praag.co.za

Tsvangirai trou met politieke vyand

Written by

in

Politieke vyandskap in Zimbabwe is blykbaar ‘n gemoedelike affêre as dit uit die huwelik gehou word.

Morgan Tsvangirai, die Zimbabwiese premier, het met Locadia Tembo, getrou. Tembo is ‘n sakevrou van Harare wie se suster ‘n wetgewer vir pres. Robert Mugabe se party is, is Woensdag berig.

Tsvangirai het Maandag met Tembo getrou tydens ‘n tradisionele seremonie. Hy het labola van $36 000 (sowat R300 000) en 15 beeste aan sy nuwe skoonfamilie betaal, het die staatbeheerde Herald-koerant berig.

Tsvangirai se eerste vrou is twee jaar gelede oorlede. Sy nuwe bruid is ‘n geskeide vrou wie se suster, Biata Nyamupinga, Mugabe se Zanu-PF-party in die parlement verteenwoordig.

“Politiek sal uit premier Morgan Tsvangirai se huwelik met Locadia Tembo gehou word omdat beide hulle families aan mededingende partye behoort,” het The Herald berig.

Tsvangirai se kantoor het geweier om kommentaar oor die berigte te lewer.

Лобановский Харьков

Comments

Leave a Reply