Mantashe het verwys na die twee ANC-LP’s wat nie verlede week vir die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting gestem het nie.
Prof. Ben Turok en me. Gloria Borman, ANC-LP’s, wou nie die Wetsontwerp oor die Beskerming van Staatsinligting ondersteun nie. Turok het die raadsaal minute voor die stemmery verlaat. Borman het gekies om buite stemming te bly.
Albei lede is wit. Dr. Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, het bevestig dat hulle ‘n streng opdrag om in die nasionale vergadering vir die wetsontwerp te stem verontagsaam het.
“Ons het hier te make met ons gedragskode in die koukus wat oortree is, nie ‘n ondersoek ingevolge artikel 25 van die ANC se grondwet nie,” het Motshekga gesê.
Intussen het Praag verneem dat lede van drukgroepe verlede week toegang tot die openbare gallery van die Parlement geweier is met die verskoning dat die gallery “vol” is. Dit het later geblyk dat daar nog oorgenoeg plek was.
