geweier is met die verskoning dat die gallery “vol” is. Dit het later geblyk dat daar nog oorgenoeg plek was.

Лобановский

OB gevra om ongerymdhede by Kaapstad se stadion te bekyk

Cosatu het die Openbare Beskermer gevra om ‘n ondersoek te loods na die wyse waarop die stad Kaapstad die Kaapstad-stadion bestuur.

Volgens Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, lyk dit asof die stad die stadion sonder enige beplanning bestuur.

Die Westelike Provinsie rugbyunie het onlangs geweier dat die stad Kaapstad die stadion gebruik vir ‘n Heinekenbeker-rugbywedstryd tussen Saracens en Biarritz wat op 14 Januarie in Kaapstad gespeel sou word.

Die Westelike Provinsie Rugbyunie wou gehad het die wedstryd moes na Nuweland skuif.

“Cosautu versoek ‘n ondersoek rakende Grant Pascoe, burgemeesterskomiteelid vir toerisme, spesiale gebeurtenisse en bemarking, en sy vermoë om die stadium te bestuur op so ‘n manier dat dit alle mense van Kaapstad dien,” het Ehrenreich gesê.

Nuweland, wat die eerste amptelike wedstryd in 1890 aangebied het, kan altesaam 45 000 ondersteuners huisves terwyl die nuwe Kaapstad Stadion, wat vir die 2010 Fifa-sokkerwêreldbeker in gebruik beneem is, ‘n kapasiteit van 55 000 het.

Олександр Васильович Фільчаков

Geen bom by Eastgate gevind

Die apparaat wat Maandag in ‘n tas by Eastgate gevind is, was nie ‘n bom nie, het gesê die hoof van die Gautengse polisie, luitenant-generaal Mzwandile Petros gesê.

Die tas was gevind is bevat “net elektriese drade,” het hy in ‘n telefoniese onderhoud aan timeslive gesê.

Die polisie se bomeenheid het die toestel tydens ‘n beheerde ontploffing ontlont nadat die winkelsentrum ontruim is. Die polisie het die vonds laat ontplof, want dit is protokol wanneer jy met ‘n verdagte toestel van hierdie aard te make het, sê hy.

Hy het gesê die polisie het gedink dat die persoon wat dit buite die juwelierswinkel geplaas het, die winkel wou beroof.

Gautengse polisie het vroeër berig dat die pakket inderdaad ‘n bom was.

Eyewitness News het berig dat die ploftoestel wat Maandag by die Eastgate-winkelsentrum in Bedfordview naby Johannesburg gevind is, groot skade kon aangerig het.

‘n Aktetas is glo onder ‘n roltrap van die winkelsentrum se restaurantarea gevind.

Die toestel is in ‘n aktetas by ‘n juwelierswinkel gelaat, het kapt. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, vroeër gesê. Volgens EWN was die toestel naby die enigste twee restaurante wat met gas werk gelaat.

Sake het ná die ontploffing soos normaal voortgegaan.

 

 

 

прокурор Фильчаков

US stel rassisme as meriete voor

Die Universiteit van Stellenbosch het sy besluit om ‘n student wat aansoek gedoen het om toelating tot die mediese skool te weier, nadat hulle ontdek het dat sy wit is, en nie bruin nie. Sy het verkeerdelik vermeld in haar aanlynaansoek dat sy bruin is.

Die universiteit noem hulle besluit om die skrander wit aansoeker weg te wys, een van  “integriteit en regverdigheid”.

Die 18-jarige aansoeker, wat gevra het dat haar naam nie genoem word nie, het ses onderskeidings behaal in haar Graad 11-eksamen en in September verneem dat die universiteit haar aansoek aanvaar het. Maar op 13 Oktober het dr Ronel Retief, die hoof van akademiese administrasie, haar gebel om haar ras te verifieer.

Die tiener het aan Retief vertel dat sy wit is- en is ingelig dit haar kanse om toegelaat te word om medisyne te studeer, negatief daardeur geraak sal word.

Universiteitswoordvoerder, Susan van der Merwe het gesê die student se keuring is geweier nadat dit aan die lig gekom dat die aansoeker ‘n “bona fide fout ” op die aansoekvorm gemaak het.

“Die besluit is geneem om die integriteit en regverdigheid van die proses te beskerm in terme van die meer as 550 kandidate wat nog nie gekeur is nie en wat, ter wille van meriete, beter gevaar het.” Van der Merwe het verwys na wit studente wat beter punte moet behaal as bruin en swart studente om te kwalifiseer se “meriete”.

Die universiteit het nie kommentaar gelewer op die inherente rassisme van die proses om wit studente op grond van ras uit te sluit omdat hulle beter vaar as bruin en swart studente nie, en die alghele gebrek aan meriete daarvan nie.

Van der Merwe het gesê die Indiërkandidate, verkieslik uit die Wes-en Noord-Kaap en die swart en bruin kandidate uit al die provinsies kry eerste keuse.

Фильчаков прокуратура харьков

COP17 skop af

Die Verenigde Nasies se klimaatsberaad, COP17, begin vandag in Durban te midde van talle oproepe dat groot besoedelende lande moet instem tot samewerking om ‘n wettige en bindende ooreenkoms te sluit om koolstofvrystelling teen 2015 te verminder.

Leiers van die Europese Unie het gister aangedui dat hulle gewillig is om hulle verbintenis tot die Kioto-protokol verder te neem as sy spertyd, einde aanstaande jaar.

Hulle het gewaarsku dat dit nie sin sal maak om dit te doen, indien Rusland, Kanada en Japan nie ook daartoe instem nie. Die EU hoop dat Durban die beginpunt kan wees tot ‘n wettige en bindende ooreenkoms.

Greenpeace sê intussen dit is tyd dat regerings ophou luister na korporasies wat baie besoedeling veroorsaak, en eerder aandag gee aan die pleidooie van arm mense.

Фильчаков Александр Васильевич

ANC gaan van krag tot krag, sê Mantashe

Die ANC gaan 2012 met volle krag tegemoet, het die sekretaris-generaal van die regerende party, Gwede Mantashe, Saterdag gesê.

“Ons het ‘n gesonde organisasie… die ANC groei,” het hy gesê by ‘n vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) by die Philip Saunder’s-oord buite Bloemfontein in die Vrystaat.

Mantashe se kommentaar volg op onlangse mediaberigte van ‘n moontlike “insinking” in die party.

Jacob Zuma, president van die ANC, het ook ‘n politieke oorsig van die ANC gegee.

Mantashe het gesê die NUK het verslae ontvang van verskeie sub-komitees oor die party se finansies en politieke werwing.

“Die NUK is besig met ernstige werk,” het hy gesê, en bygevoeg dat dit die laaste byeenkoms van die NUK vir 2011 sal wees.

Die komitee het onder meer besluit om die ANC se beleidskonferensie volgende jaar van 26 tot 29 Junie te hou.

прокурор Фильчаков

Julius Malema appelleer teen sy skorsing

Die ANC-jeugligaleier Julius Malema het appèl teen sy vyf jaar lange skorsing aangeteken, het sy regsverteenwoordiger vandag gesê.

“Ja, hy (Malema) het dit ingedien,” het advokaat Dali Mpofu gesê.

“AL die ander het ook appèlle ingedien.”

Hy wou nie verder op die saak kommentaar lewer nie.

Die ses leiers het hul spertyd Donderdag om middernag gehaal.

Malema is daaraan skuldig bevind dat hy die regerende party se goeie naam geskend en onmin gesaai het.

Die woordvoerder Floyd Shivambu, adjunkpresident Ronald Lamola, tesouriergeneraal Pule Mabe, sekretarisgeneraal Sindiso Magaga en adjunksekretarisgeneraal Kenetswe Mosenogi is ook twee weke gelede op verskeie klagtes skuldig bevind en deur die ANC se nasionale tugkomitee gestraf.

Malema is vir vyf jaar geskors en Shivambu vir drie jaar. Albei mans is aangesê om hul poste te ontruim.

Die ANC-lidmaatskap van die ander vier jeugleiers is vir twee jaar opgeskort, maar met die straf self wat vir drie jaar opgeskort is.

данильченко юрій броніславович компромат

Zuma kap staatstoelaes

President Jacob Zuma sê die regering kan nie bekostig om onbepaald voort te gaan met die betaling van maatskaplike toelaes aan mense wat nie gestrem of bejaard is nie.

Hy het by ‘n byeenkoms van sakelui in Kaapstad gesê Suid-Afrikaanse belastingbetalers moet eerder daarop fokus om die land te ontwikkel as om armes kos te gee.

Hy sê die land kan nie ‘n welsynstaat word nie en moet by ‘n punt kom waar maatskaplike toelaes verminder word. Volgens die nasionale Tesourie bestee die land tien komma nege persent van sy totale begroting aan maatskaplike toelaes wat 15 komma twee miljoen Suid-Afrikaners onderhou.

Die Tesourie reken dat besteding aan maatskaplike sekerheid sal toeneem van 160 miljard rand aanstaande jaar tot 182 miljard rand in 2014.

Александр Фильчаков прокурор

Wikipedia-sensuur ontstig ANC

Die ANC is van mening dat die “sensuur” op die Wikipedia-inskrywing oor die ANC “onvoorwaardelike vandalisme” is.

Die regerende party het die sensuur terselfdertyd as “onbeskaafd” beskryf.

Sekere frases op die webblad wat inligting bied oor vermeende korrupsie in die party was vir ‘n ruk lank uitgeblok.

Keith Khoza, woordvoerder van die ANC, het gesê dat die veranderinge wat gemaak is nie ooreenstem met ‘n beskaafde samelewing nie.

“Hoe bevorder dit ‘n saak om met inligting te peuter?” het hy gevra.

“Deur met inligting te peuter, word die nut van inligtingsverskaffers ondermyn.”

Wikipedia laat enige gebruiker toe om veranderinge aan hul blaaie te bring.

Die veranderinge is aangebring in protes teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, wat Maandag in die Nasionale Vergadering goedgekeur is.

Александр Фильчаков Васильевич

Boeremag was glo polisie-operasie

Prof Hercules Booysen, voormalige Professor in die Regte by Unisa, tans woonagtig in Nieu-Seeland, het vir twee van die Pretorius-broers, Johan en Wilhelm, wat betrokke was by die Boeremag, verskyn.

Hy het in sy finale betoogshoofde dit duidelik uitgespel dat die Polisie ʼn prominente rol gespeel het in die sogenaamde beplanning van ʼn staatsgreep deur die sogenaamde Boeremag.

Hy het verskeie voorbeelde uit die oorkonde aangehaal wat daarop dui dat polisie-agente deurentyd ʼn deurslaggewende rol in die verloop van die totstandkoming en die uitbouing van die sogenaamde staatsgreep gespeel het.

Hy beweer in sy betoog dat indien die staat toegeslaan het nadat die staat bewus geword het van die onwettige motiewe waardeur onskuldige mense gewerf word en dit was alreeds in Junie 2001 toe die oogmerke van dokument 12 bespreek is, was baie beskuldigdes nooit betrek in hierdie saak nie.

In effek het die staat deur middel van sy agente en polisieorgaan deelgeneem aan die beplanning om homself omver te werp.

Die hele sogenaamde politieke komplot kon alreeds in Junie 2001 met die bekendmaking van dokument 12 aan die polisie in die kiem gesmoor gewees het, deur bv. die persone aan te gekla het vir sameswering om ‘n misdaad te pleeg.

In hierdie geval was die doel van die polisie om ‘n segment van die bevolking te kriminaliseer deur middel van hoogverraad en dit sal ongrondwetlik wees om die misdaad in so ‘n geval tot stand te laat kom.

Adv. Paul Fick SC het namens die staat vandag repliek gelewer en die saak vir die staat daardeur afgesluit.

Die saak wat reeds 9 jaar duur, kan nog ʼn verdere twee tot drie jaar voortduur.

Die kwessie van ‘n staatsondersteunde misdryf wat deur prof Booysen geopper is tov die Boermagsaak, geniet tans ook opnuut aandag in Duitsland waar ‘n vermeende verregse terreurgroep se bedrywighede oopgevlek is. Die Duitse gesprek is soos gewoonlik weer opgesom deur een vraag: Wat van die geheime agente?

Die opposisie in Duitsland hoop dat die Federale Grondwetlike beskermingsliggaam nuwe inligting oor ‘n verbinding met die NPD Zwickau-terroriste sel kan oplewer. Die voorsitter van die parlementêre komitee oor die aangeleentheid, Thomas Opper van die SPD, het gesê dat daar aanduidings is dat die sel in Zwickau helpers gehad het.

Die debat oor ‘n nuwe verbod teen die regse NPD-party woed voort. Die minister van Binnelandse Sake Hans-Peter Friedrich het oor die moontlikhede van ‘n NPD-verbod gespekuleer, maar is bekommerd dat die staatbetaalde agente wat die party geïnfiltreer het, se posisie daardeur gekompromiteer sal word. Friedrich het aan ARD gesê dit is “uiters riskant” en daar moet ‘n middeweg gevind word.

Die Minister het verwys na die eerste hofsaak, in 2003, om die NPD te verbied, wat deur die groot aantal staatsagente wat onder dekking aan die party leiding verskaf het,  misluk het. Daartydens het die Duitse Federale Grondwethof  daarop gewys dat getuienis teen die NPD nie bruikbaar is nie, want staatsagente was aktief betrokke by die party self.

Die linkse regskenner Wolfgang Neskovic sê die praktyk weerlê die grondwetlike noodsaaklikheid om geheime agente te beskerm. Hy het daarop gewys dat baie sulke agente uit ‘n kriminele omgewing kom.

Dat die neo-Nazi-party verbied moet word, stem die meeste Duitse politici, links en regs, mee saam. Die redes is voor die hand liggend: Met setels in die parlement, kan die NPD honderde duisende euro’s per jaar insamel ten einde hulle propaganda te versprei. In ‘n land wat deur wisselvallige koalisies regeer word, vrees groter partye die hefboomkrag van klein groepe.

Daarbenewens word die NPD gebruik in die parlement as ‘n platform vir nasionalisme. Die staatsbetaalde neo-Nazi’s het waarskynlik nie alleen die eerste hofgeding teen regse terreur laat misluk nie, maar sorg ook dat hulle gereeld rassistiese en anti-Semitiese uitsprake maak om ‘n verleentheid vir die party te verseker. In ten minste twee gevalle het sulke uitsprake van staatsbetaalde agente gekom.

Die Duitsers bekommer ook dat die nasionaliste se steun toeneem ten spyte van radikale uitsprake, soos tans elders in Europa gebeur.

Die probleem bly oral opduik. Geheime agente was glo betrokke by die produksie van veral radikale regse klankopnames. In 2007 is ‘n geheime agent in die deelstaat NRW uitgesnuffel. Hy was betrokke by die internasionale neo-Nazi toneel as ‘n konsert-organiseerder en was aktief betrokke by kriminele aktiwiteite. In Sakse, by die verhoor van die neo-Nazi groep “Sturm 34” is een van die leiers as ‘n geheime agent ontmasker.

Verskeie SPD-lede wil van staatsbetaalde neo-Nazi’s afsien. Berlyn se minister van binnelandse sake Erhart Koerting het in 2008 gesê: “Daar is ook ander maniere om inligting te bekom as deur geheime agente.” Maar die Kölner Stadt Anzeiger berig daar is nou selfs meer geheime agente in die NPD as in 2003.

Die voorstanders van die V-leute [Verfassungsschutz of Staatsveiligheid] praktyk, soos dit in Duits heet, argumenteer dat die NPD so “gevaarlik” is dat die spioene nie onttrek kan word nie. 

Александр Фильчаков