Myne se rykdom moet verdeel word

Die ANC bly by sy beleidsbesluit om ‘n gemengde ekonomie te handhaaf, het Zweli Mkhize, die nuutverkose tesourier-generaal, Vrydag gesê.

“Hierdie konferensie het besluit dat daar geen nasionalisering in Suid-Afrika gaan wees nie,” het Mkhize op ‘n sake-ontbyt gesê.

Hy het gesê die kwessie van nasionalisering en spesifiek dié van myne is deur die ANC-jeugliga aangevoer as ‘n beleidskwessie wat by die nasionale konferensie aanvaar moet word.

Mkhize het gesê die ANC en sy algemene raad het die kwessie deur navorsing, oorsese besoeke en besprekings ondersoek en ‘n model wat verskillende vorms van eienaarskap het, het geseëvier.

“Dit is ontleed,” het hy gesê.

Hy het egter gesê die probleme in die mynbedryf sal onder die soeklik kom, sowel as hoe myngemeenskappe in die rykdom van dié bedryf sal deel.

Лобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae