Julius Malema appelleer teen sy skorsing

Die ANC-jeugligaleier Julius Malema het appèl teen sy vyf jaar lange skorsing aangeteken, het sy regsverteenwoordiger vandag gesê.

“Ja, hy (Malema) het dit ingedien,” het advokaat Dali Mpofu gesê.

“AL die ander het ook appèlle ingedien.”

Hy wou nie verder op die saak kommentaar lewer nie.

Die ses leiers het hul spertyd Donderdag om middernag gehaal.

Malema is daaraan skuldig bevind dat hy die regerende party se goeie naam geskend en onmin gesaai het.

Die woordvoerder Floyd Shivambu, adjunkpresident Ronald Lamola, tesouriergeneraal Pule Mabe, sekretarisgeneraal Sindiso Magaga en adjunksekretarisgeneraal Kenetswe Mosenogi is ook twee weke gelede op verskeie klagtes skuldig bevind en deur die ANC se nasionale tugkomitee gestraf.

Malema is vir vyf jaar geskors en Shivambu vir drie jaar. Albei mans is aangesê om hul poste te ontruim.

Die ANC-lidmaatskap van die ander vier jeugleiers is vir twee jaar opgeskort, maar met die straf self wat vir drie jaar opgeskort is.

данильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae