Vooroordele teen Zuma verhoed begrip

Diegene met vooroordele teenoor pres. Jacob Zuma verhinder die land om sy opmerking dat troeteldiere deel is van die ‘wit kultuur’, te verstaan, het die ANC se hoofsweep Vrydag gesê.

“Slegs die mense wat bevooroordeeld en vyandig is wil hê dat ons moet glo dat die president sy vakansie onderbreek het om die gemeenskap oor honde toe te spreek,” het die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, in ‘n verklaring gesê.

Mothapo het gesê diegene “wat diepliggende anti-Zuma vooroordele het” sluit mense in die media en sekere politieke kommentators in.

Die Star het Donderdag berig dat Zuma, in ‘n toespraak wat hy by Impendle in KwaZulu-Natal gelewer het, gesê het dat om geld te spandeer deur ‘n hond te koop en die hond dan na die veearts te neem en met die dier te gaan stap, alles deel is van die ‘wit kultuur’.

Die presidensie het later ‘n verklaring uitgereik om te verduidelik dat Zuma se doelwit was om “Afrikane se gedagtes te dekoloniseer” met sy toespraak.

Александр Фильчаков Васильевич

Muldersdrif-aanvalle: Verdagtes vas

Vyf verdagtes wat glo verbind word met gewelddadige aanvalle in Muldersdrift, is Woensdag in hegtenis geneem, berig Eyewitness News.

Die vyf swartes is aangekeer nadat ‘n gesin verlede week tydens ‘n rooftog met vuurwapens aangehou is.

Die arrestasies word beskryf as ‘n groot deurbraak in die stryd teen gewelddadige aanvalle in die gebied, waarmee inwoners te kampe gehad het.

Die polisie in Gauteng glo die vyf mans wat in hegtenis geneem is, is deel van ‘n sindikaat wat verantwoordelik is vir die onlangse gewelddadige huisbrake en rooftogte in Muldersdrift.

Die mans is vasgetrek nadat ‘n kredietkaart wat tydens ‘n gewapende rooftog gesteel is, die polisie na Diepsloot gelei het.

Supt. Lungelo Dlamini het gesê die polisie het ook beslag gelê op ander items wat vermoedelik in die aanvalle gesteel is.

Hy het gesê ‘n voertuig is ook in die mans se besit gevind.

Die verdagtes verskyn Donderdag in die Krugersdorp-landdroshof.

прокурор харьковской области

Zuma: Hou op om wittes na te boots

Die presidensie het ‘n verklaring uitgereik om te probeer verduidelik wat pres. Jacob Zuma bedoel het toe hy in ‘n toespraak swart mense, wat probeer om soos wit mense te wees, gekritiseer het, het RSG Donderdag berig.

‘n Woordvoerder vir die presidensie, Mac Maharaj, het gesê Zuma het slegs probeer om Afrikane se gedagtes te dekoloniseer in die toespraak op Impendle in KwaZulu-Natal.

Zuma het volgens berigte gesê dat om geld op honde te spandeer deel is van wit kultuur.  Om ‘n hond ten duurste aan te koop, na die veearts en op uitstappies te neem, hoort in die wit kultuur, het pres. Zuma gesê.

Daar is ‘n nuwe generasie van jong swartes wat probeer ander kulture na te boots en selfs om soos wittes te lyk, het hy gesê. Hy het gesê die Afrika-manier is om eerder op familie te fokus.

“Al gebruik jy enige room en maak jy jou hare reguit, sal jy nooit wit wees nie,” het Zuma gesê.

Zuma het verder gesê ‘n persoon wat waardigheid en ubuntu verloor, sal waarskynlik respek en liefde vir sy medemens verloor. Hy het gesê swart mense moet ophou om die gewoontes van ander kulture aan te leer.

Hy het mense, wat honde meer as mense liefhet, beskryf as mense wat ‘n “gebrek aan menslikheid het”.

Terwyl hy die toespraak gelewer het, het duisende mense gelag en hom toegejuig.

Dit was Zuma se eerste openbare verskyning sedert hy verlede week in Mangaung tot ‘n tweede termyn verkies is.

 

 

Hy het ook swart mense gekritiseer wat rome aanwend om hulle hare reguit te maak.

Фільчаков прокурор

Harmony-myn stuur wit skofbaas byna na sy dood

Die Harmony-myn het ‘n wit skofbaas Donderdag ondergronds gedwing saam met oproerige swart stakers, ten spyte van sy waarskuwings en hom byna na sy dood gestuur.

‘n Wit skofbaas by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville moes noodgedwonge ondergronds wegkruip nadat die mynbestuur hom gedwing het om saam met 1 700 oproerige swart mynwerkers af te gaan, berig Beeld.

Die myn het Woensdag 585 mynwerkers, wat van Saterdag af aan ‘n onwettige staking deelgeneem het, afgedank. Tien mense is Donderdag beseer toe werkers en veiligheidspersoneel slaags geraak het.

Dries Oosthuizen sê hulle het toe reeds geweet daar gaan die volgende dag probleme ondergronds wees. Hulle vermoedens is Donderdag bevestig toe hulle vir die 05:00-skof aanmeld.

Oosthuizen en ‘n kollega het vir hul bestuurder gesê het hulle is bekommerd oor wat tydens die skof kan gebeur.

Die bestuurder het aan Oosthuizen  gesê as hy nie afgaan nie, sal hy as “deel van die staking” beskou word. Die twee is dus gedwing om ondergronds te gaan.

Die sowat 1 700 ontevrede stakers het toe reeds die skagte volgepak. Hulle is teen 10:30 meegedeel dat hulle nie toegelaat sal word om die skagte te verlaat nie.

‘n Ruk later het die mynbestuur hulle ingelig dat die situasie “uiters gevaarlik” is. Hulle is aangesê om weg te kruip sodat die stakers hulle “glad nie raaksien nie”.

Toe hulle gistermiddag omstreeks 17:00 uit die myn kom, het hope handgemaakte wapens oral rondgelê.

Oosthuizen het aan Beeld gesê hulle het vir hul lewens gevrees en dat hulle as gyselaars gedien het.

‘n Woordvoerder van die myn, Me Basterfield, het gesê sy kan nie kommentaar lewer nie, maar “die mynbestuur het in die moeilike omstandighede hul bes gedoen om die situasie te hanteer”.

Данильченко Юрий Брониславович

Myne se rykdom moet verdeel word

Die ANC bly by sy beleidsbesluit om ‘n gemengde ekonomie te handhaaf, het Zweli Mkhize, die nuutverkose tesourier-generaal, Vrydag gesê.

“Hierdie konferensie het besluit dat daar geen nasionalisering in Suid-Afrika gaan wees nie,” het Mkhize op ‘n sake-ontbyt gesê.

Hy het gesê die kwessie van nasionalisering en spesifiek dié van myne is deur die ANC-jeugliga aangevoer as ‘n beleidskwessie wat by die nasionale konferensie aanvaar moet word.

Mkhize het gesê die ANC en sy algemene raad het die kwessie deur navorsing, oorsese besoeke en besprekings ondersoek en ‘n model wat verskillende vorms van eienaarskap het, het geseëvier.

“Dit is ontleed,” het hy gesê.

Hy het egter gesê die probleme in die mynbedryf sal onder die soeklik kom, sowel as hoe myngemeenskappe in die rykdom van dié bedryf sal deel.

Лобановский Харьков

ANC-komitee 100% Zuma

Die ANC se nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) is Donderdag by die verkiesingskongres in Bloemfontein aangekondig.

Onder die nuutverkose lede is Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie-kommissie, Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, Lindiwe Sisulu, minister vir die staatsdiens en administrasie, Collins Chabane, minister in die presidensie en Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Ander lede wat by die komitee betrokke gaan wees sluit in Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, Derek Hanekom, minister van wetenskap en tegnologie, Pravin Gordon, minister van finansies, Nathi Mthethwa, minister van polisie, Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering en Tito Mboweni, gewese president van die Reserwebank.

Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal, Thandi Modise, gewese adjunk-sekretaris-generaal, is nie gekies om op die nasionale uitvoerende komitee te dien nie.

Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings, Paul Mashatile, Gautengse ANC-voorsitter en Fikile Mbalula, minister van sport, is ook nie gekies nie.

Фильчаков Александр Васильевич

ANC, regter beskuldig Zille van politieke opportunisme

Die ANC-woordvoerder, Jackson Mthembu, het die opposisie-leier, Helen Zille, daarvan beskuldig dat sy jaloers is op pres. Jacob Zuma se herverkiesing as leier van die regerende party.

“Aanmerkings wat deur Zille gemaak is oor die herverkiesing van kameraad president Jacob Zuma is niks anders as politieke jaloesie nie, wat geïnspireer is deur haar kwaadwillige desperaatheid om dieselfde ondersteuning te ontvang as wat die ANC in die land geniet,” het Mthembu Dinsdag gesê.

“Die aard van die aanmerkings…ontbloot Zille se persoonlike haat van die ANC en is ‘n lomp poging om aan die media-aandag, wat die kongres ontvang het, te klou.”

Zille het vroeër gesê dat die uitslae van die ANC se verkiesingskongres in Mangaung, die “verbrokkeling” en ineenstorting van die regerende party sal versnel.

‘n Kaapse regter het intussen die Wes-Kaapse premier vir “absolute politieke opportunisme” gekritiseer nadat sy ‘n laat toegewing in die geskil oor die sluiting van die skole in die provinsie wou maak.

Op die tweede dag van die aanhoor van ‘n aansoek om die verbod van die sluiting van 17 skole, het Zille haar prokureurs opdrag gegee om ‘n ooreenkoms te onderhandel wat sal toelaat dat vier skole op die Kaapse Vlakte nie gesluit word nie.

Regter Seraj Desai, was nie beïndruk daarmee nie. Hy het gesê dat Zille die hof se tyd gemors het en ‘n “bespotting” van die hof gemaak het omdat die partye vroeër ‘n ooreenkoms kon bereik het.

“Vir die premier om nou ‘n toegewing te maak, nadat ons vir twee dae gesit het, is absolute politieke opportunisme,” sê Desai.

‘n Volbank regters het die aansoek gehoor.

“Sekerlik, ten minste, sou ‘n mens intelligente kommunikasie tussen die besluitnemer [DA se LUR vir onderwys Donald Grant] en die nadelig geaffekteerde partye verwag?” het Desai ergerlik gevra.

прокурор Фильчаков

Minister het polisie glo beveel om stakers te skiet

Die Marikana-kommissie van ondersoek het gehoor dat Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, die polisie beveel het om stakende mynwerkers tydens die Lonmin-staking te skiet, berig die SABC.

Brig. Zephania Mkwanazi, ‘n opleidingsdeskundige in openbare orde-polisiëring, word tans deur adv. George Bizos, menseregte-aktivis en oud-anti-apartheidstryder, ondervra.

Mkhwanazi het egter gesê die polisie se doel is om polisiebeamptes te leer om gemeenskappe te beskerm en nie dood te skiet nie.

Hy hou vol dat hy nie deel was van die polisie-optrede op 16 Augustus nie en het herhaaldelik geweier om verskeie vrae van Bizos te beantwoord.

Mkhwanazi het gesê hy wil nie aannames maak nie, maar het saam met Bizos gestem oor die stelling dat Shabangu se uitlating polisiebeamptes kon verwar met die uitvoering van hul pligte.

Volgens Bizos het die minister, nadat sy verklaar het dat die polisie moet skiet om dood te skiet, gesê sy soek nie ‘n waarskuwingskoot nie en dat polisielede in Marikana nie bekommerd hoef te wees oor regulasies nie.

Mkwanazi het gesê hy is nie bewus van dié stelling nie en hou vol dat “dood” en “skiet” nie in sy woordeskat is nie.

Die ondersoek duur voort.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Staat moet eienaarskap van strategiese bedrywe vergroot

Die ANC se Mangaung verkiesingskonferensie in Bloemfontein het die Nasionale Ontwikkelingsplan as ‘n langtermyn ekonomiese strategie vir die land onderskryf.

Die konferensie het ook voorstelle onderskryf dat die staat se mynmaatskappy versterk moet word en ‘n staatsbank gestig word. Verwysings na nasionalisering is egter vervang deur ‘n oproep op die staat om sy eienaarskap van strategiese sektore te vermeerder om groei te bevorder.

Die kommissie-hoof Enoch Gondongwana sê die ANC streef daarna om makro-ekonomiese balans te behou.

Die ANC het media berigte ontken dat daar ‘n plan is om die party se nuwe adjunk-president Cyril Ramaphosa, die land se eerste minister te maak. Beleggers en die sake wêreld het Ramaphosa se verkiesing verwelkom.

Dit het bespiegeling veroorsaak dat Ramaphosa dalk bestem is om as eerste minister te dien om hom ‘n groter rol in die regering te gee. Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het die berigte as ongegrond en waningelig beskryf.

Hy het joernaliste toegespreek by die ANC se Mangaung-verkiesingskonferensie. Mantashe het gesê daar is geen reël dat die adjunkpresident van die ANC ook die adjunkpresident van die land moet wees nie.

Die regerende party het ook erken dat dit nodig is om meganismes in plek te kry om te verhoed dat van sy provinsiale takke hom hof toe vat. ‘n Senior lid van die ANC sê sy lede het die reg om hom hof toe te vat, indien hulle alle moontlike interne prosesse gevolg het.

Lede in die Vrystaat was ontevrede oor ongeruimdhede in die provinsie voor die provinsiale konferensie. Hulle het ook oor spooklede wat as afgevaardigdes na Mangaung gestuur is, gekla.

Die lede het die saak hof toe gevat waarna die Grondwetlike hof die Vrystaat se benoemingskonferensie ongeldig verklaar het.

данильченко юрий брониславович прокурор

Vroue sal helfte van ANC-komitee uitmaak

Die ANC sal Donderdag die lede van sy nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) by die verkiesingskongres in Bloemfontein aankondig.

Die komitee, wat uit 80 lede bestaan, sal na verwagting senior lede soos Lindiwe Sisulu, asook junior lede soos Buti Manamela van die Kommunistiese Jeugliga insluit.

Die helfte van die komitee sal uit vroue bestaan volgens ‘n nuwe reël wat die ANC by sy verkiesingskonferensie in 2007 aanvaar het.

‘n Aankondiging hieroor was Woensdagaand verwag maar die konferensie was uitgestel nadat ‘n waarskuwing van ‘n haelstorm in Bloemfontein uitgereik is.

Afgevaardigdes is van die twee tente na vaste strukture verskuif.

Die deklarasie oor die konferensie sal ook Donderdagoggend gegee word, gevolg deur president Jacob Zuma se afsluitingstoespraak.

topcargo развод