praag.co.za

Kanada teken nie weer Kioto

Kanada gaan nié ‘n tweede bindende internasionale ooreenkoms oor kweekhuisgasvrystellings onderteken nie.

Die Kanadese minister van omgewingsake, Peter Kent het dit gesê oor die Kioto-verdrag tydens klimaatsamesprekings in Durban. Die Kioto-verdrag – die enigste wêreldwye ooreenkoms om kweekhuisgasvrystellings te verminder – verstryk aan die einde van aanstaande jaar.

Kent sê Kanadese verteenwoordigers is in Durban om te onderhandel vir ‘n mandaat om ‘n nuwe internasionale ooreenkoms te sluit, wat uiteindelik bindend sal word.

Hy sê dit moet ál die groot nywerheidslande en ontluikende ekonomieë insluit. Die drie grootste besoedelaars – Amerika, Sjina en Indië – steun nie die Kioto-verdrag nie, hoewel Kanada wel deel daarvan is.

Фильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply