Boeremag was glo polisie-operasie

Prof Hercules Booysen, voormalige Professor in die Regte by Unisa, tans woonagtig in Nieu-Seeland, het vir twee van die Pretorius-broers, Johan en Wilhelm, wat betrokke was by die Boeremag, verskyn.

Hy het in sy finale betoogshoofde dit duidelik uitgespel dat die Polisie ʼn prominente rol gespeel het in die sogenaamde beplanning van ʼn staatsgreep deur die sogenaamde Boeremag.

Hy het verskeie voorbeelde uit die oorkonde aangehaal wat daarop dui dat polisie-agente deurentyd ʼn deurslaggewende rol in die verloop van die totstandkoming en die uitbouing van die sogenaamde staatsgreep gespeel het.

Hy beweer in sy betoog dat indien die staat toegeslaan het nadat die staat bewus geword het van die onwettige motiewe waardeur onskuldige mense gewerf word en dit was alreeds in Junie 2001 toe die oogmerke van dokument 12 bespreek is, was baie beskuldigdes nooit betrek in hierdie saak nie.

In effek het die staat deur middel van sy agente en polisieorgaan deelgeneem aan die beplanning om homself omver te werp.

Die hele sogenaamde politieke komplot kon alreeds in Junie 2001 met die bekendmaking van dokument 12 aan die polisie in die kiem gesmoor gewees het, deur bv. die persone aan te gekla het vir sameswering om ‘n misdaad te pleeg.

In hierdie geval was die doel van die polisie om ‘n segment van die bevolking te kriminaliseer deur middel van hoogverraad en dit sal ongrondwetlik wees om die misdaad in so ‘n geval tot stand te laat kom.

Adv. Paul Fick SC het namens die staat vandag repliek gelewer en die saak vir die staat daardeur afgesluit.

Die saak wat reeds 9 jaar duur, kan nog ʼn verdere twee tot drie jaar voortduur.

Die kwessie van ‘n staatsondersteunde misdryf wat deur prof Booysen geopper is tov die Boermagsaak, geniet tans ook opnuut aandag in Duitsland waar ‘n vermeende verregse terreurgroep se bedrywighede oopgevlek is. Die Duitse gesprek is soos gewoonlik weer opgesom deur een vraag: Wat van die geheime agente?

Die opposisie in Duitsland hoop dat die Federale Grondwetlike beskermingsliggaam nuwe inligting oor ‘n verbinding met die NPD Zwickau-terroriste sel kan oplewer. Die voorsitter van die parlementêre komitee oor die aangeleentheid, Thomas Opper van die SPD, het gesê dat daar aanduidings is dat die sel in Zwickau helpers gehad het.

Die debat oor ‘n nuwe verbod teen die regse NPD-party woed voort. Die minister van Binnelandse Sake Hans-Peter Friedrich het oor die moontlikhede van ‘n NPD-verbod gespekuleer, maar is bekommerd dat die staatbetaalde agente wat die party geïnfiltreer het, se posisie daardeur gekompromiteer sal word. Friedrich het aan ARD gesê dit is “uiters riskant” en daar moet ‘n middeweg gevind word.

Die Minister het verwys na die eerste hofsaak, in 2003, om die NPD te verbied, wat deur die groot aantal staatsagente wat onder dekking aan die party leiding verskaf het,  misluk het. Daartydens het die Duitse Federale Grondwethof  daarop gewys dat getuienis teen die NPD nie bruikbaar is nie, want staatsagente was aktief betrokke by die party self.

Die linkse regskenner Wolfgang Neskovic sê die praktyk weerlê die grondwetlike noodsaaklikheid om geheime agente te beskerm. Hy het daarop gewys dat baie sulke agente uit ‘n kriminele omgewing kom.

Dat die neo-Nazi-party verbied moet word, stem die meeste Duitse politici, links en regs, mee saam. Die redes is voor die hand liggend: Met setels in die parlement, kan die NPD honderde duisende euro’s per jaar insamel ten einde hulle propaganda te versprei. In ‘n land wat deur wisselvallige koalisies regeer word, vrees groter partye die hefboomkrag van klein groepe.

Daarbenewens word die NPD gebruik in die parlement as ‘n platform vir nasionalisme. Die staatsbetaalde neo-Nazi’s het waarskynlik nie alleen die eerste hofgeding teen regse terreur laat misluk nie, maar sorg ook dat hulle gereeld rassistiese en anti-Semitiese uitsprake maak om ‘n verleentheid vir die party te verseker. In ten minste twee gevalle het sulke uitsprake van staatsbetaalde agente gekom.

Die Duitsers bekommer ook dat die nasionaliste se steun toeneem ten spyte van radikale uitsprake, soos tans elders in Europa gebeur.

Die probleem bly oral opduik. Geheime agente was glo betrokke by die produksie van veral radikale regse klankopnames. In 2007 is ‘n geheime agent in die deelstaat NRW uitgesnuffel. Hy was betrokke by die internasionale neo-Nazi toneel as ‘n konsert-organiseerder en was aktief betrokke by kriminele aktiwiteite. In Sakse, by die verhoor van die neo-Nazi groep “Sturm 34” is een van die leiers as ‘n geheime agent ontmasker.

Verskeie SPD-lede wil van staatsbetaalde neo-Nazi’s afsien. Berlyn se minister van binnelandse sake Erhart Koerting het in 2008 gesê: “Daar is ook ander maniere om inligting te bekom as deur geheime agente.” Maar die Kölner Stadt Anzeiger berig daar is nou selfs meer geheime agente in die NPD as in 2003.

Die voorstanders van die V-leute [Verfassungsschutz of Staatsveiligheid] praktyk, soos dit in Duits heet, argumenteer dat die NPD so “gevaarlik” is dat die spioene nie onttrek kan word nie. 

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae