Die Harmony-myn het ‘n wit skofbaas Donderdag ondergronds gedwing saam met oproerige swart stakers, ten spyte van sy waarskuwings en hom byna na sy dood gestuur.
‘n Wit skofbaas by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville moes noodgedwonge ondergronds wegkruip nadat die mynbestuur hom gedwing het om saam met 1 700 oproerige swart mynwerkers af te gaan, berig Beeld.
Die myn het Woensdag 585 mynwerkers, wat van Saterdag af aan ‘n onwettige staking deelgeneem het, afgedank. Tien mense is Donderdag beseer toe werkers en veiligheidspersoneel slaags geraak het.
Dries Oosthuizen sê hulle het toe reeds geweet daar gaan die volgende dag probleme ondergronds wees. Hulle vermoedens is Donderdag bevestig toe hulle vir die 05:00-skof aanmeld.
Oosthuizen en ‘n kollega het vir hul bestuurder gesê het hulle is bekommerd oor wat tydens die skof kan gebeur.
Die bestuurder het aan Oosthuizen gesê as hy nie afgaan nie, sal hy as “deel van die staking” beskou word. Die twee is dus gedwing om ondergronds te gaan.
Die sowat 1 700 ontevrede stakers het toe reeds die skagte volgepak. Hulle is teen 10:30 meegedeel dat hulle nie toegelaat sal word om die skagte te verlaat nie.
‘n Ruk later het die mynbestuur hulle ingelig dat die situasie “uiters gevaarlik” is. Hulle is aangesê om weg te kruip sodat die stakers hulle “glad nie raaksien nie”.
Toe hulle gistermiddag omstreeks 17:00 uit die myn kom, het hope handgemaakte wapens oral rondgelê.
‘n Woordvoerder van die myn, Me Basterfield, het gesê sy kan nie kommentaar lewer nie, maar “die mynbestuur het in die moeilike omstandighede hul bes gedoen om die situasie te hanteer”.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.