Kaapstad knap vervoer vir armes op

Openbare vervoer in Kaapstad, insluitend busse, taxi’s en treine, sal voortaan deur ‘n enkele owerheid bestuur word. Pendelaars sal met een kaart van al drie soorte vervoer gebruik kan maak.

Die burgemeester, Patricia de Lille het by die bekendstelling van die Geïntegreerde Openbare Vervoerowerheid gesê die grootste gedeelte van die finansiële hulpbronne wat van die regering ontvang is, sal gebruik word om openbare vervoer-infrastruktuur in arm gemeenskappe te verbeter.

Die uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap, PRASA, Lucky Montana, sê Kaapstad en die Wes-Kaap het bewys dat hulle daartoe verbind is om openbare vervoerkwessies aan te pak.

Hy het by dieselfde geleentheid gesê ‘n funksionele openbare vervoerstelsel is van die uiterste belang vir groei. Montana sê PRASA en Metrorail sal die stad ondersteun in sy poging om ‘n geïntegreerde openbare vervoerstelsel te skep.

Данильченео

Skool verpligtend vir tronkvoëls

Volwasse onderrigklasse sal vanaf volgende jaar verpligtend wees vir gevangenes, het die departement van korrektiewe dienste Donderdag gesê.

Gevangenes sal die ABET-program (vlak een tot vier) voltooi, het die departement in ‘n verklaring gesê.

“Ons werk daaraan om ons tronke in skole te verander en ons wil hê oortreders moet lees, studeer en werk.”

“Die sleutel tot rehabilitasie is om oortreders te bemagtig om vaardighede te hê, sodat hulle effektief in die samelewing kan funksioneer wanneer hulle vrygelaat word.”

Die departement het verder gesê onderrigkursusse is belangrik om gevangenes te rehabiliteer voordat hulle weer in hul gemeenskappe vrygelaat word.

Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het ‘n beroep gedoen op gevangenes wat vir matriek studeer, om hul slaagsyfer na 100% te verbeter van die 90% gemiddeld van die afgelope ses jaar.

Фильчаков Александр Васильевич

Horings, ‘n probleem wat groei

Dit is nog nie eens die einde van Oktober nie en daar is al 455 renosters hierdie jaar in Suid-Afrika doodgemaak vir hulle horings – agt meer as die einde van 2011.

Van hierdie is 272 renosters in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gestroop. Dié syfers is vandag deur die Department van Omgewingsake bekendgemaak.

Ondersoekspanne het reeds 207 vermeende stropers gearresteer, waarvan 179 die stroopwerk gedoen het, 10 ontvangers van die horings was en 18 dit vervoer het.

‘n Veearts waarmee praag.co.za gesels het, sê dit wys hoe min die geldinsamelingsaksies beteken vir die diere se veiligheid. Hy het gesê die publiek moet sulke skenkings vermy, want dit lei na niks.

Die werklike probleem is ‘n politieke een, se die diere-arts. Omdat daar geen politieke wil bestaan om winste uit renosterhoring te bekamp nie, amptenare uiters omkoopbaar is en die minister van toerisme nie ‘n vinger sal lig om die in te gryp in die Krugerwildtuin nie, sal die probleem aanhou groei, meen hy.

прокурор харьковской области

Zuma pleit dat werkers terugkeer werk toe

President Jacob Zuma het met verwysing na Suid-Afrika se arbeidskrisis Woensdag ‘n oproep aan die stakende mynwerkers gedoen om terug te keer werk toe en gevra dat maatskappyvoorsitters hul salarisse vries, te midde van maande van industriële onrus en bloedvergieting wat dreig om die land se ekonomie te ontspoor.

Na byna vyf uur agter geslote deure met sake- en arbeidsleiers, het Zuma gevra dat tienduisende werkers wat onwettig staak, terugkeer werk toe.

“Ons doen ‘n beroep op werkers wat met onbeskermde stakings besig is om terug te keer om so gou as moontlik sodat die produksie in die mynbedryf genormaliseer word,” het hy gesê.

“Geweld en intimidasie moet tot ‘n einde kom. Dit het geen rol in ons stelsel nie.”

In ‘n poging om werkers tegemoet te kom, het Zuma ook maatreëls aangekondig om myndorpe te ontwikkel en ‘n beroep op senior sakelui gedoen, asook die regering, om salarisverhogings en bonusse vir volgende jaar te vries.

Dat hy gesê dit sal ‘n “sterk verbintenis om ‘n billike ekonomie op te bou” kommunikeer.

Zuma het daarop aangedring dat “die frustrasies en uitdagings wat duidelik geword het tydens die protes en die legitieme griewe aangespreek sal word”.

Hy behuisingsbehoeftes, druk op lone wat veroorsaak word deur hoë vlakke van persoonlike skuld en loonverskille geopper “wat sosiale kohesie onder Suid-Afrikaners” belemmer.

Zuma se kommentaar is die regering se eerste beslissende stap om die wydverspreide onrus te stop.

Volgens die politieke kommentator Moeletsi Mbeki, het die polisiemoorde op 34 platinum-mynwerkers by Marikana op 16 Augustus die regering se geloofwaardigheid vernietig en werkers sal waarskynlik nie ag slaan op Zuma se versoek nie.

“Hulle is in geen posisie om te bemiddel nie,” het Mbeki gesê, die jonger broer van die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki. “Hulle moes nooit geweld teen die mynwerkers gebruik het nie, want dit het die posisie van die werkers verhard.”

Industriële verhoudings is ‘n taai onderwerp wat belaai is met politieke en ekonomiese gevare vir Zuma, omdat hy sowel beleggers as linkses, kommuniste en vakbondlede in sy regerende koalisie moet gelukkig hou.

“Die regering is ‘n groot begunstigde van die mynbedryf in Suid-Afrika in terme van die belasting wat hulle kry van die mynbedryf,” het Mbeki gesê. “Hulle sien hoe verloor hulle belasting en harde valuta verdienste.”

Die groot toets vir die myne sowel as Zuma sal Donderdag wees, wanneer daar ‘n sperdatum vir soveel as 15 000 Gold Fields se werknemers is om terug te keer of om ontslag in die gesig te staar.

данильченко юрій броніславович

Talle voertuie beskadig tydens geweld in Benoni

‘n Optog na Benoni se munisipale geboue het Woensdag in geweld ontaard en talle voertuie is beskadig. Die organiseerders sê dit moes ‘n vreedsame opmars gewees het, maar het hand uitgeruk en hulle moes noodgedwonge die polisie se hulp vra.

Betogers het polisiebeamptes wat die gebou opgepas het, met stokke en klippe getakel.

Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die betogers te verjaag. ‘n Motoris sê sy voertuig is sonder waarskuwing beskadig in die oproer. Hy het gaan inkopies doen en met sy terugkoms ontdek dat sy motorruit uitgeslaan is.

Ongeveer 20 mense is in die geweld beseer wat tot chaos van vlugtendes wat mekaar vertrap gelei het. Dit is nie bekend hoeveel van die betogers in hegtenis geneem is en deur polisievoertuie weggeneem is nie.

Honderde betogers wat terug na ‘n informele nedersetting in die buitewyke van Wattville geloop het, het motors en winkels beskadig.

‘n Sapa-verslaggewer sê minstens vyf motors is erg beskadig deur die oproermakers.

прокурор Фильчаков

Die bodemlose put van grondherstel

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het drie miljard rand belê vir die aankoop van meer as 700 plase in Limpopo vir grondhersteldoeleindes.

Die meeste van die plase is op die randjie van ineenstorting weens ‘n gebrek aan vaardigheid en binnegevegte. Die senior bestuurder in die Departement in die provinsie, Rirandzu Shilote, sê die regering het met die herkapitalisasieprogram vorendag gekom om die begunstigdes te help.

Hy sê van die projekte maak gebruik van mentors wat ervare kommersiële boere is wat help om die begunstigdes op te lei en seker te maak dat die vaardigheid aan hulle oorgedra word.

Die finansiële aspekte word ook behoorlik bestuur en die produkte bemark.

лобановский харьков класс

IVP-lid voor kameras geskiet

‘n Ondersteuner van die Inkatha Vryheidsparty is Maandagmiddag buite die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal voor polisiebeamptes en televisie-kameras doodgeskiet.

‘n Raadslid van die IVP, Mdu Nkosi, sê die skote is afgevuur toe Siya Dlamini ‘n onderhoud buite die hof gevoer het in verband met ‘n ander voorval waarin ‘n ondersteuner van die party ook geskiet is.

‘n Raadslid van die Nasionale Vryheidsparty is in verband met Dlamini se skietdood in hegtenis geneem.

Die moordverdagte sal Woensdag in dieselfde hof waar die skietery plaasgevind het, verskyn.

данильченко юрій Харків

Buitelander geskiet

‘n Man van Bangladesj is vermoedelik deur twee rowers buite sy winkel in Galeshewe, Kimberley, doodgeskiet, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.

Ao. Essie Esterhuizen het gesê die man was besig om sy winkel te sluit toe twee gewapende mans hom genader het.

‘n Struweling het ontstaan en die man is geskiet. Hy is op die toneel dood.

Die twee verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld, sigarette en lugtyd gevlug.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

прокурор Фильчаков

Malema moet grond teruggee

Julius Malema, eertydse leier van die ANC-jeugliga, moet sy al grond aan die Khoisan-gemeenskap teruggee, het AfriForum Jeug Dinsdag gesê.

“Malema se voorouers het self suidwaarts getrek en sonder grond in Suid-Afrika aangekom,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

“Ons is daarom van mening dat Malema geen aanspraak kan maak op die bydrae wat wit mense in Suid-Afrika gemaak het nie.”

Die organisasie het reageer op uitlatings wat Malema op ‘n troue in Harare, Zimbabwe gemaak het.

Malema het gesê jeugdiges in Suid-Afrika doen ‘n beroep op wit mense om grond en minerale hulpbronne op te gee want “toe hulle van Europa gekom het, het hulle nie enige grond na Suid-Afrika gedra nie, het Zimbabwe se Herald Online berig.

“Wat ons vra is dat hulle ons minerale opgee want hulle het nie met enige minerale gekom nie. Ons soek daardie grond en daardie minerale gratis want hulle het nooit vir daardie minerale betaal nie.”

Malema het gesê wit mense het moord gepleeg om grond te bekom.

“Hulle het eintlik mense vermoor om daardie grond en minerale te kry. Ons gaan nie vir hulle geld gee wanneer ons die grond terugneem nie want dit sal wees asof ons hulle met geld bedank vir die moord op ons mense.

“Ons sal dit nooit doen nie; min het hulle geweet ons is nie bang vir bloed nie,” het hy gesê.

“Ons wil nie oorwin word nie maar om bloed te sien is nie waarvoor ons bang is nie; solank daardie bloed vir ons gee wat ons toekom, is ons bereid om dit te doen.”

Oberholzer het gesê Malema is besig “om geweld te verromantiseer”.

“Die geskiedenis is kompleks en om ‘n verwronge weergawe daarvan te versprei, is bloot vandalisties teenoor elke Suid-Afrikaner wat wel ‘n positiewe bydrae in die land wil maak.

“As jongmense is ons hier om te bly en sal ons ook nie van ons probleme weghardloop nie. Geen gemeenskap moet terugstaan om die reg tot vreedsame naasbestaan te verdedig nie.”

Лобановский

Malema belowe bloedvergieting

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, glo bloedvergieting kan help om grond en minerale in Suid-Afrika in die hande van armes te kry, volgens ‘n berig wat Dinsdag verskyn het.

Malema was Saterdag in Harare om ‘n huwelikseremonie by te woon en Zanu-PF-jeuglede toe te spreek, het Zimbabwe se Herald Online berig.

Hy het gesê jong swartes in Suid-Afrika doen ‘n beroep op wit mense om grond en minerale hulpbronne te oorhandig want “toe hulle van Europa gekom het, het hulle nie enige grond na Suid-Afrika saamgebring nie.

“Wat ons vra is dat hulle ons minerale opgee want hulle het nie met enige minerale gekom nie. Ons soek daardie grond en daardie minerale gratis want hulle het nooit vir daardie minerale betaal nie.”

Malema het gesê wit mense het moord gepleeg om grond te bekom.

“Hulle het eintlik mense vermoor om daardie grond en minerale te kry. Ons gaan nie vir hulle geld gee wanneer ons die grond terugneem nie want dit sal wees asof ons hulle met geld bedank vir die moord op ons mense.

“Ons sal dit nooit doen nie; min het hulle geweet ons is nie bang vir bloed nie,” het hy gesê.

“Ons wil nie oorwin word nie maar om bloed te sien is nie waarvoor ons bang is nie; solank daardie bloed vir ons gee wat ons toekom, is ons bereid om dit te doen.”

Malema het ook gesê Zimbabwe is ‘n inspirasie vir die res van Afrika.

Фільчаков прокурор