Staat moet eienaarskap van strategiese bedrywe vergroot

Die ANC se Mangaung verkiesingskonferensie in Bloemfontein het die Nasionale Ontwikkelingsplan as ‘n langtermyn ekonomiese strategie vir die land onderskryf.

Die konferensie het ook voorstelle onderskryf dat die staat se mynmaatskappy versterk moet word en ‘n staatsbank gestig word. Verwysings na nasionalisering is egter vervang deur ‘n oproep op die staat om sy eienaarskap van strategiese sektore te vermeerder om groei te bevorder.

Die kommissie-hoof Enoch Gondongwana sê die ANC streef daarna om makro-ekonomiese balans te behou.

Die ANC het media berigte ontken dat daar ‘n plan is om die party se nuwe adjunk-president Cyril Ramaphosa, die land se eerste minister te maak. Beleggers en die sake wêreld het Ramaphosa se verkiesing verwelkom.

Dit het bespiegeling veroorsaak dat Ramaphosa dalk bestem is om as eerste minister te dien om hom ‘n groter rol in die regering te gee. Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het die berigte as ongegrond en waningelig beskryf.

Hy het joernaliste toegespreek by die ANC se Mangaung-verkiesingskonferensie. Mantashe het gesê daar is geen reël dat die adjunkpresident van die ANC ook die adjunkpresident van die land moet wees nie.

Die regerende party het ook erken dat dit nodig is om meganismes in plek te kry om te verhoed dat van sy provinsiale takke hom hof toe vat. ‘n Senior lid van die ANC sê sy lede het die reg om hom hof toe te vat, indien hulle alle moontlike interne prosesse gevolg het.

Lede in die Vrystaat was ontevrede oor ongeruimdhede in die provinsie voor die provinsiale konferensie. Hulle het ook oor spooklede wat as afgevaardigdes na Mangaung gestuur is, gekla.

Die lede het die saak hof toe gevat waarna die Grondwetlike hof die Vrystaat se benoemingskonferensie ongeldig verklaar het.

данильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae