Die Universiteit van Stellenbosch het sy besluit om ‘n student wat aansoek gedoen het om toelating tot die mediese skool te weier, nadat hulle ontdek het dat sy wit is, en nie bruin nie. Sy het verkeerdelik vermeld in haar aanlynaansoek dat sy bruin is.
Die universiteit noem hulle besluit om die skrander wit aansoeker weg te wys, een van “integriteit en regverdigheid”.
Die 18-jarige aansoeker, wat gevra het dat haar naam nie genoem word nie, het ses onderskeidings behaal in haar Graad 11-eksamen en in September verneem dat die universiteit haar aansoek aanvaar het. Maar op 13 Oktober het dr Ronel Retief, die hoof van akademiese administrasie, haar gebel om haar ras te verifieer.
Die tiener het aan Retief vertel dat sy wit is- en is ingelig dit haar kanse om toegelaat te word om medisyne te studeer, negatief daardeur geraak sal word.
Universiteitswoordvoerder, Susan van der Merwe het gesê die student se keuring is geweier nadat dit aan die lig gekom dat die aansoeker ‘n “bona fide fout ” op die aansoekvorm gemaak het.
“Die besluit is geneem om die integriteit en regverdigheid van die proses te beskerm in terme van die meer as 550 kandidate wat nog nie gekeur is nie en wat, ter wille van meriete, beter gevaar het.” Van der Merwe het verwys na wit studente wat beter punte moet behaal as bruin en swart studente om te kwalifiseer se “meriete”.
Die universiteit het nie kommentaar gelewer op die inherente rassisme van die proses om wit studente op grond van ras uit te sluit omdat hulle beter vaar as bruin en swart studente nie, en die alghele gebrek aan meriete daarvan nie.
Van der Merwe het gesê die Indiërkandidate, verkieslik uit die Wes-en Noord-Kaap en die swart en bruin kandidate uit al die provinsies kry eerste keuse.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.