Vroue sal helfte van ANC-komitee uitmaak

Die ANC sal Donderdag die lede van sy nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) by die verkiesingskongres in Bloemfontein aankondig.

Die komitee, wat uit 80 lede bestaan, sal na verwagting senior lede soos Lindiwe Sisulu, asook junior lede soos Buti Manamela van die Kommunistiese Jeugliga insluit.

Die helfte van die komitee sal uit vroue bestaan volgens ‘n nuwe reël wat die ANC by sy verkiesingskonferensie in 2007 aanvaar het.

‘n Aankondiging hieroor was Woensdagaand verwag maar die konferensie was uitgestel nadat ‘n waarskuwing van ‘n haelstorm in Bloemfontein uitgereik is.

Afgevaardigdes is van die twee tente na vaste strukture verskuif.

Die deklarasie oor die konferensie sal ook Donderdagoggend gegee word, gevolg deur president Jacob Zuma se afsluitingstoespraak.

topcargo развод

Maak 'n opvolg-bydrae